Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Veiling 2018
30 Augustus 11H30
Date:
August 2018


Dis weer G8 veiling tyd!

Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.

Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.

Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.

Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.

Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.


HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2014:
Bonsmara Inligtingsdae
Information Days
10 FEB. & 17 FEB. 2014
Date:
January 2014

Jump start to the English version

Hartebeestloop & EMOK Bonsmaras bied elk ‘n Inligtingsdag aan vroeg in 2014. Die datums is op 10 en 17 Februarie onderskeidelik.

Bonsmara telers besef die waarde wat toegevoeg word tot die beesvleisindustrie, deur persone wat direk met die boer en beeste werk. Dit is belangrik dat sulke persone toegerus word met die nodige kennis oor die ras en ook weet watter groot rol die Bonsmara speel in die Namibiese beesbedryf. Bonsmara telers wil ook graag die ras verder verbeter en is afhanklik van julle terugvoer en voorstelle om dit reg te kry! Ons het dit goed gedink om 2 Bonsmara inligtingsdae aan te bied - een op Hartebeestloop en die ander op Maitland (EMOK).

Daar is ‘n propvol program op beide Hartebeestloop en EMOK Bonsmaras Inligtingsdae wat deur verskeie kenners in die bedryf aangebied word. Doen moeite en woon die dae by, kuier lekker, eet lekker en leer meer oor die Bonsmara en beeste in die algemeen. Alles is gratis – laat weet asseblief net in tyd as jy dit gaan meemaak, sodat ons kan weet vir hoeveel mense gereed gemaak moet word.

Onthou, almal is welkom!

Hier volg die Program vir beide dae

  • 10 Februarie op HARTEBEESTLOOP
  • 17 Februarie op Maitland (EMOK)

BONSMARA INLIGTINGSDAE PROGRAM (HARTEBEESTLOOP EN EMOK)

09h00:

Verwelkoming/Koffie en beskuit

09h10:

Ontstaan van ras en vordering tot nou

09h30:

Prestasietoetsing as basis van die Bonsmara

10h00:

Bonsmara in speenkalf produksie

10h30:

Koffie/Tee

11h00:

Bonsmara in osproduksie stelsel

11h30:

Bonsmara vervangingsverse

12h30:

Bonsmara in kruisteling

13h00 tot 14h30:

MIDDAGETE

14h30:

Prakties in die kraal met vrae en antwoorde

15h50:

Afsluiting

16h00:

Almal op pad huis toe


Hoop ons sien jou daar!


BONSMARA INFORMATION DAYS - 10 & 17 FEBRUARY 2014

Hartebeestlooop and EMOK Bonsmaras both host an information seminar early in 2014. The dates are the 10th and 17th February respectively.

Bonsmara breeders are well aware of the importance to the beef industry that is provided from people that work directly with the cattle and the breeder. As a result it is crucial that these people are up to date with the Bonsmara breed and understand the role that Bonsmaras play in Namibia’s beef industry. Also, the Bonsmara breeders are continually focusing their efforts on improving the breed and thus have a keen ear for any feedback and suggestions that others can offer. To conclude, we believe the two information days offered, on Hartebeestloop and EMOK Bonsmaras, will provide a platform for this interaction to take place.

An abundance of programs will be hosted at these two information days and we strongly recommend that you try and attend one of these 2 days. These programs will be offered at no cost and guests will be properly entertained. We would like to ask all our guests to please let us know if they would like to attend as we would like to make the necessary catering provisions.

Everybody is welcome!

program for both days

Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap