Bonsmara Publications - Die Bonsmara as moederlyn en vleisbees
   Hartebeestloop

Articles

In this section of the website we feature ALL the articles written by HARTEBEESTLOOP BONSMARAS, mainly from our Bonsmara stud breeding program. In most of the articles we refer to what works for us at Hartebeestloop and how we do things in our Bonsmara stud. We also have articles done by other authors. If we can learn from you, we certainly will publish your work! This is a very comprehensive part of this website and we hope you enjoy reading and learning here!

CONTACT US: JOGGIE BRIEDENHANN +264 81 231 6169 (jbried@joggie.com.na)

Publication selected in the Archive of 2013:
Die Bonsmara as moederlyn en vleisbees
Date:
April 2013

(Joggie Briedenhann vir Bonsmara Beestelers Genootskap van Namibië)

This article is only available in Afrikaans.

Goeie karkasopbrengs is belangrik

Die Bonsmara Beestelers Genootskap besef die belang van goeie vleiseienskappe en die waarde daarvan vir die boer. Dit is veral goeie karkasopbrengs wat vir die boer belangrik is. Dit is so dat Namibiese boere vergoed word vir gewig in die vorm van 'n karkas.

basiese beginsels

Met bogenoemde in ag geneem, kom ons kyk na sommige basiese beginsels wat met beesvleisproduksie te doen het

  1. Alle beeste is saamgestel uit 3 basiese weefseltipes naamlik been, spier en vet. Beenweefsel bereik eerste volwassenheid, daarna spierweefsel en vet word laaste aangepak. Soos beeste volwassenheid bereik, groei hul minder spiere en verhoog die tempo van vetneerslegging. Die term vroeg slagrypheid verwys na diere wat vinnig volwassenheid bereik en vinnig vet aanpak.
  2. Alle beeste het dieselfde hoeveelheid beendere in hulle liggame. Hierdie beendere is in dieselfde verwantskap tot mekaar geplaas. Dit beteken byvoorbeeld dat die sitbeen, heupbeen en draaibeen in alle beeste van alle rasse in dieselfde verwantskap geplaas is. Alle beendere is amper identies in vorm en op ‘n persentasie basis verteenwoordig amper dieselfde proporsie op alle karkasse. Die 2 weefseltipes wat baie verskil van karkas tot karkas is spier en vet.
  3. Alle beeste het dieselfde hoeveelheid spiere. Dit is geneties so neergelê. Hierdie spiere heg aan die skelet op presies dieselfde plekke vir alle beeste. Die grootte en voorkoms van die spiere verskil egter tussen diere. Voorkoms in hierdie sin verwys na die vorm van die spier.
  4. Die korrelasie tussen die gewig van 'n enkelspier tot die totale spier in die karkas is baie hoog (0.95 tot 0.98). Dit is 'n beginsel wat baie goed gebruik word met "RealTime Ultrasound" skandering wanneer oogspieroppervlakte gemeet word. Wanneer jy selekteer vir verhoogde spier in een area byvoorbeeld vir oogspier, sal jy ook meer bespiering in ander areas kry met ongeveer dieselfde hoeveelheid. Groei in spier is nie beperk tot een spier nie maar betrek alle spiere in die liggaam van die dier.
  5. Spiere beweeg wanneer beeste stap. Vet is leweloos, dit hang en dril terwyl spiere beweeg en uitbult. Goed ontwikkelde spiere is rond in voorkoms en daarom sal gespierde diere rond in vorm vertoon en nie plat wees nie. Let veral op na die sigbare punte van spiere - in goed bespierde diere sal dit rond vertoon.
  6. Dit kos baie meer geld om 1 kg vet aan te sit as 1 kg spier. Die meerderheid navorsing dui aan dat dit omtrent 6 tot 7 keer duurder is om vet aan te sit as spier. In Namibië is daar by sekere abbatoirs nie 'n prysverskil in vetgradering nie. Uit die aard van die saak, is vetneerlegging dan ook nie 'n seleksiebesluit by die boere wat daarheen bemark nie. Vir die stoettelers wat bulle produseer raak die vroeë neerlegging van vet dan ook nie 'n belangrike teeldoelwit nie want sy kliënt, die kommersiële boer, word nie ekstra daarvoor vergoed nie. Bonsmara telers is oor die algemeen nie oortuig dat dit in die beste langtermyn belang is van die vleisbees-industrie om geen onderskeid in prys te maak in graad van vetneerlegging nie. Stoetteling is soos 'n groot olie tenkskip - dit draai baie stadig en vat lank om eienskappe vas te teel. Dit is die beste om eienskappe vas te teel en die voordeel oor te gee aan die kommersiële boer, eer dit van die kommersiële boer verwag word om die eienskappe in te voer. Dit is duur en nie volhoubaar nie.

Dit is ook belangrik vir ons om te weet in watter volgorde vet neergelê word. Diere sit eers binnevet (rondom niere, skrotum en kanaal vet) aan. Daarna onderhuidse vet en heel laaste word die intermuskulêre (binnespierse) vet neergelê. Binnevet is dit wat die dier aansit om as reserwe te stoor en vir enegie gebruik. Indien 'n dier kondisie verloor, sal die onderhuidse vet eers verbrand word voordat die binnevet as energie gebruik word.

Soos ons almal weet, speel marmering 'n belangrike rol in die smaak en sagtheid van vleis!

Gebruik van die skelet as ‘n verwysingspunt


1. Selekteer vir bespiering

Spiere is geheg aan die skelet by dieselfde punte en in dieselfde verhouding tot mekaar in alle beeste. Dit maak van die skelet ‘n uitstekende verwysingspunt om spierontwikkeling te evalueer. Alhoewel die grootte en voorkoms van spiere mag verskil tussen diere, hoef jy net na die skeletale areas te kyk waar net spiere alleenlik aanheg om die verskil in bespiering tussen diere te beoordeel. Die voorarm, skilpadspier en oogspier is goeie anatomiese sketelale verwysingspunte om bespiering te beoordeel.

Diere wat minder bespiering het, se voorarm is nouer, meer regop en plat. Daar is minder spierweefsel en gepaardgaande ronding in die skouers en beide die binne en buite dye vertoon plat met geen ronding.

Die lende is kaler, platter en neig om konkaaf te wees van onder na bo. Dit alles wys na die afwesigheid van spier rondings soos in 'n goed bespierde dier verwag word.

Die minder goed bespierde diere se skouers is plat en hulle staan nou op die bene. Die borsvloer is nou, as van voor af besigtig word.

Die agterkwart van 'n goed bespierde dier is wyer in die onderste gedeelte as die boonste gedeelte. Die wydste gedeelte behoort die buite dye te wees as die dier van agter gekyk word.

Die goed bespierde dier wys 'n geronde oogspier wat regdeur strek van agter na voor en in die skofgedeelte inplant.

2. Be-oordeling van vet

Weereens kan die skelet as verwysingspunt gebruik word. Daar is sekere areas waar dit net die vel is wat oor die skelet getrek is en geen spier kom daar voor nie. Enige iets wat daar aanpak, kan net vet wees. Dit is die areas wat ons gebruik om vetneerlegging te evalueer.

Boere weet dat as hulle oor die ribbes (kort ribbe en lang ribbe) en al langs die rugwerwels voel, kan hulle vetneerlegging evalueer aangesien daar geen spierweefsels in hierdie areas is nie. Enige weefsel in hierde areas is of net vel of vel en vet.

Visueel is dit belangrik om te konsentreer op die areas waar vet eerste neergelê word. Vet word heel eerste neergelê in areas waar nie veel spierbeweging plaasvind nie - soos die borsstuk, lies en binne dye areas ("twist area"). Kyk gerus ook na die vetneerlegging by die sitbene.

Dit is belangrik om onderskeid te tref in die binne dy areas, tussen vet wat hang en dril, en spieraanhegting wat laag af is op die hakke. Hierdie areas kan gebruik word vir visuele evaluasie oor hoeveel vet die bees dra. Die beeste sal ‘n vetlaag neerlê oor die groter deel van die res van die lyf sodra hierdie areas opgevul is met vet.

Die sirkel wys die
Die sirkel wys die "twist"-area aan by vleisbeeste

Morsvleis

Kom ons gesels oor die begrip "morsvleis" en wat dit vir die boer beteken.

Trek ‘n horisontale lyn vanaf die kniegewrig na die boonste deel van die elmboog. Hierdie lyn kan gebruik word om "morsvleis" of vet te evalueer wat deur die bees gedra word. Daar is geen spierweefsel in die borsstuk of liesarea onder hierdie lyn nie. So - enige weefsel wat hier voorkom is of los vel of vet. Moenie vetaanpakking in hierdie area verwar met goeie rumenkapasiteit nie. Die rumenwand bestaan uit dun lae van bindweefsel en spier en heg aan die skelet vas bokant die kniegewrig. Wees ook versigtig om nie diere met hangpense ("bellydraggers") te verwar met diere met goeie rumenkapasiteit nie.

Ons het nou baie gepraat en verwys na vetaanpakking. Die boer moet besef dat hierdie vetaanpakking kom teen 'n prys en die slagter weet dat dit kos ekstra geld om die oormatige vet af te sny en te verpak.

Wat is die heel belangrikste om te onthou in vleisbeesproduksie?

Boerdery gaan egter oor meer as net die maksimum produksie van vleis. Indien dit nie so was nie, sou ons almal met Belgian Blues geboer het. Namibië is 'n land waar daar ekstensief met bees geboer word en kan sekerlik geklassifiseer word as 'n B- vleisgradering produksie land as ons die huidige klassifikasie stelsel gebruik. Dit beteken dat diere vanaf die veld tydens gemiddelde reënjare geproduseer kan word wat gemaklik 'n B-klassifikasie behaal.

Dit is baie goed gedokumenteerd dat bespiering (hoeveelheid vleis) en reproduksie eienskappe antagonisties teenoor mekaar staan. Ouderdom tydens puberteit is 'n belangrikste ekonomiese eienskap en dit verhoog soos bespiering toeneem. Dit is vir presies hierdie redes dat die oormatige swaarbespierde rasse nie bekend is vir hul moederlike kenmerke en vrugbaarheid nie.

Die Bonsmara is 'n moederlyn ras met uitstekende moedereienskappe en hoë vlakke van reproduksie potensiaal. Die 2013 data wys dat die gemiddelde interkalfperiode van die 13 884 geregistreerde Namibiese Bonsmaras, 405 dae is, en die gemiddelde interkalfperiode tussen die laaste 2 kalwers, 399 dae is. Hierdie is voortreflike syfers en kan moeilik geklop word!

Die sleutel tot sukses vir die Bonsmara telers is om die optimum vlakke te behou van bespiering (vleiseienskappe) sowel asreproduksie eienskappe. Dit gee 'n Bonsmara wat genoeg vleis produseer en in aanvraag is by die kopers sonder om die sterk moedereienskappe en vrugbaarheidskenmerke van die Bonsmara negatief te beïnvloed.

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Archive 2010
Archive 2009
Archive 2008
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap