Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
GOBABIS WORD WEER ROOI!
Date:
July 2018


Ja, ons kleur weer vir Gobabis ROOI met die Bonsmara Veiling op 9 Augustus by die Agra Veilingskrale! Ons het reeds ons veilingsbulle op die web geplaas en sien meer inligting hier!

Gobabis en omgewing is prima beeswêreld en word geken aan kwaliteit speenkalwers en osse.

Daar is sekere eienskappe wat baie belangrik is om konstant goeie beeste te teel. Dit is groeivermoë – beide voorspeense en naspeense groeivermoë, gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en die vermoë van die beeste om weiding om te sit in gewig.

As hierdie eienskappe geneties vasgeteel is in ‘n kudde, is dit permanent en teel jy konstant goeie groeiers en goeie omsetters van gras na gewig. Jou gebruiksbulle het verreweg die grootste invloed) om hierdie goeie eienskap gene vas te teel in jou kudde.

Ek het klem gelê om hierdie “game changer)” eienskappe bulle te kies vir die veiling. Die Hartebeestloop bulle is almal baie goeie groeiers en grasomsetters en sal dit permanent in jou kudde vas teel.

Genomies Verrykte Teelwaarde Indekse (GEBV’s) is tans die mees akkuraatste metode om die vermoë van bulle te bepaal om groeivermoë en voeromset oor te dra na hul nageslag. Die Hartebeestloop bulle se vermoë om die goeie eienskappe oor te dra in kuddes, is baie goed gevestig en hoogs akkuraat.

Hoop om jou te sien op 9 Augustus, 11H30, by die Gobabis Agra Veilingskrale!



Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
Gobabis Bonsmara Veiling 2016
10H00 by Agra Krale
Date:
July 2016

Dit sal 'n goeie plan wees om die 18de Augustus oop te hou! Ons "verf" vir Gobabis en die hele Ooste rooi met 'n splinternuwe Bonsmara Boeredag en Veiling wat ons beplan om jaarliks daar aan te bied. Die Boeredag (sien program deur hier te kliek) het topklas sprekers en op 18 Augustus hou ons lekker veiling om 10H00 by die Agra Krale!



Hartebeestloop is een van 'n paar telers wat bulle bring en meer inligting kan verkry word in die "veilings seksie" van hierdie webtuiste, soos fotos en beskrywings van bulle - volg net die skakel.

Op die foto vertoon 3 van die 4 bulle wat Hartebeestloop na die veiling bring. Die res van die bulle van alle verkopers is reeds almal klaar gelaai (met bulbeskrywings).

Ons hoop om jou daar te sien!

Die Boeredag program op is beskikbaar op die volgende bladsy - kliek gerus ook net hierdie skakel.

let wel die Boeredag program het nou effens verander...

Die program moes om onvoorsiene omstandighede verander en die nuwe program is vandag, (9 Augustus 2016) opgedateer hier.

Onthou die Veiling begin 10H00 en word gehou by die Agra Krale.

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap