Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
BESTE tyd van die jaar - HARTEBEESTLOOP VEILINGSTYD!
Date:
April 2023


Die beste tyd van die jaar het aangebreek en nátuurlik praat ons van die HARTEBEESTLOOP VEILINGSTYD. Die bulle is vuurwarm!

Daar is soooò baie wat ons jou kan vertel oor die veilingsbulle. Ons het baie moeite gedoen om alle moontlike inligting van die veilingsdiere in maklike leesbare en verstaanbare formaat te plaas. Onderstaande is skakels wat jy kan druk om meer van die diere te lees asook ekstra inligting oor die veiling self.

Ons skop af met die jaarlikse VEILINGS NUUSBRIEF. Joggie gee ‘n kort oorsig van wat belangrik is rakende die 2023 veilings. Hierdie is ‘n moet lees!

Alles oor die bulle is weer saam gebring op een plek, in die palm van jou hand! Laai gerus ons Hartebeestloop Interaktiewe Katalogus 2023 (14MB) volledige BULLE OORSIG DOKUMENT af. Hierdie is ‘n lekker interaktiewe PDF dokument MET ALLES OP! Druk gerus op die bul fotos wat jou sal neem na die Hartebeestloop webblad.

TEELWAARDES 2023 - PDF (950 KB). Ons almal ken die een – net die Teelwaardes in PDF formaat.

BUL KATEGORIEË 2023. Ons maak dit maklik vir almal om die BESTE bul te identifiseer vir jou kudde en behoeftes. Die bulle is verdeel in kalfgemak, maternaal, poena, koeie en groeiers. Hierdie dokument is OOK interaktief – elke bulfoto is ‘n skakel na sy beskrywing (op die webtuiste).

Die veiling is weer AANLYN sodat niemand uit mis op die geleentheid! Moet nie vergeet om te registreer vir die veiling op Agra Marketplace. As jy enigsins meer inligting benodig of vir die eerste keer registreer, besoek gerus ons AANLYN VEILING afdeling deur op hierdie skakel te kliek: AANLYN VEILING/ONLINE AUCTION.

Ons sien werklik uit om jou te verwelkom op 12 Mei, 11H00. Die bulle is reg en ons beveel hulle met die grootste vrymoedigheid aan!

Die Hartebeestloop Span staan gereed as jy advies nodig het. Kontak ons gerus per WhatsApp by +264 (0) 81 676 8843 of stuur ‘n e-pos na Joggie Briedenhann (jbried@joggie.com.na) of Elizmé (hart2@joggie.com.na).

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2023
Archive 2022
Archive 2021
Archive 2020
Archive 2019
Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap