Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2015:
Videos van bulle op YouTube
Videos of bulls on YouTube
Date:
April 2015

Click here to jumpstart to the English version

Dis vir ons baie lekker om hierdie skrywe te doen! Nie net is meeste van die harde werk amper agter die rug nie, maar dit is voorwaar ‘n voorreg om agteroor te sit en die videos van die Hartebeestloop Veilingsbulle een na die ander te sien speel. Dan weet mens hoekom jy teel met Bonsmaras!

Hierdie YouTube skakel vat jou na YouTube direk, en die videos speel vanself na mekaar. Ons het deesdae ook ‘n gerieflike video skakel in ons webstuiste vir elke bul waar ons die bulbesprekings doen.

Die bulle se kondisie is goed en dit is maklik om te sien hoe fiks en beweeglik hulle is. Hulle dra geen onnodige vet met hulle saam nie en die bespiering kan duidelik gesien word. Die reën van Maart en April, het die gras baie smaaklik gemaak en van die bulle vreet die hele tyd. Hulle het baie energie en speel en stoei gedurig. Van die stukkende drade in die agtergrond van die video is veroorsaak deur hierdie spelerige gedrag! Kyk gerus ook na van die veilings-groep bulvideos (gebruik sommer hierdie skakel.

Ons veiling is om die draai (29 Mei) en ons nooi weereens almal hartlik uit. Onthou ons doen soos altyd gratis vervoer. Ons sal ook gratis aflewer vir Suid-Afrikaners asook na Ghanzi vir Botswana boere. Dit is maklik om diere vanuit Namibië na Suid-Afrika en Botswana in te voer en ons sal die werk vir jou doen. Indien die afstand vir jou ‘n hindernis is, kan ons reël dat iemand namens jou kan bie op die veiling.

Kontak gerus vir Joggie (epos: jbried@joggie.com.na of selnommer +264 812316169) indien ons van enige hulp kan wees.

The English version

It is a real nice feeling writing this e-mail to you. Most of the hard work for the upcoming auction is now done and what a pleasant feeling to sit back and watch the videos of the Hartebeestloop auction bulls. You then know that Bonsmaras are the go-to-breed!

This YouTube link for the auction bulls video will take you directly to YouTube. The videos in the playlist will play continuously from first to last. There is also a dedicated link to the specific bull video in the website at the individual bull descriptions. The bulls are fit, move easily and are just in the right body condition. They have no excess fat and the muscling is easy to see. We received some rain during March and April – the grass is getting green and the bulls graze like mad! They are energetic, playful and horse-play all the time. Just check the broken fences behind the bulls as proof! We have also included some videos showing the bulls in a group – just follow this link.

The auction is on 29 May and we would like to welcome you at Hartebeestloop. Please note that we also deliver free of charge to South Africa and Botswana. All the export/import documentation are done by us and should be of no worry to you. We could also arrange for a representative from AGRA to bid on your behalf, should you be unable to attend the auction. Please contact Joggie (email: jbried@joggie.com.na or cell +264 812316169) if you need any assistance.

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap