Hartebeestloop

Articles

In this section of the website we feature ALL the articles written by HARTEBEESTLOOP BONSMARAS, mainly from our Bonsmara stud breeding program. In most of the articles we refer to what works for us at Hartebeestloop and how we do things in our Bonsmara stud. We also have articles done by other authors. If we can learn from you, we certainly will publish your work! This is a very comprehensive part of this website and we hope you enjoy reading and learning here!

CONTACT US: JOGGIE BRIEDENHANN +264 81 231 6169 (jbried@joggie.com.na)

Publication selected in the Archive of 2014:
Skrotums, korreksie faktore en seleksie
Date:
April 2014


Pieter Visagie (Pri. Sci. Nat.)
Stoetvee Bestuurder, Hartebeestloop Bonsmaras

This Publication is unfortunately only available in Afrikaans for now.

Probleemstelling:

By Hartebeestloop glo ons in lang, ≤ 270 dae, ekstensiewe groeitoetse waar byvoeding tot ‘n minimum beperk word. So voel ons word die bulle se prestasie op die veld die beste ge-ëvalueer. Ons bulle is met ander woorde heelwat ouer en swaarder as die norm van die ras wanneer ons groeitoetse afsluit. In die verlede het ons goeie bulle verloor op minimum ras standaard vir skrotumomtrek. Ons het ook gehoor van telers wat kla dat daar teen jong bulletjies gediskrimineer word indien hulle te jonk in intensiewe groeitoetse geplaas word. Sulke verliese is ongewens en ons het die situasie verder ondersoek.

Agtergrond rondom skrotum metings in prestasie toetsing:

Skrotumomtrek is ‘n belangrike aanduiding van die bul se semen kwaliteit en kwantiteit. ‘n Skrotum moet nie te groot of te klein wees nie. Navorsing dui dat ‘n volwasse bul se skrotum tussen 38- en 44cm moet wees vir optimum vrugbaarheid. Skrotum ontwikkeling is verder ‘n baie goeie aanduiding van wanneer ‘n bul puberteit bereik en vir die identifikasie van vroegryp (geslagsryp) diere. Weens bogenoemde redes het teler genootskappe minimum ras standaarde vir skrotumomtrek. Dit is egter nodig om al die bulle in ‘n groeitoets regverdig met mekaar te vergelyk en hiervoor word ‘n skrotum korreksie faktor gebruik.

Skrotumomtrek en die Korreksiefaktor:

Onthou dat alhoewel al die bulle in ‘n groeitoets in dieselfde kontemporêre groep is, is daar steeds verskille in die ouderdom en gewig van die diere. Fenotipiese metings kan dus nie direk met mekaar vergelyk word nie. Die skrotummetings moet gestandaardiseer word sodat die bulle in die afwesigheid van teelwaardes, regverdig met mekaar vergelyk kan word.

Gewig word tans deur die Bonsmara genootskap gebruik om die metings te standaardiseer. Die gemete skrotumomtrek aan die einde van die toets word teruggewerk na 425 kg.

Die Bonsmara minimum ras standaard vereis ‘n gekorrigeerde minimum skrotumomtrek 30.5 cm op 425 kg. ‘n Korreksiefaktor word gebruik om hierdie korreksie, of dan standardisering te doen. Die faktor is ‘n regressie vergelyking wat die toename in skrotumomtrek in verhouding met massa toename in verband bring. Dit werk in beginsel dieselfde as gekorrigeerde 205 dae, 12 maande of 18 maande gewig.

Wat doen ons by Hartebeestloop?

Ons ondervinding is dat die korreksiefaktor nie reg werk by swaarder bulle nie.

Daar word bulle van goeie genetiese meriete verloor as gevolg ‘n korreksie faktor wat nie akkuraat genoeg is nie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is ‘n bul wat by die afsluiting van sy groeitoets 679 kg geweeg het, met ‘n gemete skrotumomtrek van 35 cm. Wanneer die skrotumomtrek dan terug gekorrigeer word na 425 kg, meet die skrotum 28.9 cm en ons verloor ‘n goeie bul.

By Hartebeestloop het ons besluit om die spreekwoordelike bul by die horings te pak en self iets aan die situasie te doen.

Ons doen tans die volgende:

  1. Skrotum korreksie faktor projek saam met SA Stamboek. Ons is tans besig om die skrotums van 10 groepe bulle vanaf speen tot volwassendheid elke 2 weke te meet. Die inligting gaan ons gebruik om die huidige skrotum korreksie faktor te verbeter.
  2. Omdat skrotums na 425 kg gekorrigeer word, maak dit tog net sin dat die korreksie faktor akkurater gaan werk hoe nader die bul aan 425 kg weeg met die afsluiting van die groeitoets. Ons begin groeitoetse nou op ‘n jonger ouderdom sodat die bulle ligter weeg by afsluiting van die toets. Dit wil voorkom of die bulle nie onnodig gepenaliseer word indien hulle ligter as 550 kg is by die afsluiting van die toets nie.
  3. Ons stel dan ook voor aan telers wat bekommerd is dat daar teen “te jong bulletjies” in intensiewe toetse gediskrimineer word, om hul diere eers in ‘n intensiewe toets te plaas wanneer hulle swaarder (en ouer) is. Indien te jong kalwers in die toets gesit word, gebeur dit soms dat die kalf nog nie pubertyd bereik het met die afsluiting van die toets nie. So ‘n jong dier se skrotum het uiteraard nog nie begin ontwikkel nie. Omdat die korreksie faktor na 425 kg standaardiseer word, is dit ook wenslik dat die kalf se begin gewig van so aard moet wees dat hy naby aan 425 kg (wat net mooi reg vir slag is indien die kalf nie goedgekeur word nie) weeg by die einde van die toets. Jong bulle groei in die orde van 120 -150 kg in ‘n groeitoets, so hulle moet dan liefs 250 kg en meer weeg met die oopmaak van die toets.

Beïnvloed bogenoemde korreksie faktor my kudde se teelwaardes?

Telers maak soms die verkeerde aanname dat die “verkeerde skrotum korreksie faktor” ‘n negatiewe invloed op sy kudde se teelwaardes vir skrotumomtrek sal hê. Dit is verkeerd.

Die “mixed animal model” wat deur SA Stamboek gebruik word om teelwaardes uit te werk gebruik glad nie gekorrigeerde data nie. Die model werk net met rou data binne in die kontemporêre groep. Die korreksie faktor word slegs gebruik vir die minimum ras standaard en word nie gebruik om die teelwaarde uit te werk nie. Die korreksie faktor kan dus nie ‘n invloed op die diere se teelwaardes hê nie.

My persoonlike ondervinding is dat die skrotumomtrek teelwaarde goed werk in kuddes waar die kontemporêre groep bestuur reg is. Ek het die skrotums van die ongeveer 80 bemarkbare bulle wat tans op Hartebeestloop is visueel met hul teelwaarde vergelyk en dit was slegs in enkele gevalle wat ek nie die teelwaarde kon “sien” nie.

Nou hoe gemaak dan nou?

Sommige boere vertrou en verstaan nie teelwaardes nie en gebruik dan eerder die bul se gekorrigeerde skrotumomtrek of skrotumomtrek van volwasse bulle vir seleksie doeleindes. Moser et al., (1996) het bevind dat genetiese vordering vir dogter puberteit en skrotumomtrek aansienlik vinniger plaasvind wanneer teelwaardes vir skrotumomtrek eerder as fenotipiese mates gebruik word in seleksie besluite. Die probleem van seleksie op fenotipiese waardes (self gemete waardes) is welbekend en word daarom al vir dekades nie meer gebruik in die melkbees, vark en hoender industrie nie.

Die probleem van die fisiese meet van ‘n veiling of volwasse bul se skrotum is tweeledig. Eerstens: Skrotumomtrek is hoogs gekorreleerd met liggaamsmassa. Dus, hoe swaarder (lees hoe vetter) die bul, hoe groter die skrotumomtrek. So bul word ook nie in ‘n kontemporêre groep gemeet nie, en daar is nie ‘n verwysing waarteen die bul gevalueër kan word nie. Tweedens: Skrotumomtrek is net ‘n aanduiding van semen kwaliteit en kwantiteit. Dit word in elk geval deur die veearts getoets. Wat baie meer van belang is, is skrotumomtrek rondom puberteit.

Ons wil daardie bulle selekteer wat vroeg geslagsryp is.

Seleksie en ras standaarde, moet veel eerder gedoen word op die genetiese meriete (teelwaarde) van die dier. Solank as wat fenotipiese metings en prestasie gebruik word vir bogenoemde gaan genetiese vordering stadig wees en telers ongelukkig bly oor hulle diere teel met klein skrotums. ‘n Groot struikelblok bly steeds telers wat nie hul kontemporêre groepe reg opstel en bestuur nie. Dit veroorsaak onakkurate teelwaardes en maak dat die manne hul geloof in die wetenskap verloor.

Huis-Toe-Neem boodskap:

  1. Dit wil voorkom of die skrotum korreksie faktor se akkuraatheid afneem indien ‘n bul aansienlik (≥ 125 kg) swaarder of ligter as 425 kg is by die afsluiting van die groei-toets. Dus, bestuur jou groeitoetse om dit in ag te neem en jy sal baie minder probleme ondervind.
  2. Korreksie faktore kan uit die aard van die BLUP model geen invloed op teelwaardes hê nie.
  3. Stel jou kudde se kontemporêre groepe korrek op. Indien dit nie reg is nie gaan die waarde van jou kudde se teelwaardes minder werd word.
  4. Maak gebruik van teelwaardes vir seleksie indien jy vordering wil maak vir ‘n eienskap in die kudde.

Bibliografie

Moser D. W., Bertrand J.K., Benyshek, L., McCann M.A. and Kiser T.E.
Effects of Selection for Scrotal Circumference in Limousin Bulls on Reproductive and Growth Traits of Progeny.
J. Anim. Sci. 1996. 74:2052–2057

Comments:

{ 2 comments… read them below or add one }
from - April 25, 2014, 7:36 am
Hi Pieter baie insiggewende opmerkings mbt skrotumomvang van bulle . Ek is van mening dat skrotum volume n groter rol behoort te speel ipv skrotumomvang . Hoe dit gemeet kan word verg oneindige probleme en standarisering glo ek is n probleem . Ek ook van mening dat standarisering mbt omvangmeting nie altyd reg is nie . Al "meters" gesien wat nie eens aan die sak vat en uittrek voordat meetstok oorgeplaas word nie !! Skrotumomvang en dus teelwaardes word in mm uitgedruk . Die verskil tussen n"toelaatbare" (305mm) en geslaagde skrotum (sê maar 325mm) is 20 mm . Hou jou vingers 20 mm uitmekaar en sien dan hoe groot die ruimte vir onakkuraatheid mbt metings en slagtings uiteindelik is !!! Wessel Pistorius
Reply
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login below
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?

Notice: Undefined variable: db in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 541

Warning: mysqli_query() expects parameter 1 to be mysqli, null given in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 541

Warning: mysqli_fetch_array() expects parameter 1 to be mysqli_result, null given in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 542

Warning: mysqli_free_result() expects parameter 1 to be mysqli_result, null given in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 609
Pieter Visagie from Namibia - April 25, 2014, 8:23 am
More Oom Wessel, Lekker om van Oom te hoor. Ek stem 100% saam met Oom. Dit is redelik welbekend dat Sanga bulle lang, maer silindriese testis het terwyl Taurus bulle se testis meer blokkig is. Ons diskrimineer in ons ras standaard teen Sanga tipe diere. Ons moet onthou wat die doel van die ras standaard is, dit is om onvrugbare diere uit ons genepoel te verwyder. Met betrekking tot die meet van testis omvang is die probleem eintlik orals met alle fenotipiese metings. Hoeveel telers weeg rêrig hulle diere droë pens? Daardie kalf met die pens vol water word mos onregverdig bevoordeel! Die langtermyn oplossing tot hierdie probleme is maar die gebruik van genomiese teelwaardes, waar ons inligting van die dier se DNS kombineer met fenotipiese metings. Met GEBV’s sal ons waarskynlik semen kwaliteit, soos getoets deur die veearts, ook deel van die model kan maak. So gaan ons die minste foute maak. GEBV’s gaan oor die medium en langtermyn die diereproduksie landskap oor alle spesies totaal en al verander. Ons by Bonsmara moet nie met ons broek op ons knie gevang word nie! Groetnis P.V.
Reply
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login below
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?

Notice: Undefined variable: db in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 541

Warning: mysqli_query() expects parameter 1 to be mysqli, null given in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 541

Warning: mysqli_fetch_array() expects parameter 1 to be mysqli_result, null given in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 542

Warning: mysqli_free_result() expects parameter 1 to be mysqli_result, null given in /home/hartebeest/public_html/pub_full.php on line 609
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2023
Archive 2022
Archive 2021
Archive 2020
Archive 2019
Archive 2018
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Archive 2010
Archive 2009
Archive 2008
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap