Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2016:
EMOK Bonsmaras Inligtingsdag
Date:
February 2016

EMOK Bonsmaras van Edward en Marie Hansen is al jare bekend vir top vroulike diere. Die EMOK kudde is een van die mees vrugbaarste kuddes in Namibië. Dit sluit alle rasse in.

Hoe kry hulle dit reg? Is daar enige iets spesiaals wat hulle doen met teling en seleksie?

EMOK Bonsmaras nooi jou hartlik uit na die “Teel van Top Vervangingsverse” Inligtingsdag op Saterdag 9 April 2016. Ons vat jou stap-vir-stap deur die teelproses, seleksiebesluite op verskillende stadia word bespreek en ons wys jou die eindresultaat van teling. Daar is oorgenoeg tyd gemaak vir praktiese demonstrasies en almal gaan baie beeste sien.

Dit begin 09h00 op die plaas Maitland en behoort teen middagete klaar te wees. Bly gerus vir die middagete saam met Edward en Marie Hansen.

EMOK Bonsmaras kan net 'n beperkte aantal gaste hanteer en werk streng op 'n eerste aanvaarding van die uitnodiging. Antwoord asb direk met 'n epos na EMOK: electact@afol.com.na so gou doenlik.

Die program is beskikbaar op die volgende bladsy.

Ons sien uit om jou op Maitland te verwelkom.

Vriendelike groete

Edward Hansen
(EMOK Bonsmaras)
Inligtingsdag

Program vir die dag

Maitland Program

  • 09h00: Kort oorsig oor Maitland en EMOK Bonsmaras
  • 09h15: Hoekom is die uitsoek van vervangingsverse so ‘n “Big Issue”?
  • 09h45: Jy moet ook op “Papier” uitsoek
  • 10h15: Teetyd
  • 10h30: In die kraal en almal soek ui.
  • 11h30: Uitgesoek en nou paar ons met die regte bulle
  • 12h30: Vervangingsverse: Jou eerste stap na Presisieboerdery
  • 13h00: Middagete
  • Comments:

    { comments… read them below or add one }
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login here
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Back to Top

    Archive 2018
    Archive 2017
    Archive 2016
    Archive 2015
    Archive 2014
    Archive 2013
    Archive 2012
    Archive 2011
    Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap