Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2015:
BONSMARA - die Namibiese VELDBEES
Date:
March 2015

Ons weet dat Namibië se reënval onvoorspelbaar en wisselvallig is – presies soos wat weer tans ondervind word! Alhoewel ons niks kan doen aan die reënval nie, kan ons gelukkig met wel-deurdagte seleksie, die beste diere uitsoek om onder hierdie droë en moeilike toestande mee te boer.

Dis in die hande van stoettelers om hierdie tipe diere te teel, uit te soek en dan aan die kommersiële mark aan te bied, om sodoende die totale vleisbeesindustrie te bevorder.

Elke stoetteler het ‘n teelbeleid en streef daarna om die beste diere te teel volgens sy teeldoelwitte. Hartebeestloop Bonsmara veiling werk op presies dieselfde basis en het sekere teeldoelwitte waaraan die veilingsbulle moet voldoen. Die grondslag van die veiling is om bulle beskikbaar te stel wat by ons kommersiële boere uitstekend sal doen.

Lees gerus meer oor hoe die bulle geselekteer is in die artikel in "Publications" genaamd BONSMARA – DIE NAMIBIESE VELDBEES en watter teeldoelwitte van belang is vir die veiling. Van die bulle kan eersdaags besigtig word in “Auction 2015”.


HART 12-0199
HART 12-0198

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap