Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
G8 Auction 2017
Date:
June 2017


Make sure you attend the G8 Auction on 31 August (Windhoek Agra Ring) this year!

We will keep you posted with much more information soon.

Hope to see you there!

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2013:
Nomtsas Veiling 2013
Date:
September 2013

NUUT: Sien die Hartebeestloop veiling pamflet met BOERE KATALOGUS waardes vir die 2 bulle wat ons vat na Nomtsas op 18 September (401 Kb) - kliek hierdie skakel.
Hartebeestloop Bonsmaras is al weer op pad na die volgende veiling, naamlik Nomtsas, op 18 September om 10h00 op die plaas Nomtsas. Ons vat 2 uitstekende bulle na die Weste.

Lees gerus meer oor

deur op die onderskeie skakels te druk.

HOCHLAND BONSMARAS
Hans Deloch van Hochland Bonsmaras bring ook 2 uitstekende bulle na die Nomtsas veiling op 18 September 2013.

Ons het die bulbeskrywings van hierdie 2 bulle opgesit en kliek gerus hier en hier vir die volledige beskrywing.

Hans kan gerus gekontak word indien daar enige navrae is. Sy kontakbesonderhede is as volg:

  • Selfoon: 0813248150
  • Huisfoon na-ure: 06123569 of 061231200
  • e-pos adres: oryxhunt@iway.na

Goeie redes om nou jou bul te koop op die Nomtsas Veiling

  1. Die winterdekseisoen is byna oor en daar is oorgenoeg tyd vir die bul om aan te pas op jou plaas tot die somerdekseisoen. Hy sal dan 100% reg wees en jy kan hom druk met 'n groot klomp koeie!
  2. Die Nomtsas veilingsbulle kom uit 'n winter voedingsprogram met slegs strategiese lekaanvulling en behoort baie maklik die skuif na enige gedeelte te hanteer, selfs na die westelike gedeeltes van Namibië. Skakel hulle dadelik in jou plaasprogram in en jy behoort nie verbaas te wees as hulle baie beter aan die anderkant uitkom nie.
  3. Die land is droër as normaal en bulpryse is laer. Nou is 'n uitstekende geleentheid om baie goeie bulle aan te skaf in 'n kopersmark. As jy 'n bul benodig vir die nabye toekoms, maak gebruik van die Nomtsas veiling!
  4. Ons bring die bulle tot op jou voorstoep en lewer gratis af.
  5. Die bulle is jonk (2 jaar 4 maande) en het stadig op natuurlike veld uitgegroei op Dassiesfontein (Mariental). Hulle ken die harde wêreld en is prestasiegetoets onder moeilike omstandighede wat soortgelyk aan jou plaas is. Hulle behoort langer te hou en meer koeie dek as enige ander bul wat in makliker omstandighede uitgegroei het.
  6. Die twee bulle wat ons aanbied op Nomtsas is twee besonderse harde bulle. Hulle het ’n effense kleiner raam, maar is steeds goed bespierd. Ons het hulle uitgekies om goed te doen in die droë, harde westelike gedeelte van die land.
  7. Dit is vir ons belangrik dat ons bulle goeie dogters teel wat sal goed doen in die westelike areas. Beide bulle se moeders is ’n effe kleiner tipe met fantastiese reproduksie. Dit maak ons trots om met sulke koeie te boer! HART 11-171 se moeder het ’n OEK van 23 maande en ’n gemiddelde TKP van 361 dae oor 4 kalwers terwyl HART 11-140 se moer spog met ’n OEK van 30 maande met ’n gemiddelkde TKP van 344 dae oor 5 kalwers. Dit is voorwaar super koeie!
  8. Die ekonomiese belangrike eienskappe vir optimum prestasie vir die westelike gedeelte van Namibië, is ingeteel en nie in gevoer nie. Ons weet baie goed waaraan 'n bul moet voldoen vir die weste!

Visuele kenmerke van die 2 bulle

Ondervinding opgedoen in die westelike gedeelte van Namibië maak dat spesifieke eienskappe meer beklemtoon word as ander in die uitkies van die Nomtsas veilingsbulle.

Visuele vereistes beklemtoon in die uitkies van die Hartebeestloop bulle:

  1. Goeie loopvermoë van diere in die weste is een van die heel belangrikste ekonomiese oorwegings.
    • Goeie diepte van hiel met goedgevormde kloue
    • Sterk bene met goeie breedte oor die hakke
    • Sterk toplyn met goeie kruishelling
    • Goeie bespiering wat die skeletale raamwerk ondersteun tydens beweging
  2. "Right size, right type" * vir die weste. (*aanhaling Redgate Bonsmaras, Neil Rissik)
  3. Mediumraam met genoegsame bespiering, lengte, breedte en kapasiteit Uitstekende vleiseienskappe met goeie karkasopbrengs
  4. "All Purpose" bulle wat in alle produksiestelsels optimaal gebruik kan word afhangende van die weidingstoestande en markaanvraag
  5. Daar is streng geselekteer vir besondere goeie aanpasbaarheidseienskappe. Ons ken die harde vereistes wat die area aan diere stel. Jonger bulle is gekies wat aanpassing maklik sal maak.
  6. Manlike bulle met goeie libido en sterk sekondêre geslagsontwikkelingseienskappe.

Nomtsas Bul Data

  • Kalfgemakbulle ("All Rounders") wat op verse en koeie gebruik kan word
  • Goeie voorspeense groei BLUP teelwaardes vir speenkalfproduksie
  • Goeie naspeense groei BLUP teelwaardes vir osproduksie
  • Mediumraam tipe met BLUP teelwaardes vir Volwasse Gewig en Skouerhoogte onder rasgemiddelde BLUP teelwaarde
  • Gemiddelde daaglikse gewigstoename tydens die groeitoets bo die groepsgemiddeld en bo 750 gram/dag
  • Veldvoeromsetvermoë (Kleiberindeks) bo die groepsgemiddeld
  • Hoogte/lengte verhouding ver bo rasgemiddeld van 1:16 - lang bulle met baie vleis
  • Pelvisindekse bo 100
  • Suidelike Afrika Veldbultoets Ekonomiese Indekse bo 100
  • Bulmoeders se interkalfperiode onder 365 dae
  • Bulmoeders se Reproduksie Indekse bo 100
  • 100% Stoetgoedkeuring van alle kalwers aangebied vir beide bulmoeders
  • Bulmoeders speen hulle kalwers gemiddeld swaarder as 230 kg
  • Comments:

    { 0 comments… read them below or add one }
    Leave a comment:
    Register here if you are new
    or
    Login here
    E-mail: 
    Password: 

    Forgot your Password?
    Back to Top

    Archive 2017
    Archive 2016
    Archive 2015
    Archive 2014
    Archive 2013
    Archive 2012
    Archive 2011
    Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap