The latest News: BESTE tyd van die jaar - HARTEBEESTLOOP VEILINGSTYD! | Date: April 2023 |
Die beste tyd van die jaar het aangebreek en nátuurlik praat ons van die HARTEBEESTLOOP VEILINGSTYD. Die bulle is vuurwarm!
Daar is soooò baie wat ons jou kan vertel oor die veilingsbulle. Ons het baie moeite gedoen om alle moontlike inligting van die veilingsdiere in maklike leesbare en verstaanbare formaat te plaas. Onderstaande is skakels wat jy kan druk om meer van die diere te lees asook ekstra inligting oor die veiling self.
Ons skop af met die jaarlikse VEILINGS NUUSBRIEF. Joggie gee ‘n kort oorsig van wat belangrik is rakende die 2023 veilings. Hierdie is ‘n moet lees!
Alles oor die bulle is weer saam gebring op een plek, in die palm van jou hand! Laai gerus ons
Hartebeestloop Interaktiewe Katalogus 2023 (14MB) volledige BULLE OORSIG DOKUMENT af. Hierdie is ‘n lekker interaktiewe PDF dokument MET ALLES OP! Druk gerus op die bul fotos wat jou sal neem na die Hartebeestloop webblad.
TEELWAARDES 2023 - PDF (950 KB). Ons almal ken die een – net die Teelwaardes in PDF formaat.
BUL KATEGORIEË 2023. Ons maak dit maklik vir almal om die BESTE bul te identifiseer vir jou kudde en behoeftes. Die bulle is verdeel in kalfgemak, maternaal, poena, koeie en groeiers. Hierdie dokument is OOK interaktief – elke bulfoto is ‘n skakel na sy beskrywing (op die webtuiste).
Die veiling is weer AANLYN sodat niemand uit mis op die geleentheid! Moet nie vergeet om te registreer vir die veiling op Agra Marketplace. As jy enigsins meer inligting benodig of vir die eerste keer registreer, besoek gerus ons AANLYN VEILING afdeling deur op hierdie skakel te kliek: AANLYN VEILING/ONLINE AUCTION.
Ons sien werklik uit om jou te verwelkom op 12 Mei, 11H00. Die bulle is reg en ons beveel hulle met die grootste vrymoedigheid aan!
Die Hartebeestloop Span staan gereed as jy advies nodig het. Kontak ons gerus per WhatsApp by +264 (0) 81 676 8843 of stuur ‘n e-pos na Joggie Briedenhann (jbried@joggie.com.na) of Elizmé (hart2@joggie.com.na).
Comments:{ 0 comments… read them below or add one }
 |
News Article selected in the Archive of 2022: ALL & MORE about the Hartebeestloop Auction 2022 | Date: May 2022 |
Apologies - this is only available in Afrikaans!
Ons nooi jou hartlik uit na die Hartebeestloop Bonsmara veiling op Vrydag 13 Mei 2022 om 11h00, op die plaas Hartebeestloop.
Ons het baie moeite gedoen om alle moontlike inligting van die veilingsdiere in maklike leesbare en verstaanbare formaat te verwerk.
Onderstaande is skakels wat jy kan druk om meer van die diere te leer asook ekstra inligting oor die veiling self.
- VEILINGS NUUSBRIEF
Joggie gee soos elke jaar, kort en kragtig alles wat belangrik is rakende die veiling. Dis ‘n moet lees!
-
Volledige VEILINGS OORSIG DOKUMENT
Hierdie is ‘n interaktiewe PDF dokument (8 MB) MET ALLES OP! Jip ALLES!
Foto’s, video skakels, teelwaardes & voorsate - elke bul op sy eie klein bladsy.
Ons het hierdie ook verlede jaar aangebied en dit het baie goeie byval gevind!
Baie inligting is interaktief – druk gerus hier daar en orals en kyk wat gebeur! 😃😃 Spoiler alert – elke LOT nommer op bl 1 is ook interaktief!
- TEELWAARDES 2022 - PDF (137 KB)
Ons almal ken die een – net die Teelwaardes in PDF formaat.
-
BUL KATEGORIEË 2022 (2.3MB)
Ons maak dit maklik vir almal en verdeel alle bulle in kalfgemak, maternaal, poena en groeiers.
Druk die een skakel en kry alle bulle in die 4 verskillende kategorieë gegroepeer in een PDF dokument!
Die dokument is OOK interaktief – elke bulfoto is ‘n skakel na sy beskrywing (op ons webtuiste).
Hoop julle geniet hierdie nuwe byvoeging! 😃
Ons sien werklik uit om jou op die Hartebeestloop Veiling 2022 te verwelkom op 13 Mei, 11H00.
Die bulle is goed en ons beveel hulle met die grootste vrymoedigheid aan!
Indien jy advies nodig het, is Joggie net ‘n oproep of epos weg (+264 812316169 Joggie Briedenhann (jbried@joggie.com.na)). Skakel hom gerus – hy gesels graag met jou!
Comments:{ 0 comments… read them below or add one }
| |  | spring is here … & SO IS THE G8 AUCTION! |  |
 | THE BIG, MIGHTY G8 AUCTION! |  |
 | BULL VIDEOS - check them out! |  |
 | GOBABIS - almost that time again!! |  |
 | and JUST LIKE THAT ... |  |
 | ALL & MORE about the Hartebeestloop Auction 2022 |  |
 | 15 YEARS (+) & NOW ONLY.3.DAYS.TO.GO! |  |
 | SURF OUR AUCTION BULLS! |  |
 | RIGHT GENETICS FOR HIGHER PROFITS! |  |
 | POLLED POWER! |  |
 | WE SERVE YOU “RIGHT” |  |
 | BEGIN WITH THE END IN MIND |  |
 | BEAUTIFUL KALAHARI |  |
 | What a bull CAN be, a bull MUST be! |  |
 | BUY YOUR AGRI EXPO TICKETS NOW! |  |
 | LEAVE FEELING HAPPIER |  |
 | IT'S A DATE! |  |
 | SAVE THE DATE ! |  |
| | | | | | | | | | | | |