News Article selected in the Archive of 2015: Hartebeestloop Dag Program
Date: February 2015
Op Hartebeestloop werk ons op 'n baie gereelde basis met boere – van die kommunale boer tot die ernstige stoetteler.
Ons het 2 areas gesien wat aandag benodig:
Die ''jong, nuwe en onervare'' stoetteler het opleiding en konstante ondersteuning nodig om die stoetbedryf en spesifiek die veilingsarena suksesvol te bestuur.
Die kommersiële boer weet nie altyd genoeg van wat in stoetteling gebeur nie. Dit sal hierdie boer baie baat om te weet watter prosedures en aksies gevolg moet word om 'n goeie bul te teel.
Die HARTEBEESTLOOP VEILINGSGROEP DAG op Saterdag 14 Maart, is op bogenoemde 2 groepe gemik. Kontak gerus Joggie Briedenhann via jbried@joggie.com.na sou jy belangstel om die Dag by te woon.
Kliek gerus ook die "Read more" skakel heel onder om die program van die dag te sien.