Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
glorious beautiful RED
Date:
December 2017


Turning RED can sometimes be a VERY good sign Right?

Not just another day at Hartebeestloop – here you see Bonsmara heifers and polled crossbreed heifers directly after artificial insemination. When last were we so lucky – all of them came on heat on the same day! Yes, the same day…

And check ALL the stickers turning red when they went on heat! The polled crossbreed heifers were inseminated with semen from a polled Bonsmara bull. One step closer to a complete new Bonsmara polled mother line.

Roll out the red carpet everyone…

Song information: “Manana" Emilio Gutierrez, Licensed under Creative Commons: By Attribution 3.0 License http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
Fris, Fiks en Funksionele Bulle
Date:
May 2016

Wie soek nie FRIS, FIKSE EN FUNKSIONELE (ingesluit VRUGBARE) bulle nie? En waar pas "FOTOGENIES" dan in?

Daar is 2 moeilike besluite om te neem in die aanloop na die veiling.

  • In watter kondisie moet die bulle op die veiling wees?
  • Wat kan ek alles doen om te verseker die bul goed gaan werk op die nuwe plaas?




KOM ONS PRAAT EERS OOR KONDISIE

  • Beste kondisie vir VEILING beteken gewoonlik 'n hoë status van voeding, egalige vetverspreiding met goeie uiterlike voorkoms en maklike toegang tot kwaliteit voeding – gewoonlik vir ‘n korterige tydperk net voor ‘n veiling. “Preparing for BEAUTY” is die term wat ons kan gebruik hier.

  • Beste kondisie vir waar die bul moet gaan WERK, is 'n samevatting van gesonde rumenstatus, fiksheid, algemene aanpasbaarheid en kondisie. “Preparing for PROFIT” is dan baie gepas.


Die volgende 2 vrae het ons beleid oor KONDISIE bepaal:

  • Wat is die kans dat die bulle by die nuwe plaas toegang gaan hê tot dieselfde voor-veiling hoë status van voeding?
    Antwoord: ZERO.

  • Wat is die kans dat die bulle by die nuwe plaas stadig op ‘n oorgangsvoeding dieët gesit gaan word en stadig aangepas word by veldweiding en strategiese lek?
    Antwoord: Tien teen een ook ZERO!

Hartebeestloop se metode van afronding vir veilingsbulle om hierdie probleme te vermy:

  • Beheer die graankomponent en kostes van bulafronding.
    Graan verhoog die insetkoste en is van geen waarde vir die (Namibiese) bulkoper. In enige afrondingsbesluit, behoort die voordeel wat die koper kry, eerste gestel te word.

  • Bulle word 6 weke voor die veiling heeltemal afgehaal van graan en styselprodukte.
    Die teler moet sorg dat die mikrobes wat lignien afbrekend is (grasverterend), alreeds goed verteenwoordig en gevestig is in die rumens van die veilingsbulle voordat hulle na die nuwe plaas gaan. Vat verantwoordelikheid vir die "rumen-aanpasbaarheid"!

  • Wees bewus van die veselfraksie van die ruvoer op die veld (wintermaande), wat hoog is in sellulose, lignien en hemi-sellulose.
    Die vermoë van die bees om dit te verteer hang af van die teenwoordigheid van sekere mikro-organismes in die rumen. Hierdie organismes benodig veral Vitamien A, proteïen, fosfor en 'n verskeidenheid spoorelemente om die sellulose in vesel af te breek na stysel en suiker, en terselfdertyd vitamiene en stikstof vry te stel. Kry hierdie prosesse alles in plek voor die bul op die nuwe plaas aankom.

  • Kry die bulle fiks op jou plaas!
    Vir die laaste 6 weke voor die veiling, stap die Hartebeestloop bulle ongeveer 2 km tussen die lekbak en die waterkrip. Moenie onfikse bulle by die koper aflaai nie. Waarom enigsins probeer om bulle in 'n ander status te kry as waarvoor kliënte vra en waaronder die bulle moet gaan werk?

Min bulle gaan verlore weens nie-vrugbaarheid

Op Hartebeestloopo het ons gevind dat min bulle gaan verlore weens lae of nie-vrugbaar.

Gedurende 2016 toets 94,6% (124 uit 131 bulle) reg met vrugbaarheidstoetse deur die veearts. Die algemene semenkwaliteit van die bulle het ook baie verbeter vandat ons voeding, rumenstatus en fiksheid kombineer. Die vrugbaarheid prestasie is sekerlik nie nèt aan dit toe te skryf nie maar is ook ‘n goeie indikasie van die algemene vrugbaarheidstatus in die kudde.

ons het op die harde manier geleer!

Op Hartebeestloop het ons op die harde manier geleer wat nie werk met veilingsbulle nie! Dit is:

  • Die skielike omskakeling van styselafbrekende mikrobes (indien graanprodukte toegedien is) na lignienafbrekende mikrobes by die nuwe eienaar, is ‘n uiters moeilike "rumenaanpassing" vir die dier.
    Diere kan baie kondisie verloor in die tydperk wat hulle neem om weer ander mikrobes te ontwikkel. Dit het ons laat besluit om vir 6 weke voor die veiling, die bulle net op die veld te hou, en die gevolg is dat ons bulle maklik aanpas by hulle nuwe omgewings.

  • Onfikse, oorvet bulle wat gewoond is aan hoë kwaliteit voeding wat maklik beskikbaar is.
    Dit is vir meeste bulle 'n moeilike "fiksheidaanpassing" op die nuwe plaas. Vandat ons sulke fiks bulle afgee - ook wat se kondisie NET reg is, het ons selde of ooit 'n probleem.

bulvoeding is nie 'n maklike ding!

Bulvoeding is 'n wetenskap op sy eie! Met ondervinding het ons egter geleer dat dit vir ons werk as ons die KOPER eerste stel deur die voeding EENVOUDIG en so na as moontlik aan NATUURLIK te hou.

Die (klein) bietjie wat ons verloor in miskien minder "fotogeniese" bulle (glimlag), wen ons "big time" deur vir kopers FRIS, FIKSE EN FUNKSIONELE (vrugbare) bulle te verskaf! Die foto (bo) wys waar die veilingsbulle loop en vreet - in die veld! En dit is geneem 30 dae voor die veiling.

Ons waarborg van tevredenheid aan die koper is hierin vervat - ons hou by die natuurwette en dan kan ons bulle sonder enige probleem doen waarvoor hulle aangeskaf is. Destemeer in droër jare soos vanjaar.

Dit werk vir ons!

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap