Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
REAP THE BENEFIT!
Date:
October 2017


Joggie has reaped big time this time and everybody here at home (and elsewhere) are immensely proud of him.
He has been appointed the winner of the SOUTHERN AFRICAN STUD BREEDER 2017 for Landbouweekblad/Breedplan at the awards ceremony of Aldam Stockman School DD 19 October. His big smile says it all 😊

But for those knowing Joggie, he has reaped the benefits for what he has not “worked” for, because if you do what you ENJOY doing, you have not worked a single day of your life. LOL!

On a more serious note, this is a biggie for us at Hartebeestloop and we cherish this award!

The home base at Hartebeestloop Bonsmaras knows exactly what it takes to win something like this – hours on hours of dedicated hard work and effort over many years.

Congratulations Joggie, you do us proud!



Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
Elite Platinum koei 2015
Date:
March 2016

Wat het van VBB 06-0115, die Landbouweekblad / SA Stamboek Elite Platinum Bonsmara koei vir 2015 geword?

Sy is STEEDS deel van die “Royal Family of Elite Cows” op Hartebeestloop, op die rype ouderdom van 10 jaar. Ons het haar nou die dag spesiaal gaan “besoek” in die veld waar sy ‘n kalf aan haar sy het en gou ‘n paar foto’s en ‘n video van haar gevat. Dit is altyd lekker om te kyk hoe ‘n dier lyk wat aanhoudend so goed presteer - sien ook vir AEJ 06-0163, die onlangse Elite Platinum wenner!


Die vraag is nou: Kan sy in die toekoms voortbou op haar uitstekende prestasie tot en met 2015?

My ondervinding is dat goeie koeie hulle prestasies behou soos hulle ouer word. Die bewys is om maar net te kyk na VBB 06-0115 se uitstekende reproduksie prestasies in Tabel 1 (heel onder). Die 10-jarige koei se heel beste prestasie is dat sy 8 kalwers met gekorrigeerde gewig van 265kg gemiddeld speen. Dit is ‘n bitter goeie prestasie enige plek maar dit wil gedoen wees in die droë en warm Kalahari, glo my! Ons beleid is om sulke hoogspresterende koeie te hou totdat die tande finaal klaar is. In kort – vir so lank as moontlik. Nie elkeen van haar verskalwers gaan ‘n verbetering op haar wees nie, alhoewel ons geleer word dat jonger diere beter as hulle ouers “behoort” te wees. “A strong theory, proving weak in practice”. My opinie hieroor is dus, hou jou “goue” koeie in jou kudde!

so vaar sy in haar 10 jare!

In haar 10-jarige leeftyd het sy die volgende Hartebeestloop en amptelike Bonsmara seleksies geslaag:

  1. 7 maande speengewig en visuele evaluering
  2. 12 maande gewig en visuele evaluering
  3. 14 maande – gewig, geslagsrypheid, visuele evaluering en pelvismeting
  4. 18 maande gewig en visuele evaluering
  5. 20 maande dragtigheidsondersoek
  6. 24 maande kalwing en amptelike keuring
  7. Jaarlikse inspeksies vanaf 2008 tot 2016 waar veral reproduksievermoë, hormonale balans en nageslag stoet goedkeuringspersentasie streng ge-evalueer word
  8. Sy teel nageslag wat goed genoeg is om die jaarlikse Produksieveiling te haal

Dit is onverantwoordelik om jou “hoop” te sit op elke verskalf van ‘n top ouer koei om hierdie tipe prestasie te herhaal of te verbeter. As die kwaliteit van die verskalwers dit toelaat, gee hulle beslis ‘n kans. Maar moenie te gou besluit jy het ‘n “wenner” wat die koei gaan vervang en beter presteer nie. Jy sal heel moontlik eers verseker weet na 10 jaar! VBB 06-0115 is jaarliks ‘n “dead certainty” wanneer dit kom by uitsonderlike prestasies! Die Bonsmara ras is gebou op hierdie hoogs presterende koeie.

ELITE PLATINUM KOEI (2015) VBB 06-0115

Ras
Bonsmara
ID
VBB 06-0115
Eienaar
Hartebeestloop
Geboortedatum
24/09/2006
Ouderdom met eerste kalwing
24
Tussenkalfperiode (TKP)
359
Reproduksie-indeks (RI)
120
Getal kalwers
8
Gem. Speenindeks
101
Teelwaarde-indeks vir speen
111
Koeiwaarde-seleksie-indeks
119
% nageslag goedgekeur
83


Comments:

{ 1 comments… read them below or add one }
Harry Erasmus from Namibia - April 1, 2016, 7:14 am
Skitterend!!!
Reply
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login below
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap