Last year was indeed challenging – we ALL know that!
Nonetheless, it also had some highlights and we are reliving some of it in this short video.
“To observe attentively is to remember distinctly“ (Edgar Allen Poe).
We trust that this year’s auction animals will even be better than last year - but YOU be the observer and the judge!
We will start showcasing the 2021 Auction Bulls very shortly.
News Article selected in the Archive of 2020: BIELIE van 'n BOEREDAG!
Date: March 2020
6 April 2020: BOEREDAG GEKANSELEER AGV COVID 19 PANDEMIE
Ons beplan wel om iets soortgelyks aan te bied later wanneer ons meer seker is van die Covid 19 beperkings toestande. Tot dan, gaan veilig!
AGRA/HARTEBEESTLOOP BOEREDAG: Donderdag 14 Mei 2020
Soos ons boeremense maar is – begin ek heel eerste te praat oor die reën en die seisoen tot dusver!
Namibiese boere ken die reënpatrone van kol–kol en streep–streep. In boeretaal is die 2 woorde amper gelyk aan vloekwoorde! Dit beteken sommige kry en ander nie! Boere gee om vir mekaar en dit is nou weer duidelik bewys met die saamstaan tydens die droogte. Ons is baie bly vir die boere wat goeie reën gehad het, vir die wat soveel reën gehad het dat hulle darem koppe kan optel, en ons is op die knieë saam met diegene wat nog steeds knersende droogte ervaar. Daar is nog ‘n paar weke oor van die huidige reënseisoen en die hoop en gebede is dat Ons Liewe Vader se Liefde en Genade oor almal sal skyn.
Op Hartebeestloop gaan dit baie swaar, en tans kyk ons na die 8ste jaar van ver ondergemiddelde reënval. Soos baie medeboere, het ons die land deurkruis op soek na huurveld. Dit is tydens hierdie besoeke wat ons die geweldige impak van die droogte op Namibië gesien het:
‘n Ongelooflike groot persentasie van polgrasse is vrek
Weiding bestaan uit 90% eenjarige grasse en onkruid
Met die eerste ryp verswak die kwaliteit van diè tipe weiding, betekenisvol en is die winterlek uitgawes baie hoog
Daar is eenjarige veld maar nie spaargeld nie
Geen boer was voorbereid vir die absolute felheid, intensiteit, omvang oor die hele land en langdurigheid van die droogte nie
Gedurende 2019, het ons vroeg die onsekerheid en gebrek aan “boskos” kennis by die boeregemeenskap opgemerk en sekerlik een van die mees suksesvolle Boeredae nog in Namibië, aangebied. Die BOSKOS BOEREDAG se sukses word gemeet aan hoe suksesvol die boere met die droogte gedeel het.
"IT WASN’T RAINING WHEN NOAH BUILT THE ARK"
2020 Is vol uitdagings. Maar ons moet GEREED wees hiervoor!
Die boerderygemeenskap is onseker hoe om hierdie uitdagings te prioritiseer en aan te pak. Ons het die volgende uitdagings identifiseer wat aandag benodig en wat ons sal aanspreek in ons “ARK-BOU BOEREDAG 2020:
Herstel en bewaring van weiding
Opbou van kudde met die klem op kwaliteit
Finansiële herstel en beplanning
Emosionele en sielkundige versterking
Ondersteuningsraamwerke en hoe dit funksioneer
Vir ons “ARK-BOU BOEREDAG 2020”, het ons werklik hard probeer om kundiges te nooi wat bekend is met droogtes en deel was van oplossings in die verlede. Hulle gaan hulle kennis deel om boere beter toe te rus vir toekomstige swaar tye.
Die skep van ‘n voerbank is al vir dekades op die Namibiese boer se agenda maar ’n gebrek aan kundigheid oor ‘n KWALITEIT VOERBANK is deel van die stadige vordering. ‘n Voerbank begin en end mos nie by grasbale onder ‘n seil nie!!!
Jy gaan verseker iets nuuts leer op die Boeredag – iets wat ons hoop ‘n betekenisvolle bydrae sal lewer tot jou sukses in boerdery.
Die Hartebeestloop-span nooi jou hartlik uit na die Boeredag op Donderdag 14 Mei 2020.