Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
GOBABIS WORD WEER ROOI!
Date:
July 2018


Ja, ons kleur weer vir Gobabis ROOI met die Bonsmara Veiling op 9 Augustus by die Agra Veilingskrale! Ons het reeds ons veilingsbulle op die web geplaas en sien meer inligting hier!

Gobabis en omgewing is prima beeswêreld en word geken aan kwaliteit speenkalwers en osse.

Daar is sekere eienskappe wat baie belangrik is om konstant goeie beeste te teel. Dit is groeivermoë – beide voorspeense en naspeense groeivermoë, gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en die vermoë van die beeste om weiding om te sit in gewig.

As hierdie eienskappe geneties vasgeteel is in ‘n kudde, is dit permanent en teel jy konstant goeie groeiers en goeie omsetters van gras na gewig. Jou gebruiksbulle het verreweg die grootste invloed) om hierdie goeie eienskap gene vas te teel in jou kudde.

Ek het klem gelê om hierdie “game changer)” eienskappe bulle te kies vir die veiling. Die Hartebeestloop bulle is almal baie goeie groeiers en grasomsetters en sal dit permanent in jou kudde vas teel.

Genomies Verrykte Teelwaarde Indekse (GEBV’s) is tans die mees akkuraatste metode om die vermoë van bulle te bepaal om groeivermoë en voeromset oor te dra na hul nageslag. Die Hartebeestloop bulle se vermoë om die goeie eienskappe oor te dra in kuddes, is baie goed gevestig en hoogs akkuraat.

Hoop om jou te sien op 9 Augustus, 11H30, by die Gobabis Agra Veilingskrale!



Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
40 REDES vir 40 JAAR SE SUKSESSE vir die BONSMARA
Date:
July 2016

Unfortunately this article is only available in Afrikaans for now.

Dit is die Namibiese Bonsmara Beestelers Genootskap se 40ste bestaansjaar vanjaar. Dit is sulke tye wat 'n terugblik vanpas is. Vrae soos, wat is vermag in 40 jaar? Hoe het die ras gevorder? En vele meer.

Alles dui daarop dat die Bonsmara van krag tot krag gaan! Daarom was dit maklik vir Joggie om namens die Genootskap te kom uitwys waarom die Namibiese Bonsmara van BETER na BESTE gegaan het oor 40 jaar. Hy sê daar is baie redes, maar gaan volhou by 40 om te pas by die geleentheid.

Volg gerus hierdie skakel om by die volledige artikel uit te kom.







Die artikel verskyn onder "Publications" van hierdie webtuiste en volg gerus hierdie skakel om by die volledige artikel uit te kom.

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap