Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2018:
GOBABIS WORD WEER ROOI!
Date:
July 2018


Ja, ons kleur weer vir Gobabis ROOI met die Bonsmara Veiling op 9 Augustus by die Agra Veilingskrale! Ons het reeds ons veilingsbulle op die web geplaas en sien meer inligting hier!

Gobabis en omgewing is prima beeswêreld en word geken aan kwaliteit speenkalwers en osse.

Daar is sekere eienskappe wat baie belangrik is om konstant goeie beeste te teel. Dit is groeivermoë – beide voorspeense en naspeense groeivermoë, gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en die vermoë van die beeste om weiding om te sit in gewig.

As hierdie eienskappe geneties vasgeteel is in ‘n kudde, is dit permanent en teel jy konstant goeie groeiers en goeie omsetters van gras na gewig. Jou gebruiksbulle het verreweg die grootste invloed) om hierdie goeie eienskap gene vas te teel in jou kudde.

Ek het klem gelê om hierdie “game changer)” eienskappe bulle te kies vir die veiling. Die Hartebeestloop bulle is almal baie goeie groeiers en grasomsetters en sal dit permanent in jou kudde vas teel.

Genomies Verrykte Teelwaarde Indekse (GEBV’s) is tans die mees akkuraatste metode om die vermoë van bulle te bepaal om groeivermoë en voeromset oor te dra na hul nageslag. Die Hartebeestloop bulle se vermoë om die goeie eienskappe oor te dra in kuddes, is baie goed gevestig en hoogs akkuraat.

Hoop om jou te sien op 9 Augustus, 11H30, by die Gobabis Agra Veilingskrale!



Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap