Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
Hartebeestloop G8 Auction bulls - YouTube videos
Date:
August 2017



Hartebeestloop is bringing 3 bulls to the G8 Auction, DD 31 August, 11H30. The auction takes place at Agra Ring, Windhoek.

Please click on the link to play videos of the 3 bulls. Videos are also available by clicking "Descriptions All" in the "G8 Auction 2017" section of this website.

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2015:
Hartebeestloop se WENNER KOEI
Date:
March 2015

Elke jaar word daar een koei per ras, volgens uitsonderlike produksie- en reproduksiestandaarde, uit die Logix Vleis-databasis geselekteer deur SA Stamboek.

VBB 06-0115, een van Hartebeestloop Bonsmara Stoet se Elite koeie is vir 2015 gekies. Ek haal aan uit SA Stamboek se gelukwensingsbrief “en dit is dus voorwaar ‘n prysenswaardige prestasie”.

Ons voel voorwaar trots op hierdie toekenning! Hierdie koei se syfers en prestasie is egter nie ‘n uitsondering nie, maar meer die reël by Hartebeestloop se Elite Koei Kudde. Seleksie vir vrugbaarheid en uitstaande reproduksievermoë is eie aan die kudde en word al vir baie jare streng toegepas. Hartebeestloop Bonsmaras was dan ook in 2013 en 2014 onderskeidelik die buite Suid-Afrika wenner asook die Suid-Namibië wenner van die LNR Nasionale Vleisbees Verbeteringskudde van die Jaar. Die kudde is ook vir die afgelope paar jaar onder die eerste 10 kuddes van die jaar soos deur SA Stamboek bepaal word, vir alle rasse wat geregistreer is by die instansie.

VBB 06-0115, die SA Stamboek Elite Platinum koei, is een van die uitstaande koeie in ons kudde.

Haar syfers en prestasies lyk as volg:

VBB 06-0115 se syfers en prestasies

VBB 06-115
VBB 06-115

  • OEK is 24 maande
  • TKP van 354 dae oor 7 kalwers
  • 4 uit 5 kalwers aangebied is stoetgoedgekeur
  • die laaste kalf is aan voet
  • die voorlaaste kalf is nog in prestasietoetsing en presteer uitstekend
  • sy het alreeds 2 bulle op die jaarlikse produksieveilings verkoop
  • Nog ‘n top seun van haar is op die 2015 produksieveiling

Kyk gerus ook na Tabel 1 wat die Hartebeestloop kudde se data vergelyk met die ander deelnemers aan die LNR Nasionale Vleisbees Verbeteringskudde van die Jaar 2014. Die tabel word geplaas met erkenning aan die samestellers van die LNR Nuusbrief 2015, Dr Ben Greyling en Frans Jordaan. Hartebeestloop se syfers is, net soos die ander deelnemers se syfers, indrukwekkend.



2014 LNR NASIONALE VLEISBEES VERBETERINGSKUDDE van die JAAR

PROVINSIALE WENNERS

PROVINSIE
EIENAAR
KUDDE

NAAM & RAS
KOEIE

HOEVEELHEID
Gemidd OEK (maande)
Gemidd TKP (dae)
Eastern Cape
Neville Lansdell
Beefmate (Angus)
59
24
355
Gauteng
Jan & Elna Dhooge
D'Hofstee (Drakensberger)
73
38
454
Kwa-Zulu Natal
Bryce Jooste
Stey Braes (Brahman)
105
30
400
Limpopo
Nick Farrant
Culmpine Bonsmaras
106
32
386
Mphumalanga
Nico Pieterse
Syferfontein Bonsmaras
249
29
386
Northern Cape
Andries Roelofse
Syferfontein Bonsmaras
200
31
406
North-Namibia
S&B Schneider
Okabra Brahmans
243
37
452
South-Namibia
Joggie Briedenhann
Hartebeestloop Bonsmaras
477
25
385
North West
Louis Meyer
Loriza Brahmane
426
26
375
Free State
Andrè van der Merwe
Wouman Brangus
71
30
378
Western Cape
L'Ormarins Edms Bpk
Fredericksburg Angus Stoet
41
25
396

Kyk ook na Tabel 2 wat die verskillende beesrasse wat by die Namibiese Stoettelers Vereniging geregistreer is, aandui (Augustus 2014).

Dit wys die aantal diere geregistreer, tussenkalf periode (TKP) en ouderdom met eerste kalf (OEK). Die tabel word geplaas met erkenning aan Bertus Kruger (Agra Provision) in sy artikel “Quo Vadis - the road ahead for the Nguni breed in Namibia, Agriforum, November 2014, Volume 27, no 10.



NAMIBIESE STOETTELERS VERENIGING - tydens AUGUSTUS 2014

GEREGISTREERDE BEESRASSE SE SYFERS

BEESRAS
HOEVEELHEID GEREG. TELERS
HOEVEELHEID DIERE GEREG.
TKP
OEK
Afrikaner
6
669
531
1 226
Angus
5
268
420
1 088
Afr. Hugenote
11
1 660
423
1 353
Beefmaster
4
790
404
1097
Boran
11
463
537
1 101
Brahman
123
17 614
452
1 141
Brangus
5
773
477
1 089
Braunvieh
14
1 978
439
1 035
Charolais
12
718
432
1 197
Dexter
12
393
433
1 004
Hereford
3
308
392
1 038
Limousin
20
2 044
465
1 142
Nguni
30
4 978
399
1 023
Romagnola
1
33
519
1 034
Santa Gertrudis
16
1 871
450
1 162
South Devon
1
38
372
1 169
Sussex
9
1 116
434
1 186
Tuli
3
166
473
1 091
         
GEMIDDELD
 
447,3
1 120.90
         
Hartebeestloop Bonsmaras
 
1 383
385
763

Die Hartebeestloop kudde syfers is as deel van die tabel heel onder bygesit.

Die Bonsmara is die moederlyn beesras van keuse. Telers en boere moet weet dat konstante en streng seleksie vir vrugbaarheid en reproduksievermoë, verhoogde inkomste oor die langtermyn sal waarborg!

Op Hartebeestloop doen ons dit al vir jare en dit werk!

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap