Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
GOBABIS WORD WEER ROOI!
Date:
July 2018


Ja, ons kleur weer vir Gobabis ROOI met die Bonsmara Veiling op 9 Augustus by die Agra Veilingskrale! Ons het reeds ons veilingsbulle op die web geplaas en sien meer inligting hier!

Gobabis en omgewing is prima beeswêreld en word geken aan kwaliteit speenkalwers en osse.

Daar is sekere eienskappe wat baie belangrik is om konstant goeie beeste te teel. Dit is groeivermoë – beide voorspeense en naspeense groeivermoë, gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en die vermoë van die beeste om weiding om te sit in gewig.

As hierdie eienskappe geneties vasgeteel is in ‘n kudde, is dit permanent en teel jy konstant goeie groeiers en goeie omsetters van gras na gewig. Jou gebruiksbulle het verreweg die grootste invloed) om hierdie goeie eienskap gene vas te teel in jou kudde.

Ek het klem gelê om hierdie “game changer)” eienskappe bulle te kies vir die veiling. Die Hartebeestloop bulle is almal baie goeie groeiers en grasomsetters en sal dit permanent in jou kudde vas teel.

Genomies Verrykte Teelwaarde Indekse (GEBV’s) is tans die mees akkuraatste metode om die vermoë van bulle te bepaal om groeivermoë en voeromset oor te dra na hul nageslag. Die Hartebeestloop bulle se vermoë om die goeie eienskappe oor te dra in kuddes, is baie goed gevestig en hoogs akkuraat.

Hoop om jou te sien op 9 Augustus, 11H30, by die Gobabis Agra Veilingskrale!



Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
Nog 'n veiling verby!
Date:
July 2016

Dit is miskien laat in die dag om verslag te doen oor die Hartebeestloop veiling, maar soms val dinge voor wat dit onmoontlik vir mens maak om by alles uit te kom. Maar soos hulle sê, eerder laat as nooit!

Dis met groot verligting en diepe dankbaarheid dat ons kan verslag gee dat die veiling vlot en goed afgeloop het. Al die bulle het goeie nuwe tuistes gekry! Die Boeredag was weereens ‘n groot sukses en alle lof aan Agra vir hulle harde werk. Almal was dit eens - die lesings was puik en van uitstaande gehalte.

Hou die webtuiste dop vir foto’s asook die Agriforum artikels oor die 2 dae wat ons binnekort gaan plaas.

Dankie aan almal wat die 2 dae bygewoon het. Dit bly maar lekker om bekende en nuwe gesigte elke jaar by die Boeredag en Veiling te sien!

Ons hoop ons sien julle weer volgende jaar!

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap