Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2014:
Voordele vir Osproduksie
Date:
October 2014
Hartebeestloop se kruistelingsprojek


This Publication is unfortunately only available in Afrikaans for now.
Hierdie artikel deur Joggie Briedenhann het verskyn in die Agriforum, Augustus 2014.


Kruisteling is deel van die Namibiese boerderykultuur. Boere het verskillende menings hieroor, veral wanneer dit kom by watter rasse goed in ’n kruisteelprogram kombineer.

Dit is natuurlik nie moontlik vir boere om te wyd met verskillende rasse te eksperimenteer nie aangesien dit tot ’n grootskaalse verbastering in hul kuddes sal lei. Daar is ook heelwat boere wat van mening is dat suiwer Bonsmarateling met sy min bestuurverpligtinge en slegs ’n behoefte aan beperkte infrastruktuur, net so ’n goeie opsie is.

Hartebeestloop Bonsmaras het verlede jaar, in samewerking met sy gasverkopers van 2013, ’n spesiale osprojek van stapel gestuur om te bepaal hoe verskillende Bonsmara-kruisings landwyd presteer en met suiwer Bonsmaratollies vergelyk. Die projek het in een van die droogste jare in meer as 30 jaar afgeskop met die toetsdiere wat gedurende Julie en Augustus 2013 aangekoop is. Die enigste vereistes vir die aankope was dat dit nageslag moes wees van diere wat aangekoop is op Hartebeestloop- veilings.

Die volgende raskruisings is vir die projek gebruik:

  • Bonsmara x Santa Gertrudis
  • Limousin x Bonsmara
  • Simmentaler x Bonsmara
  • Bonsmara x Brahman/ Simmentaler
  • Suiwer Bonsmara


Om die volledige artikel te lees wat in die Agriforum (Augustus 2014) verskyn het, volg asseblief die volgende skakel: Hartebeestloop OSPROJEK 2014, wat as 'n aflaaibare pdf te lese is (917 Kb).

Comments:

{ comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap