You are here: 15 YEARS (+) & NOW ONLY.3.DAYS.TO.GO!
NEWS AND EVENTS
The latest News: BESTE tyd van die jaar - HARTEBEESTLOOP VEILINGSTYD!
Date: April 2023
Die beste tyd van die jaar het aangebreek en nátuurlik praat ons van die HARTEBEESTLOOP VEILINGSTYD. Die bulle is vuurwarm!
Daar is soooò baie wat ons jou kan vertel oor die veilingsbulle. Ons het baie moeite gedoen om alle moontlike inligting van die veilingsdiere in maklike leesbare en verstaanbare formaat te plaas. Onderstaande is skakels wat jy kan druk om meer van die diere te lees asook ekstra inligting oor die veiling self.
Ons skop af met die jaarlikse VEILINGS NUUSBRIEF. Joggie gee ‘n kort oorsig van wat belangrik is rakende die 2023 veilings. Hierdie is ‘n moet lees!
TEELWAARDES 2023 - PDF (950 KB). Ons almal ken die een – net die Teelwaardes in PDF formaat.
BUL KATEGORIEË 2023. Ons maak dit maklik vir almal om die BESTE bul te identifiseer vir jou kudde en behoeftes. Die bulle is verdeel in kalfgemak, maternaal, poena, koeie en groeiers. Hierdie dokument is OOK interaktief – elke bulfoto is ‘n skakel na sy beskrywing (op die webtuiste).
Die veiling is weer AANLYN sodat niemand uit mis op die geleentheid! Moet nie vergeet om te registreer vir die veiling op Agra Marketplace. As jy enigsins meer inligting benodig of vir die eerste keer registreer, besoek gerus ons AANLYN VEILING afdeling deur op hierdie skakel te kliek: AANLYN VEILING/ONLINE AUCTION.
Ons sien werklik uit om jou te verwelkom op 12 Mei, 11H00. Die bulle is reg en ons beveel hulle met die grootste vrymoedigheid aan!
News Article selected in the Archive of 2022: 15 YEARS (+) & NOW ONLY.3.DAYS.TO.GO!
Date: May 2022
Yes! Only 3 days to go!...
Listen to some words on our farm, grazing, breeding objectives and obviously the bulls on auction, that is a culmination of 15+ years of dedication and hard work.
We are announcing that this is our 15th Bonsmara Production Auction and we cannot be any prouder!
Polled or horned, these bulls are the TOP of their generation and a worthy selection for the auction.
ALL BULL DESCRIPTIONS
can be read on our website. Hope to see you or “meet online” at our Auction on 13 May!