Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
MEN AT WORK!
Who could it be now?
Date:
October 2017


And “Who could it be now”? None other than a beautiful broad Bonsmara bull, that made the selection to be used in the stud. Is the tune from the band "Men at work" also in your head now? :)

This "working man" has 45 super-low-maintenance cows now, in a 400 hectare camp in the Namibian Kalahari. All of them bred from grain-free, grass developed cows and bulls – and we continue with the winning recipe! In April 2018 - with hopefully more rain - he will get 55+ cows.

Just shows you, grass developed bulls can also be broad, thick-set and easy fleshing
– and the best part is that they maintain condition, even in the Kalahari.

What do we expect from HIM?

  • a 100 calves per year over 2 breeding seasons!


  • What do we expect from his bull calves?

  • EXACTLY THE SAME!




  • Comments:

    { 0 comments… read them below or add one }
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login here
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Back to Top

    News Article selected in the Archive of 2014:
    Vrugbaarheid van jou nuwe bul is ons besigheid!
    Date:
    April 2014

    This article will be available in English soon.
    Dink ons genoeg oor die vrugbaarheid van ons bulle? En kyk ons met ‘n fyn oog na die besettingsyfers wat verkry word van die bulle?

    Daar word baie geskryf en gesê oor die invloed wat ‘n hoë energie dieët het op vrugbaarheid. Ek wil nie veel daaroor sê nie – daar is genoeg leesstof oor die onderwerp! Wat ek wel wil uitwys en iets wat ek in die jaar weer gesien het, is dat die Hartebeestloop bulle wat uitsluitlik op die veld uitgroei en ook op die veld afgerond word vir die veiling, baie hoë suksessyfers het met vrugbaarheidstoetse.

    Gedurende 2014 het ons 106 bulle laat toets deur die veearts en slegs 2 verloor op vrugbaarheid. Dit is ‘n uitstekende prestasie waar mens 98.1% van jou bulle behou agv hulle vrugbaarheid. Ons is baie tevrede!

    Die prestasie is sekerlik nie net aan voeding toe te skryf nie maar is ook ‘n indikasie van die vrugbaarheidstatus in die kudde.

    Maar is dit al wat gedoen word voor die veiling om te verseker dat jy ‘n hoog vrugbare bul kry?

    Nee, die vrugbaarheidstoetse het slegs die onvrugbare (infertiele of steriele) bulle uitgewys. Dit is die maklike gedeelte. Die moeiliker gedeelte is om die laag vrugbare bulle te probeer identifiseer en ook uit te haal.

    Hartebeestloop bulkopers word aanbeveel om ‘n bul by 35 - 40 koeie te sit. ‘n Hoog vrugbare bul behoort 80% - 90% van die koeie te dek en dragtig te kry binne die eerste 21 dae van die siklus onder optimale toestande. Met lae vrugbare bulle kan die besettingsyfer daal tot 60% -70% gedurende die eerste 21 dae siklus. Ons moet dus die laag vrugbare (sub-fertiele) bulle probeer identifiseer want hulle verlaag die wins vir die boer weens:

    1. Verlaagde besetting
    2. Verleng die kalfseisoen
    3. Verminder speengewig weens die kalf wat laat gebore word in die kalfseisoen
    4. Verhoogte insidensie waar vroulike diere onregverdiglik uitgeskot word

    So identifiseer ons hulle:

    Daar is 2 metodes wat ons gebruik om laag vrugbare bulle te probeer identifiseer:

    1. Aanbeveling van die veearts na kliniese ondersoek van geslagsdele, asook laboratorium toetse om grensgevalle te identifiseer
    2. Hartebeestloop-ondersoek gebaseer op eie kennis en ondervinding

    Bulle met hoë libido - roei en stoei!
    Bulle met hoë libido - roei en stoei!

    “BREEDING SOUNDNESS”

    Hartebeestloop Bonsmaras volg ook ‘n stelsel van evaluasie vir “Breeding Soundness”. Dit is deel van die Bonsmara sisteem waar die bul in sy geheel evalueer word. Dit sluit alles in van kop tot kloue. Dit is nie die doel van die artikel om “Breeding Soundness” te bespreek nie – die Bonsmara stelsel maak daarvoor voorsiening en alle bulle word daarvoor evalueer.

    Dekbehendigheid by jong bulle kan ook nie deur die telers bevestig word nie. Die nuwe eienaar moet dit self evalueer wanneer die bul tussen die koeie gesit word.

    Ek gaan nie die vorm en grootte van die testikels en skrotum bespreek nie. Die Bonsmara het streng en uitstekende minimum rasstandaarde waaraan bulle moet voldoen. Dit word verder versterk deur die kliniese ondersoek van die geslagsorgane deur die veearts.

    MAAR HIEROP IS ONS BAIE STRENG!

    Ons kyk baie streng na die volgende voordat die bul op die veiling kom al het die bul ook die minimum vrugbaarheid standaard behaal soos bepaal deur die veearts:

    1. SKROTUM
      • Hare op skrotum:
        Die funksies van die skrotum is om die testikels te bedek, te ondersteun (sak waarin dit hang) en te beskerm. Verder is die skrotum en spiere verantwoordelik om die testikels in so ‘n posisie te hou dat temperatuur geskik is vir spermselvorming.

        Die skrotum mag net kort, dun en fyn haartjies vertoon. Langer, dikker en digte hare beinvloed die temperatuur regulering deur die testikels warm hou. Amper soos om ‘n trui aan te hê. Die warmer temperature verhoed optimale spermselvorming en lei tot laag vrugbare bulle. In die subtropiese, ekstensiewe omgewings is die temperature hoog tydens die somer dekseisoen en enige afwyking wat neig om temperatuur te verhoog, verhoog die moontlikheid van laag vrugbare bulle. Ons was baie streng op enige haarbedekkking van die skrotum by die veilingsbulle. Skrotums is oor die algemeen baie glad en vry van enige hare.
      • Hare op skrotum
        Hare op skrotum







      • Posisie van skrotum veral as dit te laag hang:

        Spermselle kan net geproduseer word teen die regte temperatuur. Wanneer die temperatuur te warm of te koud is, vind hierdie proses nie plaas nie. Die kremasterspiere is verantwoordelik om die skrotum tydens koue nader aan die liggaam te beweeg om die temperatuur te verhoog.

        Met ‘n skrotum wat te laag hang, is daar alreeds indikasie van verslapte kremaster spiere. Die spiere trek dan ook nie die skrotum hoog genoeg op om die temperatuur te reguleer nie. Bulle met twyfelagtige tonus van kremaster spiere en skrotums wat te laag hang, is uit gehaal uit die veilingsgroep - alhoewel hulle vrugbaar getoets is deur die veearts. Ons het ook gevind dat hierdie toestand by bulle vererger met ouderdom en dat die skrotum nog laer hang by ouer bulle. Behalwe vir die gebrek aan temperatuur regulering, is hierdie skrotums ook onderhewig aan maklike beserings.

        Ons wil bulle teel en verkoop wat lank hou in die veld en maksimum kalwers gee oor ‘n lang tydperk. Dit is waar die boer sy wins maak uit bulaankope – maksimum kalwers jaarliks oor ‘n baie lang tydperk. Bulle wat dus enige toestand wys wat in die langtermyn sy primêre funksie om kalwers te verwek, beinvloed – word uitgeskot.

      Bul stoei met miershoop
      Bul stoei met miershoop

    2. KOP EN HAARBEDEKKING
      • Kaal kolle op voorkop:
        Dit is algemene praktyk om bulle in groepe te laat loop totdat hulle ordentlik uitgegroei is. Net so is dit ook algemeen om die veilingsbulle op te deel in groepe. Tesame met die beeswagters, hou ons die bulle se gedrag goed dop. Bulle wat gereeld stoei, koppe stamp en raas is gewoonlik hoog vrugbare bulle met baie libido (sien ook die foto heel bo aan artikel waar die bulle stoei). Hulle stoei met die miershope, gooi sand, druk teen die kameeldoringbome en ploeg klein bossies uit. Hulle vertoon tipies kaal kolle op die voorkop. Kyk maar hoe van die ander bulle vir hulle plek maak by die waterkrip!
      • Krulhare op kop, voorkop en nek:
        Ons soek growwe hare op die kop, voorkop en nek van die bul. Die hare moet gekrul wees en nie soos ‘n kuif hang nie. Ouer en hoog vrugbare bulle se kop en nekarea hare sal selfs meer dig en gekrul wees. Daar is streng geselekteer teen bulle met dun nekke asook koppe en voorkoppe met fyn en reguit haartjies. Ons het gevind dat haarstruktuur op die kop, voorkop en nekareas ‘n baie goeie indikasie van vrugbaarheid is. Dit is baie keer die weggee eienskap tussen hoog en laag vrugbare bulle.
      • Gekrulde en growwe hare
        Gekrulde en growwe hare

        Bul met kop wat laag hang
        Bul met kop wat laag hang

      • Posisie van die kop:
        Daar is baie te lees in die manier waarop ‘n bul sy kop dra. Bulle wat hulle koppe hoog dra, fiere houding met wakker oë vertoon, is gewoonlik die bulle met goeie libido en hoë vrugbaarheid. Net so, het ons gevind dat bulle wat se koppe laag hang en nie ‘n fier houding het nie, laag in libido en vrugbaarheid is. Dit lyk altyd asof hierdie bulle nie op die uitkyk is vir koeie wat op hitte kom nie. Hulle is ook nie bereid om gesag af te dwing in meerbulparings nie. Daar is bulle wat in 2014 vrugbaar getoets is deur die veearts maar weens die kop posisies nie oorweeg is vir die veiling nie.

        Let wel: Libido is nie dieselfde as vrugbaarheid nie. Daar is bulle wat goeie vrugbaarheidsresultate behaal het tydens die veearts ondersoek maar, min libido wys en ook andersom. Jy soek die kombinasie van goeie libido en hoë vrugbaarheid in bulle. Daar is wel aanduidings dat libido oorerflik is. Deur bulle met goeie libido uit te kies vir die veiling, hoop ons om ook by te dra tot verhoogde libido in ander kuddes.

    3. HAARKWALITEIT OP DIE STERT:
      Die hare op die stert van ‘n vrugbare bul sal growwer wees as op die res van die agterkwart en sal lyk soos die hare op die nek en kop. Die stertkwas het ook growwe, meestal gekrulde en digte hare wat welig groei. ‘n Breë, welige stertkwas met lang hare wat amper op die grond hang, is ‘n indikasie van goeie vrugbaarheid en ook goeie aanpassing.
    4. Growwe haar op die stert
      Growwe haar op die stert

      Sterk oogbanke met kaal kolle op voorkop
      Sterk oogbanke met kaal kolle op voorkop

    5. OOGBANKE:
      Goed ontwikkelde oogbanke is meer ‘n goeie aanpasbaarheidseienskap, eerder as wat dit ‘n sekondêre manlikheidseienskap is. Ons diskrimineer nie in seleksie vir verhoogde vrugbaarheid teen bulle wat se oë “effens oop” is nie – betekende waar die oogbanke nie goed ontwikkel is nie. Op Hartebeestloop is die gevoel egter dat bulle met goeie oogbanke ook goeie “werkers” is – hulle voorkoppe is gewoonlik ook redelik kaal van die voortdurende gestoei. Sterk oogbanke word gewoonlik in samewerking met ander sekondêre manlikheidseienskappe evalueer om hoog vrugbare bulle met goeie libido te kies. Sterk oogbanke is ook ‘n teken van geslagsegtheid en karakter.

    6. VERHOUDING VAN BOONSTE GEDEELTE van die BLAD tot die KAMBENE:
      Die boonste gedeelte van die blad (skapula been) van die bul moet los en beweeglik wees. Dit moet marginaal bo die ruggraat (kambene) roteer tydens beweging. Wanneer die bul staan en die ruggraat steek uit bokant die boonste gedeelte van die bladbeen, is dit ‘n goeie indikasie van ‘n laag vrugbare bul. Dit wys op die wanverhouding in balans tussen groeihormone en geslagshormone. Ons gebruik baie keer ‘n liniaal om oor die boonste gedeeltes van die bladbene te sit wanneer die bul staan. As die liniaal die 2 boonste knoppe en ruggraat gelyktydig raak in die staande posisie, weet ons dat die bul vrugbaarheidseienskappe wys. Daar word ook moeite gedoen om te kyk na die vorm en inklinasie van die bladbene. In laag vrugbare bulle is dit swaar, langer en inklineerd na agter. Bogenoemde 2 strukturele eienskappe word gebruik om tussen laag vrugbare en hoog vrugbare bulle te onderskei.
    7. Hartebeestloop veilingsbulle is op die veld afgerond sonder mieliemeel en ander graan produkte
      Hartebeestloop veilingsbulle is op die veld afgerond sonder mieliemeel en ander graan produkte

    8. VOEDING EN FIKSHEID:
      Ek het hierdie punte tot laaste gelos. Die bulle kan hoog gepunt wees op al bogenoemde punte vir libido en vrugbaarheid – as hy egter oorvet gevoer is, bring dit ‘n nuwe stel probleme na vore. Hy is lui, beweeg moeilik, sukkel baie met aanpassing op die nuwe “graanvrye” plaas, sukkel om temperatuur te beheer vir spermselvorming weens die vetaanpakking in die skrotum nek en kan vir die eerste 3 maande geklassifiseer word as ‘n “laag vrugbare” bul. Die wetenskap is nie duidelik of daar permanente skade aangerig word met oorvoer van bulle nie en of die toestand omkeerbaar is nie. Tans is daar aanduidings dat diere, soos mense, ander siektetoestande ontwikkel weens die oormaat vet wat nie noodwendig net met spermselvorming te doen het nie.

      Hartebeestloop veilingsbulle is op die veld afgerond sonder mieliemeel en ander graan produkte. Die kondisieteling van die bulle sal 3,5 wees met enkele uitsonderings . Van die vroegryp bulle met hoë vroeë vetneerlegging Teelwaarde Indekse mag ‘n kondisietelling van 4 wees. Ons ondervinding is dat die koper ‘n bul soek wat dadelik gereed is vir die dekseisoen. Bulle kan tot 150 kg verloor in die dekseisoen tussen 35 – 40 koeie in groot kampe onder ekstensiewe toetande.

      Fikse bulle in kondisietelling van 3,5 tot maksimum 4 kan bogenoemde maklik hanteer en het genoeg reserwes om optimale spermselvorming te handhaaf tydens ‘n dekseisoen van 60 tot 90 dae.

    Bul met goeie libido en vol vertoon
    Bul met goeie libido en vol vertoon

    Hartebeestloop Veiling en Boeredag

    Ons nooi almal hartlik uit na ons Veiling op die plaas (Donderdag 22 Mei, 11H00) asook ons Boeredag op Woensdag 21 Mei, 08h30.

    Comments:

    { 4 comments… read them below or add one }
    Frederico from Namibia - April 14, 2014, 8:57 am
    Dankie Joggie...Weereens interesante verwantskappe. Hierdie webwerf is n tuiste vir baie kennis dankie dat julle dit graag deel. Dit sal werklik ons ras ver laat vorder.
    Reply
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login below
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Joggie Briedenhann from Namibia - April 18, 2014, 10:25 am
    Beste Frederico Bly jy vind die webtuiste en inhoud leersaam. Dit is wat ons graag wil bereik. Laat weet gerus as daar onderwerpe is waarvan jy meer wil weet. Daar is ook baie kundigheid daar buite wat kan en sal reageer op forum navrae. Goeie Paasnaweek en groete. Joggie Briedenhann
    Reply
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login below
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Harry Erasmus from Namibia - April 14, 2014, 9:55 pm
    Joggie ek leer aanmekaar! Dankie vir die interesante inligting. Groete Harry
    Reply
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login below
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Joggie Briedenhann from Namibia - April 26, 2014, 8:16 pm
    Harry - nadat ek jou kwaliteit kommersiele bees gesien het op Donderdag, weet ek nie of jy baie by ons gaan leer nie. Die Bonsmara sal baie baat by jou opteelprojek. Die Bonsmara moet ten alle koste die Hulp Stamboek oophou om die genetiese variasie in die ras te bevorder. Grte
    Reply
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login below
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login here
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Back to Top

    Archive 2017
    Archive 2016
    Archive 2015
    Archive 2014
    Archive 2013
    Archive 2012
    Archive 2011
    Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap