Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
BIELIE van 'n BOEREDAG!
Date:
March 2020


AGRA/HARTEBEESTLOOP BOEREDAG: Donderdag 14 Mei 2020



Soos ons boeremense maar is – begin ek heel eerste te praat oor die reën en die seisoen tot dusver!

Namibiese boere ken die reënpatrone van kol–kol en streep–streep. In boeretaal is die 2 woorde amper gelyk aan vloekwoorde! Dit beteken sommige kry en ander nie! Boere gee om vir mekaar en dit is nou weer duidelik bewys met die saamstaan tydens die droogte. Ons is baie bly vir die boere wat goeie reën gehad het, vir die wat soveel reën gehad het dat hulle darem koppe kan optel, en ons is op die knieë saam met diegene wat nog steeds knersende droogte ervaar. Daar is nog ‘n paar weke oor van die huidige reënseisoen en die hoop en gebede is dat Ons Liewe Vader se Liefde en Genade oor almal sal skyn.

Op Hartebeestloop gaan dit baie swaar, en tans kyk ons na die 8ste jaar van ver ondergemiddelde reënval. Soos baie medeboere, het ons die land deurkruis op soek na huurveld. Dit is tydens hierdie besoeke wat ons die geweldige impak van die droogte op Namibië gesien het:

  • ‘n Ongelooflike groot persentasie van polgrasse is vrek
  • Weiding bestaan uit 90% eenjarige grasse en onkruid
  • Met die eerste ryp verswak die kwaliteit van diè tipe weiding, betekenisvol en is die winterlek uitgawes baie hoog
  • Daar is eenjarige veld maar nie spaargeld nie
  • Geen boer was voorbereid vir die absolute felheid, intensiteit, omvang oor die hele land en langdurigheid van die droogte nie



Gedurende 2019, het ons vroeg die onsekerheid en gebrek aan “boskos” kennis by die boeregemeenskap opgemerk en sekerlik een van die mees suksesvolle Boeredae nog in Namibië, aangebied. Die BOSKOS BOEREDAG se sukses word gemeet aan hoe suksesvol die boere met die droogte gedeel het.


"IT WASN’T RAINING WHEN NOAH BUILT THE ARK"



2020 Is vol uitdagings. Maar ons moet GEREED wees hiervoor!

Die boerderygemeenskap is onseker hoe om hierdie uitdagings te prioritiseer en aan te pak. Ons het die volgende uitdagings identifiseer wat aandag benodig en wat ons sal aanspreek in ons “ARK-BOU BOEREDAG 2020:

  • Herstel en bewaring van weiding
  • Opbou van kudde met die klem op kwaliteit
  • Finansiële herstel en beplanning
  • Emosionele en sielkundige versterking
  • Ondersteuningsraamwerke en hoe dit funksioneer

Vir ons “ARK-BOU BOEREDAG 2020”, het ons werklik hard probeer om kundiges te nooi wat bekend is met droogtes en deel was van oplossings in die verlede. Hulle gaan hulle kennis deel om boere beter toe te rus vir toekomstige swaar tye.

Die skep van ‘n voerbank is al vir dekades op die Namibiese boer se agenda maar ’n gebrek aan kundigheid oor ‘n KWALITEIT VOERBANK is deel van die stadige vordering. ‘n Voerbank begin en end mos nie by grasbale onder ‘n seil nie!!!

Jy gaan verseker iets nuuts leer op die Boeredag – iets wat ons hoop ‘n betekenisvolle bydrae sal lewer tot jou sukses in boerdery.

Die Hartebeestloop-span nooi jou hartlik uit na die Boeredag op Donderdag 14 Mei 2020.

ONTHOU...
“Jou Plaas vertel Jou Storie”



Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2020:
DON’T WAIT – BUILD THAT ARK!
Date:
March 2020


This year we are again presenting a Killer Farmers’ Day!

It our tradition to come up with the most relevant farming issues at the Agra/Hartebeestloop Farmers’ Day, and this year it's NO different!

Our theme, “it wasn’t raining when Noah built the ark”, speaks for itself. Experts will explain methods to recover & maintain quality grazing after the severe drought and teach how to establish a feed bank during GOOD years.

The latest research data on osteochondrosis (aka arthrosis) among beef cattle & the prevention of the disease, will be discussed by Kenneth Botha.

Just one look at the program will show you, this is a day NOT to be missed!

Hope to see you on Thursday 14 May for the Agra/Hartebeestloop Farmers’ Day and also on 15 May 11H00 for our auction! Both are held ON THE FARM.

All the relevant information regarding the Farmers’ Day and Auction, can be found in AUCTION 2020.

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2020
Archive 2019
Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap