Hartebeestloop

Hartebeestloop
Auction 2011

Index    Overview    Newsletter  Auction PDF   All Auctions

Quickview | Large | Description | Descriptions All | Videos

LOT 01: HART 08-60

LOT 01:  HART 08-60

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit WAT 04–0339 en ‘n Ponk O’Kennedy (Woestyn Bonsmaras) koei NGO 02–0008. Sy het TKP van 388 dae oor 7 kalwers en 6 is al gespeen teen speenindeks van 100. Sy het 80% stoetgoedkeuring van haar kalwers. Sy is ‘n staatmaker, lae inset, Kalahari koei. WAT 04–0339 teel uitstekend op Hartebeestloop en kyk gerus na sy ander seuns op die veiling. Hy is sterk bespierd en vol vleis en dit kombineer uitstekend met van die Namibiese meer Indicus tipe Bonsmara koeie.

HART 08–60 is ‘n korter op die been, vroeg–ryp, tipe 2 bul. As jy na hom kyk, weet jy presies wat die manne bedoel met ‘n “kompakte” bul. Hy is goed bespierd, vol vleis – kyk na sy binne en buite dye, goeie kapasiteit en goeie breedte reg deur. Hy is baie goed aangepas met sterk skofontwikkeling, dik vel (18 mm), los vel met baie velvoue wat ver uitmekaar is, goeie haarkleed, sterk beenstruktuur en goeie kloue. Sy kop is sterk en manlik, oogbanke is goed ontwikkel, verdonkering is aanwesig, fris nek en baie goeie skrotum wat 38,4 cm gemeet het. Hy vertoon ‘n effe naelvel maar dit pla glad nie as jy in ag neem sy los vel en die feit dat hy nog moet uitsit soos hy ontwikkel.

Sy teelwaardes is baie goed gebalanseerd sonder enige probleem waardes. Sy voerdoeltreffendheidswaardes kon beter gewees maar neem in ag dat hy ‘n vroeg ryp bul is. Hy presteer goed op die veld met Veldbul ekonomiese indeks van 112, sy FASE D groei indekse is 109 en 110 onderskeidelik wat uitstekend is. Oogspieroppervlakte, marmering en vroeë vetneerlegging teelwaardes is almal beter as rasgemiddeld.

Jy kan gerus HART 08–60 ‘n kans gee in jou kudde. Hy is propvol potensiaal en bring die kombinasie Taurus/Indicus gene wat jou Bonsmaras heeltemal anders gaan laat lyk en presteer.

 Back to Top

LOT 02: HART 08-122

LOT 02: HART 08-122

VIDEO  /  SIRE

HART 08–122 is ‘n seun van HJS 03–16 wat kom uit RCO 98–37 van Wesson van Rensburg. RCO 98–37 is tans by Ian en Jan Lourens van Jay-El Bonsmaras, Vrede. HART 08–122 (3,12% lyngeteel) is ‘n voorbeeld waar lynteling goed gewerk het – beide die vaar en moer stam van TBR 91–704 af. HART 08–122 se moer FAN 04–80 het TKP van 397 dae oor 4 kalwers.

HART 08–122 is ‘n sterk bul wat ‘n baie goeie eerste indruk maak. Die bul het goeie diepte, kapasiteit en vertoon goeie breedte regdeur. Hy is goed bespierd, vertoon ‘n sterk toplyn, met goeie kruishelling en stertaanhegting. Sy skede/naelvel kombinasie is aanvaarbaar maar volgens Hartebeestloop standaarde sou ons dit beter wou teel. Sy skrotum is mooi gevorm, hang goed en meet 33,4cm. HART 08–122 het ‘n baie goeie haarkwaliteit met uitstekende vel. Hy is aangepas, gehard en dit wys in sy prestasiesyfers.

Beide sy Veldbul ekonomiese indeks en pelvisindeks is bo die groepsgemiddeld. Pelvisoppervlakte van 156mm² is bo die fisiese grootte van 155mm² wat ons as “teeldoelwit grootte” vir 14 mnde mediumraam verse gestel het. Hy het goed gedoen tydens FASE D groeitoets met beide GDT en Kleiber indekse bo 100. Sy teelwaardes is baie goed – baie laer as rasgemiddeld op geboortedirek en daarna beter of naby rasgemiddeld vir groeivermoë en uitstaande vir voerdoeltreffendheid. Sy skrotumteelwaarde kon beter gewees het.

HART 08–122 is ‘n “Meatco–kurweknakker” met oogspieroppervlakte, marmering en vroeë vetneerlegging almal bo rasgemiddeld. Sy uitslag% en vleisopbrengs teelwaardes is baie beter as rasgemiddeld. Hy is ‘n uitstaande vleisbees bul wat uitstekend behoort te doen in enige kudde wat primêr vleis produseer onder ekstensiewe toestande.

 Back to Top

LOT 03: KHB 04-168

LOT 03: KHB 04-168

VIDEO  /  SIRE

Dit is al tradisie dat Hartebeesloop op ‘n jaarlikse basis van ons beproefde stoetbulle beskikbaar stel aan die mark. In 2009 was dit Arcadia - genetika, 2010 was dit NOSA Bonsmaras van Jan Pienaar en vanjaar stel ons Kings Heath bulle van Johan Myburgh beskikbaar. KHB 04–168 het alreeds 75 nageslag op Hartebeestloop en daar is sekerlik nog ‘n goeie 50 op pad. Hy is op koeie en verse gebruik en die gemiddelde geboortegewig van sy 75 kalwers is 36 kg. Dit is presies waar ons dit wil hê – ons soek nie te ligte kalwers nie. Ons gebruik self ‘n uitstekende seun van hom HART 08–206 in die kudde.

KHB 04–168 teel konstant kalwers met goeie kapasiteit en genoeg bespiering. Sy kalwers is diep met goeie lengte en sterk toplyne. Hy teel baie goeie, gladde en welgevormde skrotums en skoon onderlyne met geen skede en naelvel probleme. Sy kloue het uitstekend gehou in die sand – selfs toe hy baie gewig opgetel het in die goeie reënjare. Hy teel sterk kote en kloue. Die bul het ons nooit in die steek gelaat nie en dragtigheidspersentasies op sy koeitroppe was altyd van die beste op Hartebeestloop. Hy self is lig van kleur en teel omtrent helfte van kalwers wat lig soos hy is en die ander helfte donkerder. Op Hartebeestloop maak ons geen onderskeid tussen ligte en donker Bonsmara kalwers – die son selekteer soos die diere ouer word en in produksie kom. Ons is baie beindruk met sy verskalwers – hy teel baie mooi vroulike diere. 70% van sy verse en 67% van sy bulkalwers aangebied vir keuring is stoet goedgekeur.

KHB 04–168 is “onverwant” aan meeste bestaande Namibiese genetika. Jong stoettelers wat vinniger op die pad wil kom, kan gerus na hierdie beproefde bul kyk. Ouer telers kan van die geleentheid gebruik maak om ‘n beproefde bul in die kudde te bring vir genetiese variasie. Kommersiële telers wat beplan om stoetteling te betree, kan nou al aan hulle kuddes begin werk met hierdie bul. Ons vertrou dat hy na ‘n kudde sal gaan wat hom tot sy volle stoetpotensiaal sal gebruik.

 Back to Top

LOT 04: HART 08-62

LOT 04: HART 08-62

VIDEO  /  SIRE

Sy vaar is AG 01–152 wat sekerlik beskou kan word as die teelbul waarmee ons die meeste sukses op Hartebeestloop gehad het. HART 08–62 kom uit ‘n lang lyn van “All Rounder” bulle wat suksesvol op jong verse gebruik kan word. HART 08–62 se groeivermoë is egter so goed dat hy ook baie goed op koeie sal doen. Hierdie lyn van “All Rounder” bulle is die topverkopers op die Hartebeesloop veilings. Nageslag van AG 01–152 doen uitstekend oor die hele Namibië. Hy is nou gepaar met die Hartebeestloop “Royal Family” koeie – die heel beste van die beste. Ons het weereens gehou by ons beproefde resep om goeie groei met ‘n lae inset koei te kombineer in die teling van HART 08–62. Lot 4 is onverwant aan die bekende AG 98 – 338–lyn wat sterk gebruik word op Hartebeestloop HART 08–62 is baie lig op geboorte met sy teelwaarde ver onder die rasgemiddeld. Daarna groei hy goed en sy GDT en voeromsetverhouding is stukke beter as die rasgemiddeld. Hy het ‘n uitstaande hoogte/lengte verhouding van 1:22. Ekstra gewig lê in ekstra lengte! Hy doen uitstekend in die Veldbultoets met ‘n ekonomiese indeks van 106. HART 08–62 se pelvisindeks is 111 – van die heel hoogste in die groep. Nieteenstaande sy lae volwasse gewig teelwaarde en normale skouerhoogte teelwaarde is sy gemete pelvisarea 178,8 mm². Sy halfsusters is meestal top, vroegryp verse met groot pelvismates wat almal die eerste keer sonder probleme kalf op 26 maande. Almal soek medium raam “groot pelvis” bulle! Sy eienskappe wat karkaskwaliteit, vleisopbrengs en vleiskwaliteit onderskryf, is van die beste.

HART 08–62 is ‘n potensiële stoetbul en telers moet probeer om hierdie bloedlyn te vestig in hulle kuddes. Lae geboortegewig, goeie groei met uitstekende doeltreffendheidseienskappe en ‘n erfdwang wat jy net in boeke van lees. HART 08–62 is tans die “Benchmark” van bulteling op Hartebeestloop – ons meet bulle teen hom! Ons bied hierdie “diamant–bul” met trots aan!

 Back to Top

LOT 05: KHB 05-172

LOT 05: KHB 05-172

VIDEO  /  SIRE

Hierdie is een van die beproefde stoetbulle wat ons aanbied. Daar is alreeds 45 van sy nageslag in die Hartebeestloop kudde en ons verwag nog ten minste 60 van sy nageslag vir die volgende 2 kalfseisoene. Daar is van sy seuns op die veiling maar die groot groepe kalwers van hom kom nou eers deur die prestasietoetsing. Met eerste indrukke lyk dit asof sy seuns baie sterk verteenwoordig gaan wees op ons 2012 veiling.

Hy is geteel deur Johan Myburgh van Kings Heath Bonsmaras. As jy na die bul en sy data kyk, sal jy dadelik weet hoekom ons hom gekoop het.KHB 05–0172 is die toonbeeld van hoe ‘n Bonsmara bul moet lyk – vanaf bouvorm en bespiering en vir die oog ook die swart pigment. Hy teel die swart pigment konstant en dit is een van sy sy sterk punte. Sy teelwaardes is baie goed en ons het hom sterk gebruik in selektiewe paring op die koeie wat goed presteer in die kudde maar, waar die teelwaardes nie so sterk is nie. Hy is ook sterk gebruik op ons ouer Bonsmara genetika waar die koeie redelik geel van kleur is, platsydig en hoog op die been is. Hy het kleur, pigment, bouvorm, gewig, lengte en vleis by die nageslag bygesit. KHB 05–0172 is tussen ons grond in die Kalahari en die ooste plaas naby Omitara gebruik en het goed en vinnig aangeWpas. Sy kalwers loop orals.

Vir stoettelers mag die wit op die onderlyn dalk pla. Omtrent 15% van sy kalwers het ook wit op die onderlyn ongeag hoe hy gepaar is. Nietemin, hy bring soveel ander uitstekende eienskappe saam wat hoog geag word in die vleisbeesindustrie dat die wit op die onderlyn van minder belang word.

KHB 05–0172 het hard gewerk en goed presteer op Hartebeestloop en ek kan hom met vrymoedigheid aanbeveel na enige stoetkudde. Jonger stoettelers asook stoetkuddes waar daar tekortkominge is wat die bul kan regstel behoort goed na die bul te kyk. Hy het nog ‘n hele paar aktiewe jare oor en kan ‘n groot rol speel in jou kudde.

Kyk na die bul in die kraal – hy is indrukwekkend.

 Back to Top

LOT 06: HART 08-37

LOT 06: HART 08-37

VIDEO  /  SIRE

HART 08–37 is ‘n voorbeeld van paring gebaseer op wetenskaplike beginsels gekombineerd met dit wat ons oë sien goed werk in die veld. Die gesegde “Great Bulls have Great Dams” is baie waar in sy geval. Sy moer BHE 00–22 het ‘n TKP van 392 dae en speen 8 kalwers teen 49,6% van haar liggaamsgewig. Sy is ‘n bulmoeder in elke opsig en haar reproduksie en produksie data klop die gemiddeld keer–op–keer. Ons verkoop ‘n uitstekende seun van haar in 2008 en weereens ‘n goue meriete seun van haar in 2009. Beide vir beter as die veilingsgemiddelde prys. Die vaar is WAT 04–339 en hy word op die veiling vertoon. Doen moeite en kyk gerus na die ander WAT 04–339 seuns op die veiling – hier is iets groots aan die kom.

HART 08–37 is aangepas vir ekstensiewe toestande en is ‘n harde bul wat selfs onder sub–optimale toestande goed presteer het. Hy is ‘n Top Presteerder tydens die groeitoets (GDT indeks 115 en Kleiber indeks 109) en sy ekonomiese veldbulindeks (112) is van die beste in die groep. Fenotipies is hy van die beste in die bedryf met uitstekende aanpassingseienskappe – dik (18 mm), beweeglike, glansende vel, vol voue met sterk bene en kloue en goeie skofontwikkeling. Sterk in die toplyn, goeie kruishelling en stertaanhegting met ‘n uitstaande kombinasie van vleis en bespiering. Hy is propvol vleis en stoetpotensiaal! Sy hoogte/lengte verhouding is 1:20 – uitsonderingsgenetika wat betref ekstra lengte maar tog balans en sterk toplyn met goeie kapasiteit. Die eerste indrukke is pure bul met sterk bek, manlike kop, verdonkering, goeie oogbanke met uitstekende skrotum – beide in vorm, posisie en grootte (40cm).

HART 08–37 is op meeste BLUP teelwaardes beter as rasgemiddeld. Doen moeite en kyk na sy waardes wat die ideale Hartebeestloop teelwaardes weerspieël – genoegsame groei, genoeg melk, baie doeltreffende omsetter van gras in vleis en uitstekende vrugbaarheid (reproduksie) teelwaardes. Sy geboortegewig pla ons glad nie as in ag geneem word die hoë reënval jaar waarin hy gebore is. Oogspieroppervlakte en vroeë vetneerlegging is ook baie positief - presies wat MEATCO soek! HART 08–37 bring onwillekeurig die woorde van Francesco Petrarch in my gedagtes op “Rarely do great beauty and great virtue dwell together”. Ons kan seker meer sulke bulle teel maar ek weet nie of ons hulle beter kan teel nie.

HART 08–37 sal ‘n impak maak op enige kudde. Op Hartebeestloop sal ons graag wil hê dat hy na ‘n ernstige stoetteler en stoetkudde gaan.

 Back to Top

LOT 07: HART 08-128

LOT 07: HART 08-128

VIDEO  /  SIRE

Sy vaar is AEJ 03–199 wat verkoop is in 2010 aan Tollie van Tonder van Komaweer Bonsmaras. Ek het hom onlangs gaan sien by Tollie en hy lyk absoluut uitstekend. Sy moer is RCO 02–49 uit die LAR 98–60/TBR 91–0704 bloedlyn. Sy het baie goed presteer in die warm Kalahari en het tans TKP van 380 dae oor 6 kalwers.

HART 08–128 is ‘n klipharde bul wat enige plek in Namibië goed gaan presteer. Hy is ‘n tipiese Hartebeestloop “no nonsense” bul wat op beide verse en koeie gebruik kan word. Hy vertoon baie mooi swart pigment met goeie vel en haar. Hy is seepglad, vol ‘happy lines”, met sterk skofontwikkeling, goeie beenstruktuur en die tipe kloue wat hou by ons. Sy sekondêre manlikheidseienskappe is ook sterk aanwesig – kop is manlik, oogbanke is goed ontwikkel, verdonkering is aanwesig en skrotum is mooi gevorm en meet 37,5cm. Sy skede/naelvel kombinasie is ook baie goed. Bespiering is goed, toplyn is sterk en daar is diepte, breedte en kapasiteit in die bul. Oogspieroppervlakte van 83 bevestig goeie bespiering van bul wat ook opmerklik is in teelwaarde van 1.02 teenoor rasgemiddeld van 0.18.

Wat ons ookal getoets het by hom, het hy goed in presteer – Veldbul ekonomiese indeks (108) en pelvisindeks (106). Sy teelwaardes is weerens baie mooi in balans – die verre meerderheid is bo rasgemiddeld met goeie groei–eienskappe en reproduksie teelwaardes wat bo rasgemiddeld is. Die bouvorm van HART 08–128 is wat ons soek vir ‘n versbul – niks skiet uit of is te knopperig nie maar net baie potensiaal waar jy kyk, weeg, meet of merk. Stoettelers moet mooi na die bul kyk en plek maak vir hom in die kudde. Ons ken hierdie bul en sy stamboom – ons verwag baie van hom en weet dat hy ‘n groot aanwins gaan wees, ongeag na watter kudde hy gaan.

 Back to Top

LOT 08: HART 08-40

LOT 08: HART 08-40

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit WAT 04–339 (Frikkie Kruger, Waterpaslaagte Bonsmaras) en BHE 04–178 wat kom uit die EI 98–80/BG 96–125 bloedlyn. Sy kalf die eerste keer op 27 mnde en het tans ‘n TKP van 383 dae oor 5 kalwers met reproduksie–indeks van 114. Haar gemiddelde speenindeks is 103 oor 4 en 3/3 kalwers is stoet goedgekeur. Hierdie kombinasie het so goed gewerk dat sy terug is by dieselfde bul. Dis ‘n spesiale koei wat so presteer in die Kalahari.

HART 08–40 maak ‘n eerste indruk wat lank by jou bly. Hy dra vleis – vol boud, goeie binne en buite dye, diepte regdeur die lyf met uitstekende lengte. Daar is oorgenoeg bespiering met sterk voorarm, vol skilpadspier en oogspierwaarde wat bo die rasgemiddeld is. Hy is aangepas vir die ekstensiewe toestande met Veldbul ekonomiese indeks van 128 – top in groep! HART 08–40 is ook ‘n Top Presteerder tydens FASE D groeitoets. Hy is pure bul met goeie verdonkering, wakker oë, sterk oogbanke en ‘n houding. Skrotum is perfek en meet 37,5 cm. Vir ons is sy sterk bene, goeie kloue met genoegsame hieldiepte van groot belang. Ons werêld is hard op bene en kloue.

Sy teelwaardes is uitstekend – met alle ekonomiese belangrike waardes op of beter as rasgemiddeld. Sy prestasie tydens die veldtoets word weerspieël deur uitstekende GDT en uitstaande voeromsetverhouding. HART 08–40 is ‘n “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word.

HART 08–40 is een van ons suksesse in teling en onverwant aan die bekende Arcadia Bonsmara bloedlyne wat ‘n integrale deel van die Hartebeestloop kudde vorm. Hy is as ‘n top bul geidentifiseer deur al die “stockmen” en is ‘n potensiële stoetbul. Stoettelers moet baie mooi na die bul kyk – hy bring gemoedsrus en die eienskappe wat bulkopers soek na die tafel.

 Back to Top

LOT 09: HART 08-43

LOT 09: HART 08-43

VIDEO  /  SIRE

HART 08–43 is ‘n AG 98–338 kleinseun wat geteel is uit AG 02–27 en NGO 04–46. NGO 04–46 is dogter van NGO 00–52, die moer van HART 08–35 wat ook op die veiling aangebied word. As ma en dogter bulle aanbied op dieselfde veiling, kan jy maar weet die koei–familie moes presteer het op Hartebeestloop. NGO 04–46 speen 4 kalwers met gemiddelde speenindeks van 99 teen 50,6% van haar eie gewig en die 2 kalwers aangebied vir stoetkeuring, word al 2 goedgekeur.

HART 08–43 is tipies van AG 98–338 nageslag – uitstaande aanpassingseienskappe met blink, dik en glansende vel, kort, hoë kwaliteit haar en goeie skofontwikkeling. Hy is een bondel manlikheid met sterk kop, breë bek en baie mooi verdonkering. Daar is baie goeie kapasiteit en diepte reg deur die bul. Deur die jare het ons opgemerk dat diere met goeie kapasiteit op Hartebeestloop konstant beter presteer as die met minder kapasiteit. Om te teel vir genoegsame kapasiteit is in ons teelbeleid ingebou. Die bul het sterk bene met goeie kloue en ‘n baie gemaklike loopgang. Sy skrotum se posisie, vorm en grootte (35cm) is ook baie goed – nieteenstaande sy skrotumteelwaarde wat onder die rasgemiddeld is. Ek sou graag sy naelvel beter wou gehad het.

HART 08–43 is ‘n tipiese Hartebeestloop “All Rounder” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Sy pelvisindeks van 120 vir ‘n medium raam bul is van die beste in sy groep. Daar is groot erfdwang in die familielyn en dit wat jy meet, weeg en sien, gaan jy teel. Sy teelwaardes is effens aan die lae kant maar dit word nie weerspieël in die bul wat jy sien staan in die kraal nie. Soos sy verwantes deurkom met prestasietoetsing, weet ons dat die teelwaardes net gaan verbeter.

HART 08–43 is ‘n bul wat orals en onder alle omgewingstoestande gaan presteer. Soos die spreekwoord lui “Put your money where your mouth is” en dit is presies wat ons sal doen op Hartebeestloop oor die bul se potensiaal.

 Back to Top

LOT 10: HART 08-35

LOT 10: HART 08-35

VIDEO  /  SIRE

HART 08–35 is die gevolg van nuwe bloedlyne wat ons wil vestig deur goeie groeiers en meer metaboliese tipe bulle te kombineer met aangepaste, geharde en effe meer respiratoriese tipe koeie. Die moer NGO 00–52 is vanaf Woestyn Bonsmaras – en die naam sê alles. Sy het ‘n speenindeks van 105 oor 6 kalwers en sover is al 5 kalwers aangebied vir stoetkeuring, goedgekeur. Die 5 kalwers word gespeen teen 48% van haar ligaamsmassa. Ongelukkig is haar reproduksie rekords nie op datum gehou by Woestyn Bonsmaras nie.

Die vaar is WAT 04–339 en jy kan gerus kyk na sy ander seuns op die veiling. Ons vertoon die bul self ook op die veiling.

HART 08–35 is in sy eie klas en word moeilik geklop. Hy is ‘n toonbeeld van manlikheid – sterk kop, wakker houding, fris nek met goeie verdonkering en uitstekende skrotum wat 38,4cm meet. Bespiering is baie goed en dit is veral die spierdefinisie wat opval. HART 08–35 het oorgenoeg kapasiteit en diepte – dit is wat ons soek in ‘n bul! HART 08–35 is ‘n vleisbul by uitnemendheid. Hy het uitstaande aanpassingseienskappe – dik, glansende en beweeglike vel, “happy lines” wat jy al van die parkeerterrein af kan sien, goeie skofontwikkeling, stert wat amper op die grond hang, sterk bene en baie goeie kloue. Sy skede/naelvel kombinasie kon beter gewees het.

Sy teelwaardes is presies waar ons dit wil hê op Hartebeestloop. Genoeg melk met gebalanseerde groeiwaardes wat op rasgemiddeld of slegs effens hoër is, groot skrotum met uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:19. Jy kan lang bulle teel wat ook “dik” is!

HART 08–35 is wat telers motiveer om voort te gaan met stoetteling en die volgende parings met hernude entoesiasme aan te pak. Hy is ‘n potensiële stoetbul en dit is ‘n gelukkige teler wat hierdie bul op die veiling kry. Ons opinie is dat sy nageslag sy nuwe eienaar se veilingstatistieke gaan verander.

 Back to Top

LOT 11: HART 08-89

LOT 11: HART 08-89

VIDEO  /  SIRE

HART 08–89 is ‘n AG 04–427 seun met AG 98–338 as oupa aan moederskant. Sy moer is BHE 05–6 met ‘n TKP van 347 dae oor 5 kalwers en reproduksie–indeks van 119. Sy speen 4 kalwers met ‘n gemiddelde speenindeks van 113 teen 51,6% van haar eie liggaamsmassa. Sy is een van die “Royal Family” koeie op Hartebeestloop en is nou weer by AG 04–427.

HART 08–89 is ‘n bul met uitstaande kapasiteit en diepte wat jou dadelik opval. Hy het uitstekende vleiseienskappe met sy boud wat laag teen sy hak aansluit, vol buite – en binne –dye en ‘n oogspieroppervlakte wat in die top van die ras is. Beide sy teelwaardes vir vroeë vetneerlegging en marmering is ver bo die rasgemiddeld. Sy aanpasbaarheidseienskappe is van die beste in die bedryf – van skof tot kloue en bek tot stert. Sy skrotum is perfek gevorm, hang mooi en is wys duidelik die epididimusse.

Sy prestasietoetsing wys uitsonderlike resultate. Sy veldikte van 18mm is beter as die rasgemiddeld en so ook sy uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:21. Hy is onder die top 3 bulle vir beide sy FASE D groeitoets en Veldbul ekonomiese indeks (112). Sy pelvismeting is goeie nuus vir Hartebeestloop se jarelange streng seleksie – pelvisindeks is 119 en sy pelvisarea is 192,4 mm² wat die grootste in sy groep was. Al sy teelwaardes is beter as die rasgemiddeld behalwe vir skrotum teelwaarde van 6,7 teenoor die rasgemiddelde waarde van 7,6 – weglaatbaar minder. Ek kan nie help om terug te verwys na sy teelwaardes nie. Kyk baie mooi – niks is hemelhoog of enkeleienskap dominant nie. Gebalanseerde teelwaarde interpretasie is die behoud van die Bonsmara.

HART 08–89 is die uitsonderingsgenetika waarna gereeld verwys word. Dit wat ons kon meet, weeg of toets is gedoen met die bul en orals was sy prestasies van die heel bestes. HART 08–89 sal jou kuddeprofiel herskryf tot voordeel van jou kudde.

 Back to Top

LOT 12: HART 08-141

LOT 12: HART 08-141

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AG 04–427 wat uit ‘n beproefde “All Rounder” bloedlyn kom (AG 99–104). AG 04–427 is op Hartebeestloop suksesvol gebruik om 14 mnde oue verse oop te maak asook in selektiewe paring om teelwaardes te verbeter op ouer koeie. Die moer is BHE 05–84 – kalf op 27 mnde vir die eerste keer en TKP is 356 dae met 2 kalwers gespeen teen 118 gemiddeld en reproduksie–indeks van 117. HART 08–141 het uitstekend presteer in alle prestasietoetsing. Sy Veldbul ekonomiese indeks is 126 wat hom in die top van sy groep plaas. Pelvisindeks is 109 en oppervlakte is 168.3 mm² wat weereens van die beste is. Hy was ‘n Top Presteerder tydens die FASE D toets met al 3 indekse bo 100 – hy word ook 1ste geplaas in sy groep. HART 08–141 is ‘n uitstaande voorbeeld van Kalahari aangepaste genetika op sy beste – van velkleur, haarkwaliteit, glansende, beweeglike vel, skofontwikkeling, sterk bene, kloue en vele meer. Hy vertoon manlikheid met sterk kop, fier houding, fris nek met verdonkering en perfekte skrotum wat 38 cm meet en skrotumteelwaarde van 17.8. Algemene balans is uitstekend, goeie kruishelling en stertaanhegting met mooi skede/naelvel kombinasie. HART 08–141 is op al die Meatco premie vereistes ver bo rasgemiddeld – groot oogspieroppervlakte, vroeë vetneerleeging en goeie marmering.

Sy teelwaardes lees soos ‘n storieboek – met 13 uit die 15 bo rasgemiddeld. Kyk mooi na die teelwaardes – niks is uitskieter waardes wat gevaarligte laat flikker nie. Moenie jouself uit die mark teel met enkel eienskap seleksie nie – die Bonsmara is ‘n totale–pakket–bees.

HART 08–141 kan op verse en koeie gebruik word en is ‘n potensiële stoetbul. Hy is op Hartebeestloop as jong bulkalf “opgemerk” en ons glo dat hy ‘n “merk” gaan maak in die Namibiese Bonsmara kudde. Stoettelers moet baie goed na die bul kyk.

 Back to Top

LOT 13: HART 08-147

LOT 13: HART 08-147

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AG 02–27 (AG 98–0338 seun) en NGO 02–10.

Sy het reeds 6 kalwers met 5 gespeen op gemiddeld 102 speenindeks. Al 3 kalwers wat tot dusver aangebied is vir keuring, is stoet goedgekeur. Haar TKP is 418 dae weens ‘n bul wat siek en onvrugbaar geword het tydens haar periode van 629 dae tussen 1ste en 2de kalf – daarna kalf sy as volg: 394; 377; 352 en 336 dae.
As al ons koeie maar so kon opvang!

HART 08–147 is ‘n “All Rounder” bul wat op beide koeie en verse gebruik kan word. Hy het uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met van die beste vel en haar in die bedryf, goeie skofontwikkeling, sterk toplyn en goeie kruishelling en heupbeen na sitbeen lengte.
So ‘n stert moet ‘n dier hê vir hierdie hardnekkige Kalahari vlieë.

Hy vertoon uitstekende diepte, goeie kapasiteit en mooi breedte. Sy bespiering en balans is seker sy sterk punte.
As jy na die bul kyk, maak hy ‘n baie goeie indruk en is netjies aanmekaar gesit. Skrotumgrootte (37,8cm), vorm en posisie lyk baie goed.

Soos baie van die AG 98–338 nageslag is sy oë effens “oop” – betekende dat sy oogbankontwikkeling beter kon wees. Die bul se agterbene en skede kon beter wees.
HART 08–147 se teelwaardes is uitstekend en daar is goeie balans en korrelasie tussen geboortegewig, groeivermoë, voerdoeltreffendheid en reproduksie teelwaardes. Omtrent die “full house” van sy teelwaardes is matig beter as rasgemiddeld.
Hy is aangepas met ‘n Veldbul ekonomiese indeks (116), FASE D GDT indeks (118) en Kleiber indeks (109). Pelvisindeks is 111 – dit is op die koop toe!

HART 08–147 is die bul waarna boere wat ekstensief boer en min probleme wil hê, mooi moet kyk. Dit sluit ook alle naweekboere in. Dit wat belangrik is om jou boeke te laat klop, het die bul in oormaat.

Hy is ‘n “no–nonsense All Rounder”.

 Back to Top

LOT 14: HART 08-26

LOT 14: HART 08-26

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel AG 02–27 wat ‘n beduidende rol in die Hartebeestloop kudde speel. Dit was ons eerste bul vanuit die Arcadia kudde. AG 02–27 is verkoop aan Ponk O’Kennedy van Stampriet wat hom nog steeds met sukses gebruik in sy kudde. Sy moer is HART 02–23 wat ‘n suiwer Namibies geteelde koei is. Ons hou by die beproefde kombinasie om die goeie groeivermoë van RSA genetika te kombineer met die lae inset en uitstekend aangepaste Namibiese koeie. HART 08–26 se halfbroer HART 07–27 is die toonaangewer stoetbul by EMOK Bonsmaras van Edward Hansen.

HART 08–26 vertoon uitstekende reproduksie eienskappe. Hy is ‘n toonbeeld van manlikheid – kyk na die verdonkering by die nek. Tipiese wakker oog bul met goedgevormde oogbanke! Met die bosindringing sien ons daagliks die belang van sterk oogbanke en dit word ‘n meer belangrike teeldoelwit op Hartebeestloop. Sy skrotum is perfek en meet 39,5cm. Hy is ‘n klipharde bul met net die regte hoeveelheid en tipe bespiering. Jy kry hulle nie beter aangepas vir Namibië nie – sy vel en haar is van die beste in die bedryf. Skofontwikkeling, kloue, bene is alles baie goed. Kapasiteit en diepte is die uitstaande kenmerke van die bul.

Sy teelwaardes is baie goed met alle groei en reproduksie teelwaardes bo die rasgemiddeld. Beide sy Veldbul ekonomiese indeks en pelvisindeks is 105 wat hom in die top van sy groep plaas. In kort, alle ekonomies belangrike kenmerke is hier in oormaat.

HART 08–26 is ‘n potensiële stoetbul en behoort ‘n positiewe rol in enige kudde te speel. Hy spreek die tekortkominge aan wat algemeen onder die Namibiese Bonsmara voorkom naamlik sterk bespiering, genoegsame kapasiteit en diepte en manlikheid. Ons ken sy familie geskiedenis, ons het hom self getoets en sien ontwikkel – ons staan by hom!

 Back to Top

LOT 15: HART 08-46

LOT 15: HART 08-46

VIDEO  /  SIRE

Hierdie is ‘n suiwer AG–teling met AG 01–0152 as vaar en AG 04–0226 as moeder. AG 04–0226 is as jong nie–dragtige vers aangekoop by Arcadia Bonsmaras en het aan die begin baie gesukkel met aanpassing en sy kalf die eerste keer op 40 maande. Met hierdie selektiewe paring het ons die beste van beide kombineer om ‘n goeie bul te produseer.

HART 08–46 is weereens ‘n “All Rounder” bul wat op beide koeie en verse gebruik kan word. Jy kan hom gerus ook gebruik op jong 14 – 16 mnde oue verse. Hy is sekerlik die bul wat die beste en vinnigste aangepas het ongeag waarheen ons hom geneem het. Hy staan baie goed op sy kloue met sterk kote en het ‘n baie gemaklike loopgang. Sy kloue is baie goed en daar is genoegsame hieldiepte om selfs in die klip goed te presteer. Soos sy pa, is hy toonbeeld van manlikheid met sterk kop, goeie oogbanke, mooi verdonkering, uitstekende naelvel/skede kombinasie en ‘n baie goedgevormde skrotum. Skrotum meet 38,4 cm. HART 08–46 vertoon goeie kapasiteit en diepte, hy is breed agter met goeie spierdefinisie – kyk na die voorarm. Sy aanpasbaarheid is van die beste – wat ookal belangrik is vir prestasie onder ekstensiewe toestande, het jy!

HART 08–46 presteer goed met die belangrike ekonomiese voordelige eienskappe: – Sy Veldbultoets ekonomies indeks is 113 en sy pelvisindeks 119. Beide hierdie indekse is in die top 5 van hulle groepe en beteken aangepas en gehard vir ekstensiewe toestande en heel moontlik die teel van verse met groot pelvisse vir minder kalwingsprobleme. Hy was ook ‘n baie goeie presteerder tydens FASE D met al 3 indekse bo 100. Sy goeie vleiseienskappe word bevestig deur sy teelwaardes vir oogspieroppervlakte, vleisopbrengs en uitslagpersentasie wat almal beter as die rasgemiddeld is. HART 08–46 vertoon gebalanseerde teelwaardes, laag op geboortedirek en effe laer waardes regdeur. Sy teelwaardes se akkuraatheid is laag en ons verwag dat sy teelwaardes gaan verbeter soos sy verwantes nou deur die prestasietoets sisteem kom. HART 08–46 wys die potensiaal om in ‘n top bul te ontwikkel. Hy is ‘n regte “ranch” tipe bul wat uitstekend sal doen regoor Namibië.

 Back to Top

LOT 16: HART 08-19

LOT 16: HART 08-19

VIDEO  /  SIRE

Hy is ‘n suiwer Arcadia – teling met AG 01–152 as vaar en AG 04–382 as moer. AG 04–382 sukkel aanvanklik in die warm Kalahari maar nou presteer sy uitstekend. Haar TKP is 373 dae/4 kalwers en sy speen 3 kalwers met gemiddelde speenindeks van 104 teen gemiddeld 47,5% van haar eie gewig. Haar speenmaternaal van 11,9 moet van die hoogste in die ras wees.

Ek kan nie genoeg sê oor die vaar AG 01–152 nie – kyk self na sy kalwers op die veiling en vorm jou opinie oor hoe hy teel.

HART 08–19 hou ek dop vanaf ‘n klein kalf. Hy is die tipe Bonsmara wat ek wil teel en wat ‘n groot impak op die Namibiese vleisbeeskudde behoort te hê. Sy aanpasbaarheidseienskappe is van die heel beste – haar (kyk hoe skoon is sy ore), vel (veldikte is 17 mm), skofontwikkeling, oogbankontwikkeling (vir stap in bos en vreet onder die bosse), bene, kloue, hieldiepte en breë bek. Hy is pure bul en straal manlikheid en libido uit. Sy skrotum is 100%, en meet 37,8 cm. Sy skede/naelvel kombinasie gee hom die gladde onderlyn soos op die foto. Hy is propvol vleis, genoeg bespiering, sterk toplyn, vol kapasiteit en funksioneel in alle opsigte korrek en doeltreffend.

HART 08–19 kan op verse en koeie gebruik word. Hy doen uitstekend tydens die Veldbul toets en is ‘n Top Presteerder tydens die FASE D groeitoets. – en dit alles vir ‘n bul wat primêr geteel is om jong verse oop te maak. Gee hom verse of koeie en hy gaan iets spesiaals maak met die nageslag. HART 08–19 se teelwaardes is presies wat ons soek. Laag op geboortedirek sodat hy op verse en koeie gebruik kan word met goeie groeivermoë en uitstekende voerdoeltreffenheid. Sy hoogte/lengte verhouding is baie goed op 1:21 wat beter as rasgemiddeld is.

HART 08–19 kom uit ‘n beproefde bloedlyn wat uitstekend doen onder Namibiese toestande, goed kombineer met bestaande Namibiese genetika en baie populêr is in die mark. AG 01–152 se erfdwang is groot en die seuns wat ons gebruik teel soos die pa. HART 08–19 behoort uitstekend te kombineer met die tipiese Namibiese Bonsmara koeie wat effens meer Indicus–tipe is om die aanpasbaarheid onder Namibiese ekstensiewe toestande te behou. Die kombinasie werk uitstekend op Hartebeestloop en daar is geen rede hoekom dit nie in jou kudde ook goed of dalk nog beter sal werk nie. Op Hartebeestloop sal ons staan en val by die bul – dit moet vir jou iets sê!

 Back to Top

LOT 17: HART 08-133

LOT 17: HART 08-133

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AEJ 03–199 (Jan Pienaar van NOSA Bonsmaras) en HJB 04–76. Sy sukkel aan die begin maar produseer nou dat dit klap. Haar TKP is 426 dae oor 4 kalwers en sy speen 3 kalwers teen 48,2% van haar liggaamsmassa. Beide bulkalwers aangebied vir keuring, is stoet goedgekeur.

HART 08–133 is ‘n medium raam bul met baie goeie bespiering. Toplyn is goed, hy is sommer breed van agter en die manne in ons omgewing verwys na die tipe bulle as “lekker, dik bulle”. Daar is genoeg kapasiteit en diepte in die bul, sprong van rib is goed en beenstruktuur is sterk. Sy aanpasbaarheidseienskappe is regtig goed, met pikswart oë, swart neuspigment, swart kloue en goeie skofontwikkeling. Skrotum meet 37,2cm en is goed gevorm en hang mooi. Hy kan op koeie en verse gebruik word.

HART 08–133 vertoon gebalanseerde teelwaardes met 10 beter as rasgemiddeld. Hy is laag op geboorte direk, teelwaardes vir voor – en naspeense groei is goed, voerdoeltreffendheidseienskappe is baie goed en so ook die reproduksie teelwaardes. Jy soek niks meer as wat die bul se teelwaardes bied nie. Hy presteer goed met sy Veldbul ekonomiese indeks 103, pelvisindeks 113, GDT indeks 117 en Kleiber indeks 111. Sy vleiseienskappe is baie goed met oogspieroppervlakte, vleisopbrengs en uitslag% almal betekenisvol beter as rasgemiddeld.

HART 08–133 is ‘n bul wat in alle opsigte voldoen aan wat Hartebeestloop aan die mark beskikbaar wil stel. Sy direkte toetsresultate, teelwaardes, “onder die vel” waardes asook alle ekonomiese belangrike eienskappe is goed. Hy is definitief ‘n bul wat sy merk gaan maak in enige kudde.

 Back to Top

LOT 18: VV 08-161

LOT 18: VV 08-161

VIDEO  /  SIRE

Frans van den Bergh en die Op–die–Aarde Bonsmarastoet is bekend vir hulle boerdery prestasies en uitstekende Bonsmaras. Ons het i.s.m. Danie Bosman die 10 beste dragtige 06–verse van Frans gekoop en VV 08–161 is een van die kalwers. Hy is ‘n suiwer Frans van den Berg teling en heeltemal onverwant aan ons kudde. Sy moer is VV 06–84 en haar OEK is 24 mnde, TKP van 383 dae oor 3 kalwers en sy speen haar kalwers teen 48,4% van haar liggaamsgewig. Sy is nou in ons Elite groep koeie.

VV 08–161 is ‘n bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy het uitstekend in die Kalahari gedoen en dit kan teruggevoer word na sy aanpasbaarheidseienskappe. Hy is glad van vel en haar, vertoon goeie skofontwikkeling, goeie beenstruktuur en sterk kloue. Toplyn is goed en so ook stertaanhegting en kruishelling. Hy vertoon genoegsame kapasiteit en bespiering. Hy maak ‘n goeie “bul indruk” met verdonkering, sterk skrotum (37,3 cm) en goeie skede/naelvel kombinasie.

VV 08–161 het goed gedoen op veld met Veldbul ekonomiese indeks van 110. Sy teelwaardes is van die beste in die Bonsmara bedryf – lig op geboortedirek en daarna regdeur baie goed gebalanseerd. Net soos die bul fenotipies in balans is, is die teelwaardes wetenskaplik in balans.

VV 08–161 is by uitstek ‘n vleisbees bul en dit kan jy aan sy bouvorm sien. Kyk ook na sy “onder die vel” waardes – sy teelwaardes vir oogspieroppervlakte, marmering, vroeë vetneerlegging en vleisopbrengs is almal baie beter as die rasgemiddeld. VV 08–161 sal baie goed doen vir die Namibiese boere wat ‘n kombinasie van speenkalf en osproduksie stelsels volg. Hy het genoeg melk om ook vrugbare, vroegryp vervangingsverse te teel. VV 08–161 is onverwant aan bestaande HART– genetika op die veiling en dit mag werk vir boere wat al vir ‘n geruime tyd lank by ons koop. Op Hartebeestloop maak ons ‘n punt daarvan om ook goeie “ander” onverwante genetika gereeld beskikbaar te stel.

 Back to Top

LOT 19: HART 08-225

LOT 19: HART 08-225

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit HJS 03–0016 – ‘n bul wat ons oor die afgelope 2–3 jaar baie sterk in die kudde gebruik weens die baie goeie nageslag wat aankom. Die moer BHE 00–012 is van die 1ste RSA genetika wat ons bekom het en sy het soos vele ander AGJ8 nageslag nie teleurgestel nie. Hierdie 11 jaar oue koei het reeds 9 kalwers waarvan 8 gespeen is teen 102 gemiddeld (47,1% van haar liggaamsgewig) met ‘n uitsonderlike TKP van 368 dae. 6 uit 7 van haar kalwers is goedgekeur.

HART 08–225 is ‘n tipiese Hartebeestloop kompakte, dik “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Verby is die dae wat ons niks uit verse kon teel weens swak “versbulle”. Hy is goed bespierd met genoegsame kapasiteit en is vol vleis. Aanpasbaarheidseienskappe is ook goed met los en beweeglike vel, sterk skof, lang stert en goeie bene. Sy kop is sterk met tipiese bulnek, verdonkering is aanwesig en skrotum is goed ontwikkel en meet 36,3 cm.Sy naelvel kon beter gewees het.

HART 08–225 se teelwaardes is goed met geboorte direk baie laer as rasgemiddeld (geboortegewig 29 kg), melk is oorgenoeg, groeivermoë, voerdoeltreffendheid en reproduksie teelwaardes is ook goed. Hy presteer goed onder veldtoestande met Veldbul ekonomiese indeks van 105, groei dat dit klap tydens die FASE D groeitoets met 105 GDT indeks en 105 Kleiber indeks en sy pelvisindeks is 106. Jy kan mos nie vir beter prestasietoets uitslae vra nie.

Stoettelers en kommersiële telers moet beide goed kyk na die bul. Hy bring ‘n groot klomp ekonomiese belangrike eienskappe na jou – groot pelvisse, aangepas met goeie groei op veld en uitstekende bouvorm. Hy is deur alle konsultante hoog gepunt.

 Back to Top

LOT 20: HART 08-69

LOT 20: HART 08-69

VIDEO  /  SIRE

HART 08–69 is weereens ‘n uitstekende Hartebeestloop “All Rounder” bul wat uit AG 01–0152 en HART 05–0016 geteel is. HART 05–0016 is geteel uit GMS 99–0226 van Okamaja Stoet. Jy kan gerus moeite doen en kyk na die ander seuns van AG 01– 0152 op die veiling. Ons het die meeste van sy seuns wat alreeds verkoop is, gaan sien regoor Namibië – dit was werklik ‘n voorreg om te sien hoe hulle suksesvol presteer en reproduseer onder verskillende omgewingstoestande.

HART 08–69 is ‘n goed aangepaste bul wat orals goed sal presteer. Sy haarkleed is uitstekend en hy vertoon ‘n dik (17 mm), gladde en los vel. Die goeie skofontwikkeling is tipies van ‘n aangepaste Bonsmara bul. Toplyn is goed, kruishelling en stertaanhegting is reg en die stert is lank. Kenmerkend van die bul is die “jump muscles” wat so sterk uitbult – oogspieroppervlakte is ook van die beste in die kudde. Oor die algemeen vertoon die bul goeie bespiering, uitstekende sekondêre manlikheidseienskappe met sterk kop, breë bek, fris nek met goeie verdonkering en ‘n perfek gevormde skrotum wat 40cm groot is. Sy naelvel/skede kombinasie is uit die boeke. Sy pelvisindeks van 117 en pelvisarea van 187,2 mm² was die beste van sy groep – hy gaan sy kalwingsgemak eienskappe oordra aan sy verse.

HART 08–69 doen goed tydens die Veldbul toets met ‘n ekonomiese indeks van 104. Sy FASE D groeitoets prestasie word ook weerspieël in sy uitstekende teelwaardes vir GDT, voeromsetverhouding en voerwins. Sy geboorte direkte teelwaarde is baie beter as die rasgemiddeld, melkmaternale waarde is 2 maal die rasgemiddeld en sy skrotumteelwaarde is baie beter as die rasgemiddeld. Hy het ‘n besonderse hoogte/lengte verhouding van 1.27. Op Hartebeestloop wil ons lang en dik bulle teel – nie net kort en dik nie!

HART 08–69 sal vir homself praat in die veilingskrale. Hy is definitief ‘n kyk–weer–bul met stoetpotensiaal. Telers moet ernstig oorweeg om hierdie bloedlyn in hulle kuddes te vestig.

 Back to Top

LOT 21: HART 08-216

LOT 21: HART 08-216

VIDEO  /  SIRE

Sy moer GZV 06–356 is as dragtige vers gekoop op Bonsmara SA Nasionale veiling by Gerhard van Zyl (Hanzyl Bonsmaras) en is geteel uit JRB 00–0042 (Bristow Bonsmaras). HART 08–216 se vaar AG 04–0390 is ‘n AG 98–0338 kleinseun en word tans deur Spytfontein Bonsmaras van Bloemfontein gebruik. GZV 06–0356 se OEK is 23 mnde, sy speen 2 kalwers teen 103 speenindeks en teen 50,1% van haar liggaamsgewig. TKP is 388 dae en reproduksie– indeks is 120.

HART 08–216 is nog een van die “onverwante” bulle wat Hartebeestloop beskikbaar stel. Hy is ‘n sterk bul, met goeie kapasiteit en diepte en hy vertoon ook goeie breedte van agter met vol binne en buite dye. Sy vel en haar is reg vir die warm ekstensiewe toestande en so ook die sterk beenstruktuur en goeie kloue vir ver loop. Hy is vol vleis en sy kalwers gaan goeie gewig aansit. Manlikheid word gewys in die kop, goeie oogbanke, vroeë verdonkering en skrotumomtrek. Sy skede/naelvel is baie mooi.

Sy teelwaardes is goed – hy is egter swaarder as rasgemiddeld op geboorte direk, hoër op skouerhoogte en laer op skrotum. Sy groeivermoë en voerdoeltreffendheidswaardes is egter goed gebalanseerde waardes. Sy ekonomiese belangrike eienskappe het baie goed getoets met Veldbul ekonomiese indeks (104), pelvisindeks (101), GDT indeks (105) en Kleiber indeks (105).

Gebruik die bul verkieslik net op koeie weens sy bouvorm en swaarder geboorte direkte teelwaarde. Hy sal groei in jou koeikudde in bring en veral die swakker tipe koeie mooi op help. Op Hartebeestloop ervaar ons gereeld dat koeie met min kapasiteit sukkel in ons werêld (miskien sukkel hulle orals?) – HART 08–0216 sal goeie kapasiteit in jou koeikudde vaslê. Kyk mooi na hom!

 Back to Top

LOT 22: HART 08-76

LOT 22: HART 08-76

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AG 04–0175 (seun van AG 99–0104) en die moer is DNT 01–0058 wat by Dr Danie Nolte, Delmas aangekoop is. DNT 01–0058 is nog steeds in die kudde en het TKP van 385 dae oor 8 kalwers. Haar stoet goedkeurings% is 75%. Ons het alreeds 103 kalwers van AG 04–0175 met ‘n gemiddelde geboortegewig van 35 kg. HART 08–76 is van sy 1ste kalwers wat deur die prestasietoets sisteem kom en ons verwag baie van die res wat gaan volg.

HART 08–76 is weereens ‘n bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Met ons besoeke aan bulle en boere regoor Namibië is daar gesien dat kommersiële boere nie net spesifikasie bulle vir sy kudde kan aankoop nie. Hartebeestloop “All Rounder” bulle is ideaal geskik vir die boer wat sy Bonsmara bul op verse en koeie wil gebruik en bogemiddelde kalwers uit al 2 groepe wil produseer. Die teel van hoogspresterende bulle wat probleemvry op verse en koeie gebruik kan word is ‘n prioriteit teeldoelwit op Hartebeestloop. HART 08–76 is ‘n raamtipe 3 bul, donker van kleur met ‘n sterk skof en uitstaande vel en haar. Hy is so bul soos wat jy kan kry – manlik in die kop, wakker oog, trotse houding, sterk nek met mooi verdonkering en perfekte skrotum (39,4cm). Let op na sy goeie beenstruktuur en hoe goed hy op sy kloue staan – dit is die tipe kloue wat hou by ons. Hy dra vleis, vertoon uitstekende kapasiteit en diepte met sterk toplyn.

HART 08–76 doen baie goed tydens die Veldbultoets met ekonomiese indeks van 103. Tydens die FASE D toets is sy indekse 102 vir beide GDT en Kleiber. Daar is oorgenoeg groeipotensiaal onder ekstensiewe toestande in die bul. Sy teelwaardes is ook goed met meeste van die waardes in lyn met ons filosofie om nie te veel klem te lê op groeivermoë of enige ander enkel teelwaarde nie. Balans is die sleutel tot sukses in teelwaarde evaluering.

Ek kan nie veel meer sê oor HART 08–76 nie. Vir menige teler behoort hy onder die eerste 3 van sy “probeer definitief kry” lysie te wees. Hy is ook die gunsteling van die beeswerkers en hulle oordeel is selde verkeerd.

 Back to Top

LOT 23: HART 08-298

LOT 23: HART 08-298

VIDEO  /  SIRE

Hartebeestloop het 10 uitsoek dragtige verse by Jan Pienaar aangekoop en HART 08–298 is dus ‘n suiwer Jan Pienaar NOSA Bonsmara teling. Hy is geteel uit AEJ 04–0160 en AEJ 06–0049. Moer AEJ 06–0049 is ‘n dogter van RAI 99–0054 wat sy merk gemaak het by David Cock van Tempevale Bonsmaras in die Oos–Kaap. HART 08–298 is “onverwant” aan meeste Hartebeestloop genetika.

HART 08–298 maak ‘n goeie eerste indruk. Hy vertoon uitstekende aanpasbaarheid met blink en glansende vel, pragtige pigment, sterk skof, lang stert en goeie bene en kloue. Hy is pure bul met manlike kop, breë bek, mooi verdonkering, sterk nek en uitstekende skrotum – grootte (37,1 cm), glad sonder hare, posisie en hoe dit hang. Bespiering is goed, toplyn uitstekend, kruishelling en lengte vanaf heupbeen na sitbeen is goed, diepte is daar en so ook kapasiteit. Bul vertoon goeie balans en is vol vleis. Sy hoogte/lengte verhouding is ‘n baie goeie 1:22.

HART 08–298 se teelwaardes is uitstekend maar weereens ook goed gebalanseerd. Hy is een van die bulle waar elke teelwaarde omtrent beter as die rasgemiddeld is. Hy is laer as die rasgemiddeld op geboorte direk en sy bouvorm dra by tot die gebruik van hom op koeie en verse. Hoe klink hierdie indekswaardes – Veldbul 105, pelvis 108, GDT 109 en Kleiber 101? Hy het sterk gestaan in sy groep van bulle. Karkaseienskappe is ook goed met beide vleisopbrengs en uitslag% bo die rasgemiddeld.

NOSA Bonsmaras is gewild onder die Namibiese stoettelers en vir goeie rede. HART 08–298 is geen NOSA uitsondering nie behalwe dat hy hom hier moes bewys onder ekstensiewe toestande – en hy doen dit goed. Hy sal sy merk in enige kudde maak en behoort ‘n gewilde keuse op die veiling te wees.

 Back to Top

LOT 24: HART 08-106

LOT 24: HART 08-106

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AG 04–0427 en BHE 05–0066 wat aan moederskant kom uit die alombekende AG J8. BHE 05–066 is gekoop by Fortress Bonsmaras as oop vers en het goed aangepas in die Kalahari met reproduksiesyfers van OEK 26 mnde, TKP 379 dae oor 4 kalwers en al 4 kalwers gespeen teen 103 speenindeks gemiddeld. Ek gaan nie veel sê oor AG 04–0427 nie – kyk gerus na sy ander seuns op die veiling. Hy is besig om diep spore op Hartebeestloop te trap.

HART 08–106 is ‘n vroegryp bul met pragtige definisie van spier en goeie breedte agter. Daar is genoeg diepte, kapasiteit en sterk toplyn. Sy aanpasbaarheidseienskappe is uit die boeke – vel is seepglad, haarkwaliteit is baie goed, baie mooi skofontwikkeling, sterk bene en goeie kloue. Hy vertoon baie manlik met uitstekende skrotumvorm, posisie en grootte (38,5cm). Kop is sterk met goeie oogbankontwikkeling en daar is verdonkering by die fris nekgedeelte. Hy is soos sy pa, ‘n bul wat op beide koeie en verse gebruik kan word. Selfs jong verse kan deur hom oopgemaak word. HART 08–106 gaan vir jou bemarkbare diere teel uit verse! Hy doen goed tydens die Veldbultoets onder ekstensiewe toestande met indeks van 103. Sy pelvisindeks is 106 en dit is wat boere wil hoor – groot pelvisse met minder potensiële kalfprobleme.

Sy teelwaardes is weer baie goed gebalanseerd vir ‘n bul wat primêr op verse gebruik kan word. Sy kalftempo en skrotum teelwaardes wat reprodusie eienskappe aandui, is ver bo rasgemiddeld. Ons kan werklik HART 08–106 aanbeveel vir enige kudde wat ‘n top bul met stoetpotensiaal soek om op beide verse en koeie te gebruik. As hy teel soos sy pa, het jy ‘n wenner. Ons het alreeds oor die 100 nageslag van AG 04–0427 en daar is nog op pad. Ons wou hom hierdie jaar op veiling sit as beproefde stoetvaar maar, nadat ons weer al sy kalwers evalueer het saam met Danie Bosman en Japie Bestebreurtjie, het ons besluit dat hy net moet bly waar hy is. Ons stel nietemin baie goeie seuns van hom op veiling beskikbaar.

 Back to Top

LOT 25: HART 08-12

LOT 25: HART 08-12

VIDEO  /  SIRE

Nog ‘n “All Rounder” bul geteel uit AG 01–0152 wat die konsultante se aandag getrek het by evaluering van die 2011 veilingsbulle. Daar is baie gesê en geskryf oor AG 01–0152 – jy moet self kom kyk! Die moer HART 06–0002 met kalf HART 10–021 het ons verkoop op ons 2010 veiling weens lang oop tydperk tussen 1ste en 2de kalf. Sy was siek tydens die tydperk by bul en die veearts kon net nie die probleem identifiseer nie. Ons ondervinding op Hartebeestloop is dat sy nie die kuddegemiddeld sou opvang nie en daarom die besluit om haar te verkoop.

HART 08–12 is ‘n kleiner raam tipe bul (2,5) en wys goeie kapasiteit en lengte. Die hoogte/lengte verhouding is 1:19. Hy is goed aangepas en die “happy lines” is duidelik sigbaar op sy lyf– skofontwikkeling is baie goed, goeie beenstruktuur en kloue is sterk. Daar is goeie bespiering – nie te veel spierdefinisie wat dalk kalwingsprobleme kan gee nie. Sy reproduksie eienskappe is uit die boeke – sterk en manlike kop, mooi verdonkering, uitstekende skrotumvorm, posisie en grootte (37,5). Skede/naelvel kombinasie is so goed soos die beste wat daar is.

HART 08–12 se teelwaardes is gebalanseerd vir ‘n kleiner raam tipe bul. Hy is baie laer as rasgemiddeld op geboorte direk (weeg 28 kg by geboorte), baie sterk op melksyfers en laag op volwasse gewig. HART 08–12 doen baie goed tydens die Veldbultoets met ‘n ekonomiese indeks van 106 en hy is ‘n Top Presteerder tydens die FASE D groeitoets met GDT indeks van 107 en Kleiber indeks van 108. Hierdie bul is propvol goeie groei eienskappe onder ekstensiewe toestande – dit is sy kos! Sy vleiseienskappe is uitstekend met oogspieroppervlakte, marmering en vroeë vetneerlegging almal beter as rasgemiddeld.

HART 08–12 is in baie opsigte die ideale bul vir Namibiese ekstensiewe toestande, wat sommige jare sub–optimale toestande kan word. Hou dit in gedagte as jy na hom kyk.

 Back to Top

LOT 26: GJN 08-18

LOT 26: GJN 08-18

VIDEO  /  SIRE

GJN 06–0006 is op die RSA Nasionale veiling aangekoop en VV 04–0046 (Frans van den Bergh) is die vaar van GJN 08–18. Verskeie vooraanstaande kuddes in die RSA is semengebruikers van VV 04–0046 en meer as 300 nageslag is alreeds aangemeld. GJN 06–0006 is by ons gepaar met AG 98–0338 en die bulkalf is top gepunt en doen uitstekend op die ekstensiewe FASE D toets. Sy het alle eienskappe om in ‘n volwaardige bulmoeder te ontwikkel.

Germar Bonsmara is bekend vir uitstekende bulle en GJN 08–18 is geen uitsondering nie. Hy moes sy man kom staan in die eerste span in die harde Kalahari en hy het dit baie goed reggekry. GJN 08–18 doen goed tydens die ekstensiewe FASE D toets en dit word weerspieël deur sy goeie aanpasbaarheidseienskappe. Sy vel is glad, dik, los en baie beweeglik. Daar is goeie skofontwikkeling, mooi toplyn, sterk bene en kloue en goeie diepte van hiel. Hy is goed bespierd met ‘n uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:22. Sy skede/naelvel kombinasie is baie goed en sy skrotum is uitstekend gevorm en meet 36,8 cm.

Sy teelwaardes is uit die boeke met 12 uit 15 beter as die rasgemiddeld. Hy wys tipiese kurweknakker waardes met laer as rasgemiddeld op geboorte en daarna uitstekende groei wat afplat en sy volwasse gewig is weer op rasgemiddeld. Jy kan nie vir beter vra nie.

GJN 08–18 is ‘n tipiese Bonsmara “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is ‘n potensiële stoetbul en stoettelers kry die geleentheid met GJN 08–18 om Mid–Vrystaatse genetika in Namibië te vestig. GJN 08–18 is ‘n voorbeeld van Hartebeestloop se beleid om ‘n wye basis van genetika aan kopers beskikbaar te stel. Die bul het ons be-indruk en jy kan nie verkeerd gaan met die bul nie. Hy vertoon effense wit onder die onderlyn wat sommige stoettelers mag pla.

 Back to Top

LOT 27: VBB 08-216

LOT 27: VBB 08-216

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit EI 02–097 (Bokkie van der Merwe koei) en WVZ 02–072 wat sterk deur Vaalbos gebruik is en nou besit word deur Neil Rissik van Redgate Bonsmaras. EI 02–097 het uitstekende melk en groeisyfers en het reeds 6 nageslag met ‘n TKP van 386 dae en die 4 kalwers wat reeds gekeur is, is almal stoet goedgekeur. Sy het ‘n uitstekende bulkalf aan voet nou van LMR 05–0092 (Paul Mare). VBB 08–216 kon net sowel deur Hartebeestloop geteel wees het aangesien hy kenmerkend is van die tipe diere wat ons teel. Hy maak ‘n goeie indruk – sterk bul met fiere houding. Hy wys manlikheid in oorvloed – wakker oë, goeie oogbankontwikkeling, mooi verdonkering en aanvaarbare skrotum (34,4 cm). Sy hele houding is van “waar is die koeie?” Hy is baie goed aangepas vir Namibië – hy is seepglad met goeie skofontwikkeling en het goed presteer met toetsing onder ekstensiewe toestande. Sy Veldbultoets eindig hy met indeks van 103 en hy groei uistekend tydens ekstensiewe FASE D groeitoets oor 270 dae.

Sy teelwaardes is weereens baie goed gebalanseerd. Hy is laag op geboorte direk, groei uitstekend en sy voerdoeltreffendheid is van die heel beste. Kyk na sy kalftempo van 62 en weet dat sy dogters ’n groot impak op die Bonsmara Nasionale kudde gaan hê. As teelwaardes van groot belang is in jou keuse van ‘n bul, kyk na hierdie bul se stel waardes. Sy hoogte/lengte is 1:21 wat baie beter as rasgemiddeld is. VBB 08–216 het uitstekende vleiseienskappe met oogspieroppervlakte, marmering, vroeë vetneerlegging en vleisopbrengs teelwaardes wat almal baie beter as die rasgemiddeld is. Hy is ‘n bul wat op verse en koeie gebruik kan word – verkieslik nie jong verse nie.

Hier is weereens onverwante genetika beskikbaar wat net tot voordeel van die vleisbeesindustrie in Namibië kan wees.

 Back to Top

LOT 28: HART 08-21

LOT 28: HART 08-21

VIDEO  /  SIRE

HART 08–21 is suiwer AG–teling met AG 01–0152 en AG 04–0392. Hoekom suiwer AG–teling op Hartebeestloop? Die moer is swaar op geboortedirek met hoë 12 mnde, 18 mnde en volwasse gewig teelwaardes en lae doeltreffendheidswaardes. Die bul is presies die teenoorgestelde en hier kom die waarde in van selektiewe paring. AG 01–0152 se Hartebeestloop nageslag is onder intensiewe toestande (FASE C) op Armoedsvlakte (Vryburg) getoets en onder ekstensiewe toestande (FASE D) en Suidelike Afrika Veldbul toestande op Hartebeestloop. Sy nageslag is die uitsonderings genetika waarvan almal praat en soek – sy seuns het uitstekend getoets onder beide intensiewe en ekstensiewe toestande. AG 04–0392 is ‘n uitstaande koei met TKP van 361 dae oor 4 kalwers – vanuit die koue Oos–Vrystaat na die Kalahari met sy eiesoortige aanpassingstoestande.

HART 08–21 is ‘n geen–probleem bul wat op verse en koeie gebruik word. Hy is ‘n ideale bul vir die oopmaak van jong verse en is geteel uit ‘n beproefde kalwingsgemak lyn. Hy is ‘n kleiner raamtipe bul met goeie bespiering. Daar is baie kapasiteit en genoegsame diepte in die bul met sterk toplyn wat eindig in lang kruishelling en goeie stertaanhegting. Hy is pure bul met manlike kop, sterk oogbanke, pragtige verdonkering en perfekte skrotum (38cm) met goeie epididimusvorming. HART 08–21 is aangepas vir ekstensiewe toestande met gladde vel en haar en uitstekende kloue. Kyk na sy perfekte skede/naelvel kombinasie. Hy is effe fynbenig wat tipies is van spesifikasie versbulle.

Hy presteer baie goed tydens die Veldbultoets met ekonomiese indeks van 107 en is ook bo die groepsgemiddelde pelvisindeks. Sy BLUP teelwaardes is baie goed gebalanseerd en vertoon tipiese kurweknakker waardes van lig op geboorte en daarna uitstekende groeivermoë en doeltreffenheidseienskappe. Hy sit gras om in vleis en gewig.

HART 08–21 het stoetpotensiaal regoor hom geskryf. Op Hartebeestloop teel ons spesifikasie bulle soos deur die mark benodig word maar, die ideale bul bly HART 08–21 wat as spesifikasie versbul aangewend kan word maar net so goed op enige koei sal doen. Die Bonsmara is ‘n totale–pakket–bees en HART 08–21 is ‘n totale–pakket–bul!

 Back to Top

LOT 29: TON 08-66

LOT 29: TON 08-66

VIDEO  /  SIRE

TON 08–66 is geteel uit CSW 99–0074 (Charles Williams van Noord–Kaap) en TON 99–0054 wat reeds 7 nageslag opgelewer het al hierdie 7 kalwers is ook gespeen teen gemiddeld 98. Hierdie bul is lig van kleur met ‘n besonderse gladde vel en haar met mooi verdonkering voor.

Ons het by Komaweer Bonsmaras ondervind dat hierdie tipe bulle baie goed aanpas in Namibiese omstandighede en TON 08–66 is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Bul se skrotum is baie mooi aangeheg en skrotum teelwaarde van 20.4 is ver bo rasgemiddeld van 7.6.

Die bul was effens swaar op geboorte gewees (39 kg) maar sy teelwaardes vir speen direk en 12 en 18 maande is uitstekend. As jy op soek is na ‘n bul wat speenkalwers sowel as osse gaan teel hoef jy definitief nie verder te soek nie maar gebruik slegs die bul op koeie. Enige Meatco osprodusent moet ernstig na die bul kyk.

Komaweer Bonsmaras is bekend vir goed–aangepaste bulle wat oor ‘n lang tydperk hulle merk in die Namibiese stoetkuddes asook kommersiële kuddes gemaak het. Kyk gerus na die goeie eienskappe van die bul en maak gebruik daarvan in jou kudde!

 Back to Top

LOT 30: WAGB 08-56

LOT 30: WAGB 08-56

VIDEO  /  SIRE

Hierdie bul is ‘n medium raam tipe dier. Hy toon goeie diepte regdeur. Die bul is baie goed gebalanseerd en toon sy bespiering agter die skouer en op die boude duidelik. Die bul se ma is 11 jaar oud en het ‘n TKP van 383 met 8 kalwers. Die koei se gemiddelde speen indeks oor 7 kalwers is 105. Voorwaar ‘n uitstekende moeder! Die bul se vaar is gebore uit die Sigwart en Halberstadt stoetkuddes.

Die vaar is bekend daarvoor dat hy kalwers teel wat lig by geboorte is. Die bul WAGB 08–56 behoort klein kalwers by geboorte te gee en goeie medium raam diere wat perfek geskik is vir die suidelike dele van ons land. Die dier se Blup waardes toon ook: laag met geboorte, goeie speen gewig, gemidelde groei en mediumraam volwasse dier. Die bul se groeivermoë is in ‘n Fase D toets bevestig.

Wagner Bonsmaras is die toonaangewers by die Top 10 Veiling en hulle bulle is orals–oor in Namibië. Sou jy die bul koop, word jy nog een van ‘n lang lys van gelukkige eienaars van Wagner genetika.

 Back to Top

LOT 31: HMB 08-102

LOT 31: HMB 08-102

VIDEO  /  SIRE

HMB 08–102, ‘n seun van HA 98–90, se uitmuntende balans is die mees opvallende goeie eienskap van hierdie bul. Hy het ‘n pragtige manlike kop, goed ontwikkelde bek, en toon goeie sekondêre manlikheid in sy diep voorkwart. Sy mooi pigment en pragtige dieprooi haarkleed is opvallend.

Hy het baie mooi gevormde testis met ‘n omvang van 40.8cm, ‘n skede met baie goeie funksionele vorm, asook goed ontwikkelde bene en hoewe. Hy is die ideale kuddebul vir maklike bestuur, met ‘n mooi lae geboortegewig van 35kg, asook goeie groei en effektiwiteit op die veld: sy GDT vir die fase D toets beloop 1239g/dag, en sy Kleiberverhouding indeks is 96. Tydens die fase D asfluiting het hy uitgestaan tussen sy ander tydgenote, nie net vir sy syfers nie, maar ook vir sy goeie balans en manlikheid. Hy het dan ook tydens daardie geleentheid deur die senior keurders ‘n punt van 8 uit 9 behaal, wat ‘n wonderlike prestasie is vir so ‘n jong bul. Aan sy moederskant is sy genetika van die beste: op 9–jarige ouderdom het sy moeder HMB01–050 ‘n TKP van 377 dae vir 7 kalwers. Sy het al haar 6 kalwers suksesvol gespeen, met ‘n gemiddelde speenindeks van 102.

HMB 08–102 kan as ‘n all–rounder aanbeveel word.

 Back to Top

LOT 32: AG 03-214

LOT 32: AG 03-214

VIDEO  /  SIRE

AG 03–214 is Swartrant Bonsmaras se kuddevaar. Hy is ekstensief gebruik in die kudde. Hy is gebruik op koeie en op 24 maande oue verse. Sy geboortegewig is 38kg en geboorte direk is –1,04 . Kom kyk self , die bul spreek vir homself. Hy is ‘n merkwaardige bul wat sy man kan staan. Hy teel soos hy lyk.

Boo–Boo soos wat hy op die plaas bekend is, dra baie vleis en bespiering. Hy het ongelooflike lengte en breede.Sy toplyn is perfek. Sy mooi skof en diepte komplimenteer sy bouvorm. Hy het ‘n donker glansende vel met uitstekende haar. Sy kloue en bene is van hoë gehalte met goeie hieldiepte.

Die bul is die produk van Arcadia Bonsmara, (Arthur de Villiers). Op die produksieveiling van Arcadia 2006 is die bul deur Marloo en Sernick Bonsmara gekoop vir die 2de hoogste prys op die veiling.

Die bul sal in enige kudde sy stempel afdruk. As jy bespiering, kleur en lengte kort, is hy die antwoord.

 Back to Top

LOT 33: TON 06-40

LOT 33: TON 06-40

VIDEO  /  SIRE

Dit is met spyt dat ek hierdie top bul moet aanbied aangesien hy nie by my stoetkudde inpas nie. Ek huiwer nie om te sȇ dat hy ‘n sterk positiewe bydrae tot die Bonsmara bedryf in hierdie land gaan maak nie.

Ten spyte van sy raamgrootte is die gemiddelde gewig van sy kalwers 35kg. Sy teelwaardes op speen direk, 12 maande– en 18 maande gewig is ver bo die rasgemiddeld , hier en in die res van die Bonsmara bedryf.

TON 06–40 het ‘n sterk, manlike kop met ‘n lewendige houding en sterk oogbanke. Hy het ‘n besondere blink haarkleed en gladde vel wat ‘n sterk, bespierde liggaam met goeie lengte en diepte huisves. Hy het ook sterk bene en kloue en beweeg gemaklik.

TON 06–40 is oorspronklik geteel uit die bewese Komaweer Stoet van Tollie van Tonder, Leonardville.

 Back to Top

LOT 34: SWA 08-15

LOT 34: SWA 08-15

VIDEO  /  SIRE

Hierdie bul is nageslag van GMS 03–0237 en SWA 04–0016 wat op 22 maande die eerste keer gekalf het en ‘n TKP van 396 dae het oor 4 kalwers.

Belangstellendes kyk altyd weer en weer na die bul. Sy uitstaande eienskap is sy lengte en duidelik gedefinieerde bespiering, breedte oor die hele rug, groot agterkwart wat byna tot op die hakke afkom en diepte oor die hele lyf.

Bul het ‘n los vel met blink, gladde haar met duidelike verdonkering in die voor kwart. Gemete skrotum op 18 maande was 40cm wat reflekteer word in ‘n skrotum teelwaarde van 14.4 Bul se teelwaardes is uitstekend met veral speendirek (15.4) en speen maternaal (5.4) wat uitstaan en groei op 12 en 18 maande is ook goed.

SWA 08–15 behoort in enige speenkalf of osproduksie stelsel sy merk te maak.

 Back to Top

LOT 35: TON 07-129

LOT 35: TON 07-129

VIDEO  /  SIRE

Hierdie bul se stamboom spreek boekdele veral aan vaderskant met TON 02–0028 (Geteel uit bekende NGO 99–0045 van Ponk O’Kennedy) wat diep spore in ons kudde getrap het en van wie ons seuns ook gebruik het as kuddevaars.

TON 07–129 se moer TON 03–0035 het reeds 4 kalwers gespeen teen 118 gemiddeld met TON 07–0129 wat self ook 257 kg geweeg het by speen met ‘n speenindeks van 115.

Kyk ons na hiedie bul se ander groeisyfers is dit uitstaande met 117 en 114 indekse onderskeidelik vir 12 en 18 maande. Hierdie is definitief ‘n groter raam tipe bul met goeie vel en haar en ‘n sterk kop en kan definitief nie op verse gebruik word nie.

Wat bul se teelwaardes aanbetref is sy speendirek van 14.3 en speen maternaal van 10 uitsonderlik en behoort hierdie bul speenkalwers te produseer wat hulle man sal staan in enige plaaslike sowel as Suid–Afrikaanse voerkraal.

 Back to Top

LOT 36: GJN 08-64

LOT 36: GJN 08-64

VIDEO  /  SIRE

Dit is al tradisie dat Hartebeestloop genetika beskikbaar stel van regoor Suidelike Afrika. Daar is nooit net HART bulle op die veiling nie. GJN 08–64 is so ‘n bul. Hy is die halfbroer van GJN 08–0018 wat ook op die veiling is. GJN 08–64 is ‘n groter raam tipe en is die seun van VV 04–0046. Die moer GJN 06–0005 het op 28 mnde die 1ste keer gekalf en het TKP van 427 dae oor 3 kalwers. Sy is nou goed aangepas op Hartebeestloop.

Hy vertoon goeie aanpasbaarheidseienskappe met gladde en blink vel. Skofontwikkeling is goed met mooi toplyn, sterk beenstruktuur, goeie kloue en lang stert. Daar is genoegsame bespiering, diepte en kapasiteit. Sy gemete oogspieroppervlakte van 86 was in die top 5 van sy groep en sy teelwaarde vir die eienskap is 2.2 teenoor rasgemiddeld van 0.18. Daar is genoeg manlikheid in die bul en goeie verdonkering van nek, skede/naelvel kombinasie is reg en sy skrotum is 38,1 cm gemeet. Die skrotum is effe gedraai wat stoettelers se keuse mag beinvloed.

GJN 08–64 se teelwaardes is goed gebalanseerd met die meerderheid beter as rasgemiddeld. Wat veral uitstaan, is die teelwaardes vir speendirek 19.6, speenmaternaal 4.3 en skrotum van 25.5 met hoë akkuraatheidsyfers aangesien daar reeds meer as 300 nageslag van VV 04–0046 en sy nageslag aangemeld is. GJN 08–64 het baie goed gedoen tydens die FASE D groeitoets (al 3 indekse bo 100), die Veldbultoets (ekonomiese indeks van 110) en het op koop toe ‘n groot pelvisindeks van 108. Hy is aangepas en groei op die veld!

GJN 08–64 sal uitstekend presteer in beide speenkalf en osproduksiestelsels onder ekstensiewe toestande. Hy is goed aangepas vir Namibië en dit reflekteer in die resultate van sy prestasietoetsing. Hy is ‘n kyk weer bul.

 Back to Top

LOT 37: HART 08-25

LOT 37: HART 08-25

VIDEO  /  SIRE

HART 08–25 kom uit AG 02–0027 en HJB 04–0019 wat as dragtige koei aangekoop is by Benchmark Bonsmaras se uitverkoping in 2006. HJB 04–0019 se reproduksie is bogemiddeld met OEK 27 maande, TKP 399 dae en ‘n reproduksie–indeks van 111. Sy speen haar kalwers op 53,5% van haar eie liggaamsgewig – dit is wat hulle bedoel met biologiese en ekonomiese doeltreffendheid. Nog 2 van haar bulkalwers is besig met Fase D toetsing en hulle prestasie lyk baie goed. AG 02–0027 sit sy merkwaardige aandeel in ons kudde voort met hierdie seun.

HART 08–25 vertoon baie manlikheid, goeie verdonkering en ‘n perfekte skrotum – in posisie, vorm en grootte (39,2 cm). Sy skede/naelvel kombinasie is so goed soos kan kry. Sy vleiseienskappe is van die beste met goeie binne en buite dye en ‘n vol boud. Voorarm is goed bespierd, skilpadspier wys duidelik en goeie spierdefinisie kan gesien word. Daar is oorgenoeg kapasiteit en diepte in die bul en hy is breed regdeur. HART 08–25 se aanpassingseienskappe is uitstekend – gladde vel en haar, goeie en sterk skofontwikkeling, sterk bene, goeie kloue en ‘n stert wat amper op die grond hang. Hy is gebou vir ekstensiewe omstandighede. Sy Veldbul ekonomiese indeks en pelvisindeks is al 2 by die groepsgemiddeld.

HART 08–25 is ‘n “All Rounder” bul en kan met groot gemoedsrus op verse en koeie gebruik word. Hy is baie laag op geboortedirek en sy groeisyfers is ook laer as die rasgemiddeld. Sy teelwaardes wat reproduksie aandui is egter baie hoër as die rasgemiddeld – kalftempo is 60 en Skrotumteelwaarde is 11,3. HART 08–25 is baie meer as wat teelwaardes sê.

Jy gaan hom maklik herken op die veiling. Stop en kyk weer – alle kwaliteite wat die Bonsmara so gewild maak, is volop in hom.

 Back to Top

LOT 38: HOT 08-246

LOT 38: HOT 08-246

VIDEO  /  SIRE

HOT 08–246 is saam met sy ma HOT 03–0203 aangekoop by Badeveen Bonsmaras se 50ste verjaarsdag veiling. Vaar DB 00–0045 (AG 96–0059 seun) is sterk in Badeveen kudde gebruik met meer as 100 aangetekende nageslag tot op nou. Hot 03–0203 kom uit die RCO 98–0037 lyn en het 5 kalwers waarvan 3 gespeen is teen gemiddeld 103 speenindeks en 52,8% van haar liggaamsgewig.

HOT 08–246 is in alle opsigte ‘n bul – hy het ‘n dik en beweeglike vel, glansende haar, aanvaarbare skofontwikkeling en sterk bene en kloue. Sy toplyn is sterk, die kapasiteit is daar en so ook diepte en breedte reg deur. Hy vertoon baie goeie bespiering en dit kan ook gesien word in sy oogspier teelwaarde wat ver bo die rasgemiddeld is. Sy skede/naelvel kombinasie is uitstekend. Sy skrotum meet 38,7cm maar is gedraai en dit diskwalifiseer heel moontlik die bul vir stoettelers.

HOT 08–246 se teelwaardes is omtrent almal beter as die rasgemiddeld. Hy is swaarder as rasgemiddeld op geboorte direk en dit vat hy reg deur met al sy groeivermoë –; voerdoeltreffendheid–; en reproduksie teelwaardes wat beter as rasgemiddeld is. Sy Veldbul indeks is 120, pelvisindeks is 108, GDT indeks is 128 en Kleiber indeks is 107. Sy teelwaardes vir vleisopbrengs, marmering en vroeë vetneerlegging is almal beter as rasgemiddeld.

HOT 08–246 behoort enige kommersiële kudde waarheen hy gaan ‘n “flying start” te gee. Die manne gaan langs jou lyndrade staan om sy kalwers en osse te bewonder. Hy het uitsonderlike vleiseienskappe en behoort ‘n aanwins te wees vir die vleisbeesindustrie in Namibië. Ek sou graag die bul in ‘n kruistelingprogram wou sien – vir die suiwer rede dat min van die ander ras bulle sou kon byhou.

 Back to Top

LOT 39: HART 08-63

LOT 39: HART 08-63

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit BHE 04–35 (RCO 98–0037 seun) wat op die laaste Fortress bulveiling aangekoop is. Die moer HART 06–005 het op 27 mnde die eerste keer gekalf, TKP van 392 dae oor 3 kalwers, 3 kalwers gespeen teen 105 gemiddelde speenindeks en sy speen hulle teen 61,4% van haar eie liggaamsmassa. Haar reproduksie indeks is 114 en haar koei effektiwiteitsindeks is 122. Op Hartebeestloop begin ons stadig maar seker nou eie HART– koeifamilies inbring in die teling van top bulle.

HART 08–63 neig effe na die Bos Taurus tipe bees en ons kan dit sien aan sy haarkleed wat nie heeltemal so glad is nie – maar tog ‘n blinkhaar is wat glansend is. Daar is egter baie te sê vir die kombinasie van effe meer Taurus–tipe bulle met die meer Indicus tipe Bonsmara koeie in Namibië. Sy skofontwikkeling is goed, bene is sterk, kloue is goed en stert is lank – so daar is ook baie goeie aanpasbaarheidseienskappe in die bul. Hy is goed bespierd, vol vleis, baie goeie kapasiteit, sterk toplyn en lang boudaanhegting. Hy vertoon lengte en dit wys in sy hoogte/lengte verhouding van 1:19. Hy kan op koeie en verse gebruik word.

HART 08–63 het lae geboorte direkte teelwaarde wat laer as rasgemiddeld is. Hy weeg 32 kg by geboorte. Hy het genoeg melk en baie goeie voerdoeltreffenheid teelwaardes. Sy groeivermoë teelwaardes is onder die rasgemiddeld maar sy FASE D toets was bo die groepsgemiddeld. Hierdie is ‘n geval waar jy moet kyk na die bul in die kraal en teelwaardes op die agtergrond skuif.

HART 08–63 is ‘n baie goeie vleisbees voorbeeld op die veiling. Behalwe dit wat jy sien, is sy “onder die vel” waardes vir oogspieroppervlakte, uitslagpersentasie en vleisopbrengs almal baie beter as die rasgemiddeld. HART 08–63 gaan jou nie teleurstel nie – probeer gerus hierdie bul wat kom uit ‘n top ma en bekende vaarfamilie (RCO 98–37) wie se stempel werêldwyd afgedruk is.

 Back to Top

LOT 40: HART 08-194

LOT 40: HART 08-194

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit KHB 04–0168 vanaf Kings Heath Bonsmaras (Johan Myburgh) en BHE 02–0112. Sy is vanuit Fortress Bonsmaras en doen uitstekend in die warm Kalahari. Haar TKP is 399 dae oor 6 kalwers en sy speen 5 kalwers met gemiddelde speenindeks van 101 en teen 50,8% van haar liggaamsmassa. Haar reproduksie–indeks is 110. Sy is ‘n goeie voorbeeld van ‘n lae–inset, hoë wins koei veral as gekyk word hoe haar bulnageslag verkoop het. Daar is ‘n baie sterk seun van haar by Junius Mungunda van Okozonduno Bonsmaras. Ek sou haar kies as die ideale tipe en bouvorm koei wat die beste aanpas in ekstensiewe omstandighede.

HART 08–194 is ‘n stewige bul met baie goeie aanpasbaarheidseienskappe – reg deur van glansende haarkleed, sterk skofontwikkeling, sterk beenstruktuur en baie goeie kloue. Sy kloue sal hou, waar hy ookal gaan – klip of sand. Daar is sterk manlikheid in die bul met manlike kop, goed gevormde skrotum wat 37,8cm meet en sterk oogbankontwikkeling. Op Hartebeestloop is daar altyd die argument of sterk oogbanke ‘n sekondêre manlikheidseienskap of ‘n aanpasbaarheidseienskap is of albei. Dit maak deel uit van die manlike beeld maar as jy die diere aanjaag deur die bosse of hulle vreet onder en binne die bos – dan sien jy wat ‘n aangepaste “kop” is. Skede/naelvel kombinasie is goed. Daar is genoeg bespiering in die bul met goeie toplyn, kapasiteit en diepte.

Sy teelwaardes is goed gebalanseerd met geboorte teelwaardes laer as die rasgemiddeld met die groeivermoë teelwaardes en reproduksie teelwaardes weer meerendeels beter as die rasgemiddeld is. Sy skrotumteelwaarde van 14,5 is baie goed – sy pa teel konstant sulke mooi skrotums.

HART 08–194 kan op beide verse en koeie gebruik word. Hy is die tipiese “middel van die pad” bul wat geen onaangename verassings gaan gee nie. Boere wat nie spesifiek versbulle en nog ander bulle wil koop wat net op koeie alleenlik gebruik kan word nie, kan gerus by die bul stop. Hy kan ook in enige produksiestelsel gebruik word en kyk gerus om sy vroulike nageslag as vervangingsverse te gebruik. Beide uit sy vaar– en moederlyne het ons uitstekende vervangingsverse geteel en ons verwag dat hy dieselfde eienskappe sal wys om jou vroulike kudde “big time” te verbeter.

 Back to Top

LOT 41: HART 08-281

LOT 41: HART 08-281

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AG 04–0175 en HJB 04–0069. AG 04–0175 is een van ons beproefde “All Rounder” bloedlyne en HJB 04–0069 is op die Benchmark uitverkoping gekoop. Dit is een van ons meer belangrike teeldoelwitte om soveel as moontlik bulle te teel wat goed doen op beide verse en koeie. Ons is konstant besig om beproefde kalwingsgemak bloedlyne bymekaar te bring.

HART 08–281 is ‘n bul wat op beide verse en koeie met gerustheid gebruik kan word. Hy wys uitstaande aanpasbaarheidseienskappe met ‘n blink en gladde vel en baie goeie haarkwaliteit. Sy stert is amper op die grond. Daar is goeie skofontwikkeling, wye velvoue op die nek, goeie beenstruktuur en goeie kloue. Tipies van bulle wat op verse ook gebruik kan word is die bene nie so dik nie. Diepte van lyf en kapasiteit is genoegsaam, hy vertoon baie goeie lengte met hoogte/lengte verhouding 1:21 wat beter as rasgemiddeld is. Selfs met die lang lyf, is die toplyn nog steeds sterk. Skrotumomtrek (38,1cm), posisie en die manier wat dit hang, is baie goed. Daar is genoeg manlikheid in die bul en sy bespiering is ook reg. Skede/naelvel is ook baie goed. Hy is fenotipies ‘n baie korrekte bul.

Sy teelwaardes is reg en die balans tussen geboorte gewig, groeivermoë, doeltreffendheids en reproduksie teelwaardes is goed. Dit is wat jy soek in teelwaardes. Hy vertoon aanvaarbare groei op die veld en ook tydens die FASE D groeitoets. HART 08–281 is ‘n totale pakket Bonsmara bul wat gebruik kan word om vervangingsverse te teel maar sal ook goed doen in ‘n speenkalf of osproduksie stelsel. Jy gaan nie kalwingsprobleme met hom kry nie en daar is genoeg groei om swaar speenkalwers te produseer. Kommersiële telers moet deeglik na sy goeie eienskappe kyk.

 Back to Top

LOT 42: HART 08-162

LOT 42: HART 08-162

VIDEO  /  SIRE

Hy is ‘n suiwer Vaalbos Bonsmara teling uit VBB 06–0144 (seun van FCT 00–0065 – Kit Thompson) en VBB 06–0274. Sy is deel van 10 uitsoek, dragtige verse aangekoop by Vaalbos Bonsmaras. Haar OEK is 22 mnde, sy speen 2 kalwers teen 103 en het ‘n besonderse reproduksie–indeks van 120. Danie Bosman het die parings gedoen op Vaalbos en dit kan duidelik aan die kwaliteite van hierdie bul gesien word.

HART 08–162 is ‘n medium raam tipe 3 bul wat goeie aanpasbaarheid wys. Sy vel blink en jy kan duidelik die “happy lines” sien, skof ontwikkel mooi, beenstruktuur is sterk en kloue is goed. Opvallend is die goeie toplyn, hy is ‘n lang bul met hoogte/lengte verhouding van 1:20, goeie diepte en mooi balans. Sy bespiering is net reg, kop is sterk, verdonkering is aanwesig, skrotum is goed in plek en skede/naelvel kombinasie is tops.

HART 08–162 vertoon uitstaande teelwaardes met omtrent alle teelwaardes matig beter as rasgemiddeld. Wat ookal ons getoets het, het hy in goed gedoen naamlik Veldbulindeks 105, pelvisindeks 105, GDT indeks 109 en Kleiber indeks 108. Hy presteer onder ekstensiewe toestande en voldoen aan al Meatco se ekstra premie vereistes – oogspieroppervlakte, marmering, vroeë vetneerlegging en vleisopbrengs almal beter as rasgemiddeld.

Hy sal goed doen in enige produksiestelsel waar vleis vanaf die veld produseer word. Ekstra gewig is in die lengte van ‘n bees en dit sal goed wees om hierdie eienskap in jou kudde te vestig met HART 08–162. Selekteer ook jou vervangingsverse uit HART 08–162 se nageslag.

 Back to Top

LOT 43: HART 08-145

LOT 43: HART 08-145

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AG 04–0175 en NGO 03–0205. Haar TKP is 383 dae oor 5 kalwers en al haar kalwers is gespeen teen 49,4% van haar liggaamsgewig. AG 04–0175 is uit die beproefde versbul bloedlyn AG 99–0104 en sy seuns op die veling lyk goed. Ons bring volgende jaar ‘n baie sterk span AG 04–0175 seuns na die veiling.

HART 08–145 is ‘n effe groter raam bul (dit kry hy van sy moeder) wat uitstekende aanpasbaarheid wys. Sy vel en haar is uit die boonste rakke, sterk skofontwikkeling, beenstruktuur is goed en kloue is baie aanvaarbaar. Kapasiteit is goed, mooi diepte en lengte (hoogte/lengte verhouding is 1: 19), sterk toplyn en baie goeie kruishelling – beide die helling en die lengte. Jy kan sien hy is ‘n BUL – kop is manlik genoeg, oogbanke is ontwikkel, verdonkering is daar en skrotum is uitstaande in vorm, posisie en grootte (40,3cm).

HART 08–145 se teelwaardes is uit die boeke en baie goed gebalanseerd. Die meeste teelwaardes is beter as rasgemiddeld maar daar is geen van hulle wat hemelhoog is en jou laat wonder nie. Balans in teelwaardes is die wagwoord by Bonsmaras as jy lank in die vleisbees bedryf wil bly. HART 08–145 doen goed in die Veldbultoets met ekonomiese indeks van 113 en groei ook goed tydens die FASE D groeitoets met GDT indeks van 102. Hy is ‘n goeie kombinasie van aanpasbaarheid, gehardheid en goeie groeieienskappe bul. Sy vleisopbrengs en uitslag% is baie beter as die rasgemiddeld.

HART 08–145 sal ek eers net op koeie gebruik en hom so toets. Op stamboom, bouvorm en geboorte data is hy reg vir verse maar sy skouerhoogte pla. Hy sal uitstekend doen as gebruiksbul om vervangingsverse en swaar speenkalwers te teel en om osse teel wat op die veld gereed gemaak kan word vir die mark. Daar is altyd boere wat ‘n groter raam bul verkies.

 Back to Top

LOT 44: HART 08-157

LOT 44: HART 08-157

VIDEO  /  SIRE

Hierdie is ‘n suiwer Arcadia teling met AG 04–0427 en AG 04–0243. Sy is uit die hand aangekoop by Arcadia Bonsmaras en doen goed by ons met TKP van 342 dae oor 5 kalwers. AG 04–0427 het ons aan die begin uitsluitlik gebruik om jong 14 mnde verse oop te maak. Die kwaliteit van sy nageslag het ons laat besluit om hom nou na een van die Elite koeitroppe te skuif.

HART 08–157 is ‘n goed aangepaste en geharde bul wat na enige deel van Namibië kan skuif. Hy is glad van haar, vertoon ‘n blink en los vel, met aanvaarbare skofontwikkeling, goeie beenstruktuur en sterk kloue. Hy is baie goed “aan mekaar gesit” betekende dat hy is in balans met genoegsame kapasiteit, diepte, breedte en goeie toplyn. Die bul vertoon goeie manlikheid en is ‘n wakker bul. Sy skrotum is uitstekend – grootte (39,2cm), hang mooi en is glad en ferm. Die skede/naelvel kombinasie kan nie beter nie.

Sy teelwaardes is goed met veral sy reproduksie teelwaardes wat ver bo rasgemiddeld is. Die voerdoeltreffendheid kon beter wees om meer in lyn te kom met ons teeldoelwitte op Hartebeestloop. Hy presteer reg deur die prestasietoetsing baie goed – Veldbul indeks (106), pelvisindeks (102), GDT indeks (105) en Kleiber indeks (109). Wat meer soek jy in ‘n bul as al sy ekonomiese belangrike eienskappe so goed toets?

HART 08–157 kom uit ‘n beproefde lyn van kalwingsgemak bulle en hy kan op koeie en verse gebruik word. Kyk na sy relatiewe klein kop en jy sal weet hoe om koppe te evalueer vir kalwingsgemak. Hy is fenotipies baie korrek en sy direkte toetsresultate is baie goed – ons glo dat hy sal teel soos hy presteer het op Hartebeestloop. Ons beveel hom met ‘n geruste hart aan vir enige kommersiële teler wat sy kudde wil opgradeer na “beter” bees.

 Back to Top

LOT 45: VBB 08-149

LOT 45: VBB 08-149

VIDEO  /  SIRE

Hy is geteel uit AG 02–0338 (Seun van AG 98–0338) en moer EI 05–166 (BG 96–0125). Sy is goed aangepas en het TKP van 370 dae oor 4 kalwers. OEK is 21 mnde, reproduksie–indeks is 123 en sy speen 3 kalwers teen 50% van haar liggaamsgewig. Party koeie pas net beter en vinniger aan as ander.

VBB 08–149 is ‘n toonbeeld van ‘n aangepaste dier. Sy haarkleed is pragtig, seepglad en blink in die son. Hy vertoon goeie skofontwikkeling, lang stert en sterk kloue. Pigmentasie is baie mooi by die bek, oë en kloue. Sy beenstruktuur is stewig en daar is genoeg plek vir vleis om aan te pak. Die bul het kapasiteit, diepte reg deur die lyf, goeie lengte en ‘n sterk toplyn. Hy is goed bespierd met ‘n oogspieroppervlakte wat betekenisvol beter as rasgemiddeld is. Sekondêre manlikheidseienskappe is goed met sterk kop, goeie oogbanke, mooi verdonkering by nek en skrotum (36,7 cm) wat goed gevorm is. Ons sou graag die hoek waarteen die skede hang beter wou teel.

VBB 08–149 se teelwaardes is weereens baie goed gebalanseerd met laer as rasgemiddeld op geboorte direk, baie melk en goeie reproduksie teelwaardes. Hy doen goed op die Veldbultoets met ekonomiese indeks van 113, toon baie aanvaarbare groei tydens die FASE D groeitoets en wys uitstekende vleiseienskappe. Beide sy uitslag% en vleisopbrengs teelwaardes is uitstekend.

VBB 08–149 kan op koeie en verse gebruik word en hy sal goed doen in enige produksiestelsel. Teel jou eie top kwaliteit vervangingsverse met hom, speenkalwers wat die mark soek of veldafgeronde osse vir Meatco. Met sy pragtige haarkleed en swart pigment gaan hy en sy kalwers altyd uitstaan tussen jou koeie in die veld.

 Back to Top

LOT 46: HART 08-169

LOT 46: HART 08-169

VIDEO  /  SIRE

Hy is Suid–Afrikaans geteel met VV 04–0251 (suiwer Frans van den Bergh) en AEJ 06–0004 wat as uitsoek, dragtige vers by NOSA Bonsmaras aangekoop is. AEJ 06–0004 doen verbasend goed in die Kalahari – OEK is 29 mnde, TKP is 395 dae oor 3 kalwers en sy speen 2 kalwers met speenindeks van 111 en teen 52,9% van haar liggaamsgewig. In enige boer se terme, is dit ‘n goeie koei. Meer so as sy dit in die Kalahari reg kry.

HART 08–169 is ‘n medium raam bul wat op beide verse en koeie gebruik kan word. Jou eerste indrukke is dat hy ‘n klipharde bul is wat orals sal presteer en konstitusie behou. Hy is goed aangepas vir die ekstensiewe warm toestande – vel en haar is reg, skofontwikkeling is duidelik sigbaar, stert is lank en bene en kloue is sterk en goed gevorm. Sy sekondêre manlikheidseienskappe is besig om sterk deur te kom met manlikheid in die kop, breë bek, verdonkering in die nekarea en ‘n goedgevormde skrotum wat 37,5 cm meet. Daar is genoegsame diepte deur die voorlyf en die bespiering is ook baie aanvaarbaar (oogspieroppervlakte is beter as die rasgemiddeld). Ek sou graag die bul met meer breedte wou teel. HART 08–169 se teelwaardes is uitstekend met die meeste beter as rasgemiddeld. Hierdie teelwaardes wys dat daar goeie beplanning was met die selektiewe paring. Soos sy teelwaardes aandui, is sy groeivermoë goed en het hy Veldbul indeks van 115, GDT indeks van 102 en Kleiber indeks van 100 behaal. Hy vertoon ook baie goeie karkaskwaliteite met beide vleisopbrengs en uitslag% beter as die rasgemiddeld.

HART 08–169 voldoen aan al die vereistes wat kommersiële boere daar stel vir ‘n bul om mee suksesvol te teel onder ekstensiewe toestande. Gee hom gerus ‘n kans in jou kudde.

 Back to Top

LOT 47: VBB 08-142

LOT 47: VBB 08-142

VIDEO  /  SIRE

Hy is weereens ‘n suiwer Suid–Afrikaanse geteelde bul en kombineer bloedlyne wat baie goed gedoen het by Badeveen Bonsmaras en NOSA Bonsmaras. Aan vaderskant (HOT 06–0037) is dit AG 96–0059 en moederskant (AEJ 06–0108) kombineer AGJ8 en RAI 99–0054. AEJ 06–0108 doen goed in die Kalahari met OEK 24 mnde, TKP van 359 dae oor 3 kalwers, gemiddelde speenindeks van 110 oor 2 kalwers en reproduksie–indeks van 122. Ons verwag nog baie van die koei.

VBB 08–142 is ‘n stewige, dik bul met pragtige swart pigment. Hy is ‘n goed gebalanseerde bul met goeie kapasiteit, diepte, breedte en lengte. Daar is genoeg bespiering, sterk toplyn, goeie kruishelling en afstand van heupbeen na sitbeen is goed. Die bul is propvol vleis – kyk na sy dye. Terug na sy pigment – kyk na kop, neus, oë, nek, skrotum en kloue. Die swart pigment laat hom eintlik nog meer manlik vertoon as wat hy is. Hy het altyd ‘n fier houding en is gedurig op die uitkyk na watter bewegings om hom plaasvind. Sy skrotum is goed gevorm (35 cm) en hang mooi. Sy skede/naelvel kombinasie is vlesig en ons sou dit beter wou sien. Ek is nie bekommerd oor die hare op die nekgedeelte nie – sy ore is skoon binne en hy sal glad word soos sy pa/oupa aan vaderskant en sy ma se familie aan beide kante.

VBB 08–142 se teelwaardes is van die heel beste. Laag op geboorte direk en sterk teelwaardes vir groeivermoë, voerdoeltreffendheid en reproduksie. Op Hartebeestloop verkondig ons: “Balans in Teelwaardes” eerder as klem op individuele teelwaardes ongeag of die teelwaarde goed of sleg is! Hy doen goed tydens prestasietoetsing met Veldbul indeks van 110, GDT 109 en Kleiber 105. Ek kan hierdie bul aanbeveel na enige kudde. Hy is onverwant, vertoon presies soos wat ons hulle soek in Namibië en het goed presteer in ‘n sterk span op Hartebeestloop.

 Back to Top

LOT 48: HART 08-136
LOT 48: HART 08-136


VIDEO  /  STOETVAAR

Hy is geteel uit KHB 04-0168 (Johan Myburgh - Kings Heath Bonsmaras) en AG 04-0232. Sy is geteel uit AG 99-0104 en is dus halfsuster van AG 04-0427 van wie daar 4 seuns op veiling is. Sy het swaar getrek aan die begin maar doen al hoe beter. Sy het nou 4 kalwers en speen 3 van hulle teen 48,3% van haar liggaamsmassa. Sy kan ‘n kalf versorg!

HART 08-136 is ‘n goeie gebalanseerde bul met sterk toplyn en goeie lengte en maak ‘n baie goeie indruk. Sy aanpasbaarheidseienskappe is so goed soos jy kan kry – blink vel en kort haar, goeie skofontwikkeling, lang stert, goeie beenstruktuur en sterk kloue. Hy kan gaan werk op enige plek in Namibië. Bespiering is genoegsaam maar nie so goed gedefinieërd soos van die ander bulle op die veiling nie. Jy kan dadelik sien dis ‘n bul met libido- kop is sterk, hy is bewus van sy omgewing, verdonkering is daar en sy skrotum is goed gevorm en meet 36,5cm. Sy skede/naelvel is goed en hy wys ‘n gladde onderlyn. Sy stertaanhegting kon ook beter gewees het.

HART 08-136 se teelwaardes is goed. Hy is ‘n kleiner raam bul en geboorte direkte teelwaardes tesame met groeivermoë is by die rasgemiddeld. Sy reproduksie teelwaardes is uitstekend. HART 08-0136 presteer op die groepgemiddeld met Veldbul ekonomiese indeks, GDT en Kleiber.

Hy kan op verse en koeie gebruik word. Hy is tipies wat die boere in ons omgewing benodig as “All Rounder” bul – fenotipies korrek, alle waardes gemiddeld tot effe bogemiddeld en goed aangepas. Dit is die bul wat jy moet gebruik as jou beesgetalle laag is en jy ook vervangingsverse wil hou.

 Terug na Bo

LOT 49: HART 08-111
LOT 49: HART 08-111


VIDEO  /  STOETVAAR

Hy is geteel uit AG 04-0427 en moer BHE 05-0035. Kyk na die ander seuns van AG 04-0427 wat ook op die veiling is. Daar is ook kalwers van AG 04-0427 by EMOK Bonsmaras van Edward Hansen. Praat gerus met Edward oor die kalwers en hoor sy opinie. BHE 05-0035 se OEK is 26 mnde, TKP is 376 dae en sy speen 3 kalwers teen 106 speenindeks gemiddeld en teen 48,2% van haar liggaamsmassa. Dit is mos ‘n biologiese doeltreffende koei!

HART 08-111 is nie werklik ‘n groter raam tipe bul nie maar is effens hoër op die been. Kyk na die pypbeen lengte. Hy wys goeie lengte, aanvaarbare kapasiteit, sterk toplyn en mooi boudspier wat laag afstrek. Bespiering is voldoende en dit word ondersteun deur oogspieroppervlakte wat heelwat bo rasgemiddeld is. Hy is goed aangepas en nieteenstaande sy haarkwaliteit en hoeveelheid haar doen hy goed onder ekstensiewe toestande. Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed – sterk en manlike kop, breë bek, goeie oogbanke, mooi verdonkering en groot en ferm skrotum (39,5cm). Die skrotum hang effe na vore maar dit is heel aanvaarbaar. Sy skede/naelvel kombinasie is so goed soos die beste in die bedryf.

HART 08-111 wys goeie teelwaardes regdeur. Hy is laag op geboorte direk, sterk op melk, matig op groeivermoë, goed op voerdoeltreffendheid en uitstekend op reproduksie teelwaardes. Sy pelvisindeks is 114 (pelvisarea 175.5 mm² teenoor ons teeldoelwit van 155 mm² vir mediumraam verse). Kyk mooi na hierdie eienskap tesame met sy ander eienskappe as jy kalwingsprobleme in kudde wil aanspreek. Sy vleiseienskappe is baie goed met beide vleisopbrengs en uitslag% bokant die rasgemiddeld. HART 08-111 kan op koeie en verse gebruik word.

HART 08-111 gaan net nog beter ontwikkel. Daar is goeie vleisbeespotensiaal in die bul opgesluit.

 Terug na Bo

LOT 50: HART 08-04
LOT 50: HART 08-04


VIDEO  /  STOETVAAR

Hy is geteel uit AEJ 03-0199 – dit is die dik en goed gepigmenteerde bul wat op die 2010 veiling aan Tollie van Tonder verkoop is. Die moer is BHE 99-0163 (Superior 2010) wat een van die staatmakerkoeie in ons kudde was. Sy is nou uitgeskot weens verlies aan tandmateriaal. Sy het ‘n TKP van 406 dae oor 7 kalwers en ‘n gemiddelde speenindeks van 106 oor 7 en ‘n 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers.

HART 08-04 is ‘n groter raam tipe en later ryp Bonsmara bul. Kyk gerus na sy pypbeen lengte wat sy groter raam bevestig. Daar is ook groot raam Bonsmara bulle wat funksioneel doeltreffend is en HART 08-04 is so ‘n bul. Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed – kop is sterk, verdonkering is aanwesig en hy vertoon ‘n uitstekende skrotum (39 cm). Sy naelvel/skede kombinasie is perfek. Vir ‘n groter raam bul om te presteer tydens prestasietoetsing in ons omstandighede moet sy aanpassingseienskappe baie goed ontwikkel wees. HART 08-04 vertoon goeie skofontwikkeling, dik en los vel met duidelike “happy lines”, lang stert wat amper die grond raak, sterk bene en baie goeie kloue en hieldiepte. Nieteenstaande sy grootte het HART 08-04 ‘n bogemiddelde hoogte/lengte verhouding van 1:17.

HART 08-04 se teelwaardes is baie goed. Hy is slegs effens swaarder op geboortegewig direk as die rasgemiddeld (sy geboortegewig is 35 kg) en van daar is sy groeivermoë en voerdoeltreffendheid ver beter as die rasgemiddeld. Hy het baie goed gegroei tydens die FASE D toets en eindig onder die eerste 3 bulle in sy groep. Sy goeie aanpasbaarheid maak dat hy ook baie goed presteer tydens die Veldbultoets met ‘n ekonomiese indeks van 113.

HART 08-04 is ‘n bul vir speenkalf en osproduksie. Al sy teelwaardes vir vleisopbrengs, uitslagpersentasie, oogspieroppervlakte, vroeë vetneerlegging en marmering is bo die rasgemiddeld. Boere moet goed kyk na hom – nie net is sy voorkoms reg vir speenkalf en osproduksie nie maar ook sy teelwaardes.

 Terug na Bo

LOT 51: HART 07-181

LOT 51: HART 07-181

VIDEO  /  SIRE

HART 07–181 is die 2de oudste bul op veiling. Hy is geteel uit BHE 04–0035 (RCO 98–0037 seun) wat by Fortress Bonsmaras aangekoop is en HJB 02–289. Sy is aangekoop op die Benchmark uitverkoping in 2006. Haar TKP is 370 dae oor 6 kalwers en 5 kalwers is gespeen met ‘n gemiddelde speenindeks van 103. Al 4 kalwers wat tot sover aangebied is vir keuring, is goedgekeur. Sy is ‘n besondere koei as jy na haar reproduksiesyfers kyk wat sy in die Kalahari op haar ouderdom behaal het.

HART 07–181 is ‘n groter raam tipe Bonsmara bul. Hy vertoon mooi swart pigment op sy neusspieël en oogbanke. Sy aanpasbaarheidseienskappe is goed met gladde vel en goeie haarkwaliteit, goeie skofontwikkeling, lang stert en sterk bene en kloue. Sy toplyn is goed, kruishelling en stertaanhegting is reg en die skede/naelvel kombinasie is baie korrek. HART 07–181 het genoegsame kapasiteit en breedte maar kan doen met meer bespiering vir sy raam tipe. Skrotum is goed gevorm, hang mooi en het 33,7 cm gemeet. Dit word ook gereflekteer in sy skrotumteelwaarde wat laer as rasgemiddeld is. Alhoewel hy ‘n groter raamtipe is, is sy hoogte/lengte verhouding 1: 17. Hy vertoon goeie lengte. Sy Veldbul ekonomiese indeks is 109 en sy pelvisindeks is 103 – beide waardes is goed in lyn met wat ons wil teel op Hartebeestloop.

HART 07–181 vertoon baie goeie gebalanseerde teelwaardes. Hy is swaarder as rasgemiddeld op geboorte, so ook is sy groeivermoë, voerdoeltreffenheid en kalftempo bo die rasgemiddeld. Geen van die groeivermoë teelwaardes is egter uitskieterwaardes nie – slegs matig bo die ras. HART 07–181 sal goed doen onder ekstensiewe toestande in beide ‘n speenkalf of osproduksiestelsel. Kommersiële boere wat ekstra groei soek, moet goed kyk na hom.

 Back to Top

LOT 52: WAGB 09-08

LOT 52: WAGB 09-08

VIDEO  /  SIRE

Hierdie bul het uitstaande kwaliteite. Uitstaande bespiering, lengte en diepte. Die bul se vol agterkwart , sprong van rib en sterk voorarm toon dat hy tipies vleis dra. Die bul het met die fase D toets ‘n indeks van 116 getoon. Alhoewel sy teelwaardes toon dat die bul as ‘n “allrounder “ geklasifiseer kan word, sal ek die bul verkieslik op groter raam koeie gebruik.

Die bul is vir groei geteel en die speen , 12 maande en 18 maande teelwaardes is bo die rasgemiddeld. Die GDT en VOV waardes is ook beduidend bo die ras gemiddeld. Die karkaskwaliteite van die bul is uitstaande. Die oogspier oppervlakte en uitslag persentasie teelwaardes is uitstekend.

Die bul se vaar het ‘n groot invloed op die kudde gehad. Hy is veral bekend vir besonderse karkas kwaliteite, groei en uitslag persentasie. Dit is ‘n “dik “ bul!

 Back to Top

LOT 53: HMB 08-21

LOT 53: HMB 08-21

VIDEO  /  SIRE

Kyk gerus na hierdie bul se besondere agterkwart ontwikkeling, diepte, bespiering, balans, skede en testis. Fokus gerus op sy netjiese stertaanhegting en sy wenslike kruis vir maklike geboortes van sy vroulike nageslag. Hy toon goeie manlike sekondêre eienskappe in sy diep voorkwart en mooi manlike kop. Hy het ‘n gladde, beweeglike vel. HMB 08–21 is een van die laaste bulkalwers van EI97–24, wat uitstekend presteer het by Hochfeldstreek Bonsmaras asook ander sandveld gedeeltes.

Deurgaans klipharde bulle met uitstekende groei is keer op keer uit hierdie vaar geteel, en HMB 08–21 is geen uitsondering nie. Sy moeder is besig om haar as ‘n topkoei in ons kudde te vestig: Met ‘n TKP van 426 dae vir 4 kalwers, en ‘n gemiddelde speenindeks van 109 vir haar drie klawers, is sy baie doeltreffend.Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat sy bulkalwers geteel het, wat vir die Hartebeestloop veiling geselekteer word.Om hierdie bul optimaal te benut, word hy aanbeveel in speenkalf– asook osproduksie stelsels.

Hochfeldstreek Bonsmaras is van die oudste telers in Namibië en hulle genetika is wyd verspreid. Hierdie bul is weereens ‘n toonbeeld van die goeie kwaliteit diere wat hulle teel.

 Back to Top

LOT 54: TON 08-58

LOT 54: TON 08-58

VIDEO  /  SIRE

Nog nageslag van CSW 99–0074 wat goed presteer het op die veld. Soos sy halfbroer (TON 08–0066) wat ook op die veiling kom het hierdie bul ook uitstaande groeisyfers en ‘n mooigevormde skrotum (Teelwaarde 14.1).

As ‘n mens die bul die eerste keer sien is sy diepte, kapasiteit en besondere sterk agterkwart opmerklik. Voeg daarby ‘n uitstekende vel/haar kombinasie en dan weet jy hoekom hierdie bul so goed aangepas het in ekstensiewe Namibiese omstandighede. Bul se moeder TON 03–014 se reproduksie spreek vanself met 6 nageslag waarvan 5 gespeen is teen gemiddeld van 109 en ‘n reproduksie–indeks van 106.

Bul se teelwaardes vir groei en reproduksie is almal bo rasgemiddeld en daarom behoort hy soos sy halfbroer ook verse sowel as osse te kan teel.

Kyk mooi na hierdie bul as jy diepte en kapasiteit kort in jou kudde.

 Back to Top

LOT 55: JS 07-16

LOT 55: JS 07-16

VIDEO  /  SIRE

JS 07–16 is een van ons eie aanteel en is hoog gepunt deur Arthur de Villiers (jnr). Die bul is op 24mde verse in ons kudde gebruik in die somer en winterdekseisoen.

Die bul het uitstekende lengte, met goeie sprong van rib. Die bul is bietjie ligter van kleur en het baie goeie vel en haar. Hy het ‘n lekker donker skof met baie manlike eienskappe. Die bul het besondere hieldiepte met mooi sterk bene en kloue. Hy loop na die koeie en wag nie dat hulle na hom moet kom nie. Hy het baie goeie naelvel en skede met ‘n mooi gevormde testis. Lengte en diepte is van die beste met ‘n goeie toplyn.

JS 07–16 is teel uit die BG 96–125 bloedlyn van Bonsmara Genepoel. Sy ma is ‘n topkoei by Frikkie Kruger(Waterpaslaagte) gekoop. Sy is ook deur Arthur de Villiers (jnr) hoog aangeslaan.

 Back to Top

LOT 56: SWA 08-03

LOT 56: SWA 08-03

VIDEO  /  SIRE

SWA 08–03 is geteel uit GMS 03–0237 van Okamaja Bonsmaras en SWA 04–0012 wat op 24 maande die eerste keer gekalf het en reeds 2 kalwers gespeen het teen 121 gemiddeld. Vanaf kalfstadium was dit altyd lekker om na die bul te kyk.

Sy bouvorm en grootte word gesien as die mees ideale vir die Bonsmara. Hy is ‘n klipharde bulletjie wat deurgaans ‘n uitstekende kondisie handhaaf. Ons neem dit ook waar by sy verwante. Sy raamwerk en bespiering spreek vanself. Oor die hele lyf is hy propvol vleis. Sy reproduksie–eienskappe is duidelik sigbaar. Hy is ‘n donker bul met kort, gladde hare en het daarby ook ‘n kort skede. Sy skrotumomvang is 37cm en is reg aangeheg. Bul het sterk bene en stap gemaklik in die Kalahari sand. SWA 08–03 het bogemiddelde teelwaardes met veral speen direk van 14 teenoor rasgemiddeld van 7.6 en skrotum van 19.3 teenoor rasgemiddeld van 7.6 wat opval.

Hierdie bul kan op verse sowel as koeie gebruik word en behoort goed te doen by enige kommersiele teler reg oor die land.

 Back to Top
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap