Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
GOBABIS WORD WEER ROOI!
Date:
July 2018


Ja, ons kleur weer vir Gobabis ROOI met die Bonsmara Veiling op 9 Augustus by die Agra Veilingskrale! Ons het reeds ons veilingsbulle op die web geplaas en sien meer inligting hier!

Gobabis en omgewing is prima beeswêreld en word geken aan kwaliteit speenkalwers en osse.

Daar is sekere eienskappe wat baie belangrik is om konstant goeie beeste te teel. Dit is groeivermoë – beide voorspeense en naspeense groeivermoë, gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en die vermoë van die beeste om weiding om te sit in gewig.

As hierdie eienskappe geneties vasgeteel is in ‘n kudde, is dit permanent en teel jy konstant goeie groeiers en goeie omsetters van gras na gewig. Jou gebruiksbulle het verreweg die grootste invloed) om hierdie goeie eienskap gene vas te teel in jou kudde.

Ek het klem gelê om hierdie “game changer)” eienskappe bulle te kies vir die veiling. Die Hartebeestloop bulle is almal baie goeie groeiers en grasomsetters en sal dit permanent in jou kudde vas teel.

Genomies Verrykte Teelwaarde Indekse (GEBV’s) is tans die mees akkuraatste metode om die vermoë van bulle te bepaal om groeivermoë en voeromset oor te dra na hul nageslag. Die Hartebeestloop bulle se vermoë om die goeie eienskappe oor te dra in kuddes, is baie goed gevestig en hoogs akkuraat.

Hoop om jou te sien op 9 Augustus, 11H30, by die Gobabis Agra Veilingskrale!



Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2015:
G8 veiling: 13 Augustus, 17H00
Date:
July 2015

Hartebeestloop nooi weereens alle belangstellendes uit na die G8 VEILING 2015. Verlede jaar was dit die eerste jaar wat hierdie veiling gehou was, en almal is dit eens dat dit een van die Bonsmara veilings is wat elke jaar aangebied word. Die aanbieding word deur 7 Bonsmara telers gehou en hulle bring slegs kwaliteit bulle na die veiling.

Die veiling word gehou op 13 Augustus om 17H00 in die Agra Ring, Windhoek. Moet nie die spog geleentheid mis nie!

keuring en veilingsvereistes

Streng keuring en veilingsvereistes maak dat dit ‘n lae risiko veiling vir die koper is. Meer as 50 Bonsmara kommersiële vroulike diere in verskillende produksie stadiums word aangebied. Die eerste 200 km van aflewering op deelvragte is gratis!

Kontak gerus Japie Bestebreurtjie (0812360880) of Kiep Lepen (0811240648) indien daar enige navrae is.

Die G8 Veiling Poster gee ook meer inligting rakende die 7 Telers.

Ons hoop om jou daar te sien!

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap