Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Auction 2017
Date:
June 2017


Make sure you attend the G8 Auction on 31 August (Windhoek Agra Ring) this year!

We will keep you posted with much more information soon.

Hope to see you there!

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2014:
Veilingsbulle se moeders
Date:
May 2014
Hoekom is so baie geskryf in die Nuusbrief oor die veilingsbulle se moeders?

Hoekom so baie geskryf in die Nuusbrief oor die veilingsbulle se moeders?

Ons aandag is primêr gefokus op die konstante verbetering van die Hartebeestloop koeikudde. Die grootste deel van die beeswerk op Hartebeestloop is gerig op die prestasietoetsing en seleksie van die koeikudde. Bo en behalwe die normale prestasietoetsing wat deur die Bonsmara Genootskap voorgeskryf word, doen ons nog pelvismetings, ultrasoniese skandering en nie-amptelike “Hartebeestloop-spesifieke” groeitoets van die verse. Die koeikudde word elke 6 maande na die dragtighede gedoen is, aan ‘n seleksieproses onderwerp. Ons het 2 dekseisoene.

Baie dankie aan almal wat komplimente gestuur het oor die prestasies van die koeie asook die persone wat navrae gestuur het oor die uitgebreide beskrywings van elke bul se moeder in die Nuusbrief.

Om die rol van die koeie in die Nuusbrief in perspektief te bring, noem ek die onderstaande:

  1. In 2013 is Hartebeestloop die wenner in die Kategorie: Buite Suid-Afrika: LNR/Farmers Weekly Kudde van die Jaar kompetisie
  2. In 2013 ontvang ons ‘n Elite Platinum Toekenning van SA Stamboek met die Hartebeestloop kudde onder die 10 beste Kuddes van die Jaar volgens SA Stamboek vereistes.
  3. In 2013 word Hartebeestloop kudde aangewys as die Bonsmara wenner van die Breedplan/Landbou Weekblad Koeigroep van die Jaar.
  4. In 2014 ontvang Hartebeestloop weer ‘n Elite Platinum toekenning van SA Stamboek met die kudde onder die 10 beste Kuddes van die Jaar volgens SA Stamboek vereistes.

Die bul se bydrae is reusagtig

Ons verstaan dat ‘n bul se bydrae tot die kudde baie groot is – dat dit die grootste bydrae maak tot die kudde. Ons verstaan nog beter dat die koei 50% bydra tot haar kalf. Dit is so dat genetiese vordering vinniger kom met die aanwending van beter bulle eerder as om swak presterende koeie uit te skot. Ons verstaan baie goed dat genetiese vordering nòg vinniger kom as beter bulle gebruik word èn swak presterende koeie uitgeskot word. Dit is nie die een of die ander nie – gebruik beide metodes om genetiese vordering te maak.

Terug na die koeie – Hartebeestloop het in 2014, 38 Elite toekenningskoeie op rekord by SA Stamboek. Daar is 22 Elite Goud, 9 Elite Silwer en 7 Elite Brons koeie. Dit is ‘n aanduiding van hoe ernstig ons is om die kwaliteit van die koeikudde konstant te verbeter.

Individuele koeie word uitgesonder

In kort, op Hartebeestloop maak ons net soveel moeite met individuele koeie as wat ons sal doen met enige veilingsbul, gebruiksbul of met die aankoop van ‘n nuwe bul.

Ons glo in die volgende:

  • “A great Sire, has a great Dam”.
  • Vrugbare en hoë reproduksievermoë koeie is finansieël koning.
  • ‘n Top bul teel niks uit swak koeie.
  • Top koeie “verdoesel” die enkele swak eienskappe van jou top bul – geen bul is perfek nie.
  • Goeie bulle kom uit winsgewende koeikuddes.
  • Goeie bulle kom uit koeie wat op natuurlike en ekstensiewe toestande presteer.
  • Koeikudde prestasie as geheel is net so belangrik soos die bulmoeder se eie prestasie.
  • Veilingsvereistes moet die bulmoeders penaliseer op vrugbaarheid en reproduksievermoë. Op Hartebeestloop veiling word geen bul aangebied as die Reproduksie Indeks van die ma onder 90 is en haar tussenkalfperiode langer as 450 dae is nie.

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap