News Article selected in the Archive of 2015: Hartebeestloop se 2014 SA Stamboek Toekenningskoeie
Date: March 2015
Goeie koeie maak goeie geld!
Jy kan dit duidelik sien as jy na die 38 Hartebeestloop koeie kyk wat deur SA Stamboek erken word as Elite koeie. Hulle het uitstekende prestasies!
Die Stamboek verdeling is as volg:
22 Elite Goud Koeie
9 Elite Silwer Koeie
7 Elite Brons Koeie
10 feite oor die 38 koeie
Gemiddeld 9 kalwers per koei
Dit is 336 kalwers tot dusver vanaf die 38 koeie
Gemiddelde tussenkalfperiode (TKP) van 381 dae
Laaste TKP van 381 dae
Weeg 555kg gemiddeld
Speen ‘n gemiddelde gekorrigeerde massa van 250 kg
Goedkeuringspersentasie van 74% van hulle kalwers
Gemiddelde BLUP teelwaarde melksyfer van 7.9 of dan ‘n teelwaarde indeks van 117
Dieselfde groep koeie se oogspieroppervlakte teelwaarde indeks is 104
Hulle naspeen groei indeks is 109
Jy sal opmerk dat die koeie 3 eienskappe naamlik melk, reproduksie en bespiering mooi in balans het.
Dit is nie nodig dat koeie die een of die ander moet hê nie – koeie kan al 3 eienskappe hê.
Ek het ‘n eenvoudige som gedoen om die prestasie van die 38 koeie in ‘n speenkalfproduksiestelsel aan te toon. Dit gee ‘n inkomste van N$ 1 680 000 oor die 336 kalwers teen 250 kg speengewig en teen N$ 20.00/kg.
Die bedrag van N$ 20/kg is sekerlik aan die hoë kant oor die tydperk gereken. Aan die anderkant, die meeste van die koeie is nog steeds in produksie op Hartebeestloop. Met sulke vrugbare en hoogs reproduserende koeie kan enige boer mos vorentoe gaan!
Ek het foto’s van sekere koeie gelaai onder die GALLERY/STUD/Elite Cows. Dit is baie makliker om bulle se foto’s te neem as om koeie te fotografeer! Gaan gerus na DETAILS
of DETAILS ALL om elke koei se prestasie individueel te sien. Nie elkeen van hierdie koeie sal noodwending as ‘n skou kampioen gekies word nie. Boere moet leer om na hulle hoogspresterende koeie te kyk, en dan, om van hulle te hou! Dit is jou “skou kampioene” of anders gestel “sak kampioene” op jou plaas en in jou sak.
Boere moet vrugbaarheid en reproduksievermoë heel eerste stel tydens die jaarlikse evaluering van hulle koeikuddes. Dit waarborg verhoogde inkomste oor die langtermyn! Die Bonsmara is by uitstek ‘n moederlyn ras en kan hierdie tipe reproduksiesyfers aan boere gee.
Kyk gerus ook na die YouTube video knipsel wat ons gemaak het (Maart 2015) vir Landbouweekblad, van een van ons koei kuddes.