Hartebeestloop

NEWS AND EVENTS

The latest News:
GOBABIS WORD WEER ROOI!
Date:
July 2018


Ja, ons kleur weer vir Gobabis ROOI met die Bonsmara Veiling op 9 Augustus by die Agra Veilingskrale! Ons het reeds ons veilingsbulle op die web geplaas en sien meer inligting hier!

Gobabis en omgewing is prima beeswêreld en word geken aan kwaliteit speenkalwers en osse.

Daar is sekere eienskappe wat baie belangrik is om konstant goeie beeste te teel. Dit is groeivermoë – beide voorspeense en naspeense groeivermoë, gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en die vermoë van die beeste om weiding om te sit in gewig.

As hierdie eienskappe geneties vasgeteel is in ‘n kudde, is dit permanent en teel jy konstant goeie groeiers en goeie omsetters van gras na gewig. Jou gebruiksbulle het verreweg die grootste invloed) om hierdie goeie eienskap gene vas te teel in jou kudde.

Ek het klem gelê om hierdie “game changer)” eienskappe bulle te kies vir die veiling. Die Hartebeestloop bulle is almal baie goeie groeiers en grasomsetters en sal dit permanent in jou kudde vas teel.

Genomies Verrykte Teelwaarde Indekse (GEBV’s) is tans die mees akkuraatste metode om die vermoë van bulle te bepaal om groeivermoë en voeromset oor te dra na hul nageslag. Die Hartebeestloop bulle se vermoë om die goeie eienskappe oor te dra in kuddes, is baie goed gevestig en hoogs akkuraat.

Hoop om jou te sien op 9 Augustus, 11H30, by die Gobabis Agra Veilingskrale!



Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

News Article selected in the Archive of 2013:
MEGA Bonsmara Veiling 2013
Date:
September 2013

Woensdag 18 September 2013 by Namboer Krale, Hochfeld.
Lees gerus meer oor die MEGA Bonsmara veiling deur onderstaande skakels te gebruik:

Program van die Mega Veiling

Veiling is Woensdag 18 September by Namboer krale, Hochfeld.

  • Vanaf 0900: Besigtiging van veilingsbulle
    Ons Konsultante, Kiep Lepen en Japie Bestebreurtjie, asook Sigi von Lüttwitz van Namboer is beskikbaar. Hulle ken die beeste. Bespreek met hulle u behoeftes, u kuddesamestelling en soek saam u bul uit. Die telers is ook beskikbaar om stambome, bouvorm en u bulkeuse met u deur te gaan.


  • 10h30: Kom luister na Kiep Lepen se aanbieding
    “Spesialis bulle verhoog inkomste!?
    Hoe lyk so ‘n spesialis bul?”


    Kiep is bekend vir sy praktiese lesings met waardevolle inligting. Kom woon ook hierdie lesing by en leer weer oor ou bekende eienskappe en riglyne! Kom luister hoe die aankoop van die regte bul my vinniger na my doelwit vat en hoe ek vinniger geld maak deur die regte bul te gebruik.
    Na afloop van die lesing gaan ons veilingsbulle besigtig. Waar daar behoeftes is, word bulle in die veilingsring gedemonstreer.


  • 12h30 Middagete


  • 14h00 Veiling

Lees gerus ook meer oor die vooruit goedkeuring vir finansiering beskikbaar deur FNB (319 Kb).

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2018
Archive 2017
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap