Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2014:
Bonsmara en Simmentaler Bulle
G8 veiling, 7 Oktober, 17H00
Date:
October 2014

HART 11-0345
HART 11-0345

Hartebeestloop nooi alle belangstellendes uit na die nuwe G8 VEILING. Dit is die eerste jaar wat hierdie veiling gehou word, en geskiedenis is besig om gemaak te word! 8 Telers kom saam en kwaliteit bulle gaan aangebied word.

Die veiling word gehou op 7 Oktober om 17H00 in die Agra Ring, Windhoek. Moet nie die spog geleentheid mis nie!

Jy word hartlik uitgenooi na die G8 Bonsmara veiling op Dinsdag, 7 Oktober om 17h00 by die Agra/Bank Windhoek Ring in Windhoek. Daar is 8 Bonsmara telers en 1 Simmentaler teler wat hulle beste bulle bring! Sien gerus die plakkaat effens verder af vir meer inligting rakende die telers. Meer as 50 bulle is beskikbaar om van uit te kies – en hulle kom van orals in Namibië.

Streng keuring en veilingsvereistes maak dat dit ‘n lae risiko veiling vir die koper is. Meer as 50 Bonsmara kommersiële vroulike diere in verskillende produksie stadiums word aangebied. Die eerste 200 km van aflewering op deelvragte is gratis!

Kontak gerus Japie Bestebreurtjie (0812360880) of Kiep Lepen (0811240648) indien daar enige navrae is.

Kyk gerus na ons pragtige poster wat meer inligting rakende die veiling verskaf, asook 'n flyer vanaf Voigtland Simmentalers (Stephan Voigts).



Voigtland Simmentalers:

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap