Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
Bonsmara Raspromosiedag
Bonsmara Promotional Day
Date:
August 2016

Jumpstart to the English version

Ons kondig met trots die datum van die Bonsmara Raspromosiedag aan – 11 Augustus by Agra/Bank Windhoek Ring (Windhoek Skougronde). Kyk gerus na die interessante en leersame program wat aangebied word! Dit vertoon op die volgende bladsy.

Hierdie jaar vier ons ook die 40ste bestaansjaar van “Bonsmara Namibië”. Dit is voorwaar iets om op trots te wees! Ons glo dat die rede vir die natuurlike sukses wat die Bonsmara beleef in Namibië die afgelope jare, is omdat die telers doen waaroor hulle passievol voel. En dit wys! Joggie se praatjie gaan juis oor die Bonsmara wat die “geel trui” dra en wat dit behels - Tour De France of te wel Tour de Bonsmara!

Hierdie 40ste verjaarsdag val miskien nie in die maklikste van boerdery-tye nie, maar die Namibiese boere is al vantevore ook erg beproef en het nog elke keer staande gebly. Hierdie keer is dit nie ‘n uitsondering nie en ons glo dat solank ons mekaar ondersteun en positief bly, ons uitweë sal vind. Wie weet – miskien maak nuwe en beter deure vir ons oop?
En iets wat jy miskien in gedagte kan hou: “It's never as good as you think it is when you think it's good. It's never as bad as you think when you think it’s bad.”

Kom woon gerus die dag by! Toegang is gratis en verversings sal beskikbaar wees. Wees asb so gaaf om aan die organiseerders aan te toon indien jy gaan kom, sodat hulle die nodige reëlings kan tref.

Bonsmara Promotional Day

Bonsmara Promotional Day

We would like to announce the date for the annual Bonsmara Promotional Day - 11 August, at the Agra/Bank Windhoek Ring (Windhoek Showgrounds).

The program for the day can be viewed above. It promises to be very interesting and informative.

This is also the 40th anniversary of “Bonsmara Namibia”. It is indeed an achievement and something to be proud of! The fact that the Bonsmara Breeders are doing something they are passionate about, shows in the recent success of the Bonsmara in Namibia. Joggie’s talk on the day will be focused on the Bonsmara “wearing” the yellow jersey like the Tour de France cyclists, or should we say “Tour de Bonsmara”!

It is an undisputed fact that this anniversary falls in a very difficult time for farmers. Just keep in mind that farmers had managed to withstand tough times in the past and this time is going to be no exception! We must just reach out for another and stay positive. When one door closes another and better one might open. And keep in mind, “It's never as good as you think it is when you think it's good. It's never as bad as you think when you think it’s bad.”

Do attend the day with us. Entry is free and refreshments will be available. The organizers have requested that you should please RSVP by 1 August.

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap