Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
REAP THE BENEFIT!
Date:
October 2017


Joggie has reaped big time this time and everybody here at home (and elsewhere) are immensely proud of him.
He has been appointed the winner of the SOUTHERN AFRICAN STUD BREEDER 2017 for Landbouweekblad/Breedplan at the awards ceremony of Aldam Stockman School DD 19 October. His big smile says it all 😊

But for those knowing Joggie, he has reaped the benefits for what he has not “worked” for, because if you do what you ENJOY doing, you have not worked a single day of your life. LOL!

On a more serious note, this is a biggie for us at Hartebeestloop and we cherish this award!

The home base at Hartebeestloop Bonsmaras knows exactly what it takes to win something like this – hours on hours of dedicated hard work and effort over many years.

Congratulations Joggie, you do us proud!



Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
Hartlike uitnodiging
Date:
March 2016

HART 09-0247 - `n stoetvaar wat nou aangebied word
HART 09-0247 - `n stoetvaar wat nou aangebied word
Ek nooi jou hartlik uit na die boeredag en vertrou dit sal ‘n stimulerende dag wees. Ek bied die beste moontlike presisiegetoetsde diere aan op die veiling. Kom kyk gerus na die kwaliteit. Dit sal ‘n voorreg wees om jou op Hartebeestloop te verwelkom.

Ek het lank en hard gedink oor hoe nooi ek jou uit na ons Boeredag en Veiling – wat moet ons doen op die Boeredag en watter tipe diere moet ons aanbied op die Veiling? Wat sal tot jou langtermyn voordeel wees?

Die “Groter Plan” agter die Boeredag is om almal “beter” boere te maak. Dit is om jou beter voor te berei vir veranderde omstandighede. Die onderwerpe is so gekies dat jy tot ‘n groot mate beheer oor die toepassing daarvan het. Boere het min beheer oor inflasie maar baie beheer oor seleksie van winsgewinde diere, speengewig en waarvoor ons gras verkoop!

Die sprekers behoort jou aan die dink te sit – jy moet self besluit of jy dit gaan uittoets. Die Boeredaglesings (volg die skakel vir die program), is beplan om die winsgewindheid van sekere boerderyfasette te verbeter en uitbreiding van nuwe geleenthede te ondersoek. Wie het ooit gedink dat selfs gedurende gemiddelde reënvaljare, gras oor die toonbank soveel werd sal wees? Veranderde omstandighede dwing ons na presisieboerdery in die veebedryf en Hartebeestloop Boeredag bied jou ‘n uitstekende geleentheid om meer daaroor te leer. Presisieboerdery is die enigste opsie vir die toekoms.

Presisieboerdery getoetsde diere

Nou wat beteken presisieboerdery getoetsde diere op die Veiling? Is dit dieselfde as die Bonsmara prestasietoets sisteem?

Die Bonsmara sisteem van prestasietoetsing is die maatstaf waarteen alles gemeet word. Presisieboerdery getoetsde diere beteken om die mees winsgewinde diere uit te haal uit die groep wat reeds die Bonsmara prestasietoetsing geslaag het. Dit is die beeste wat die meeste wins in die boerdery genereer - baie produktief en hoogs doeltreffend!

Hoe sien ons dit op Hartebeestloop?

Ons boer om die optimale opbrengs (vleis en geld) per hektaar te kry – maar daarvoor het ons spesifieke diere nodig. Presisiegetoetsde diere is daardie diere wat met minder hektare dieselfde of meer vleis en geld produseer as die ander. Hierdie finansiële voordeel vir jou as boer is permanent en lê in die bees se genetika wat vasgeteel is deur jarelange seleksie.

Die totale Hartebeestloop kudde is presisiegetoets vanaf die dag met geboorte tot die karkas hang aan die hak. Dit is ons waarborg aan die koper. As boer het jy beheer oor waar en watter diere jy aankoop. Ek is oortuig dat hierdie meer winsgewende diere nodig is om die langtermyn sukses van boerdery te verseker.

Nou vir ‘n lekker gedeelte!

Ek kom my belofte na aan die boeregemeenskap en bied hierdie jaar vir die eerste keer DNA-bepaalde poena Bonsmara bulle aan. Dit is ‘n eerste vir Namibië! Hierdie poena beeste sal jou belangstelling prikkel en jou aan die dink sit! Lees gerus ook die onlangse nuusberig wat ek ons geplaas het oor HT 13-0028 - een van die top Poena bulle wat aangebied gaan word op die veiling (27 Mei 2016)

Ek nooi jou weereens hartlik uit na die Boeredag (26 Mei 2016) en hoop om jou daar te sien!


HT 13-0028 - een van ons top Poena bulle wat aangebied word op die veiling.

Comments:

{ 1 comments… read them below or add one }
Harry Erasmus from Namibia - March 29, 2016, 9:24 am
Hallo Joggie Ons sal baie graag wil bywoon maar daar is n moontlikheid dat ek dalk in Angola moet wees op die 26 ste en 27 ste Mei. Ons het mos n fabriek in Lubango gebou maar kry nie ons geld uit Angola in nie. Ek sal vroeg in Mei weet waar ons staan en sal dan laat weet. Groete en sterkte met die reelings. Harry
Reply
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login below
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap