Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2018:
Genomiese Merkerverrykte Teelwaardes
Date:
March 2018


This article is unfortunately only available in Afrikaans for now.

Jy mag wonder, wat kruip weg onder die vel van die bees? Jy het nie x-straal oë, maar moet nie mismoedig word nie - genomika kom tot jou redding!

Joggie Briedenhann verduidelik in maklike Boeretaal wat presies Genomiese Merkerverrykte Teelwaardes is.

Hierdie gaan ook in detail verduidelik word op die Hartebeestloop Boeredag en Veiling (17 en 18 Mei). Moet dit nie misloop nie!

BLUP was nog altyd ons "woord" vir Teelwaardes die afgelope 23 jaar. En ons skryf dit nie af nie. Dit werk in tandem met Genomiese Merkerverrykte Teelwaardes (GEBVs Teelwaardes) - die 2 saam is een KRAGTIGE masjien. Dit het die potensiaal om die Beesvleis Industrie om te keer!

Indien jy meer te wete wil kom oor GEBVs Teelwaardes, volg gerus die skakel na die volledige artikel op hierdie webwerf.



Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap