Hartebeestloop

Hartebeestloop
Auction 2010

Index    Overview    Newsletter   Auction PDF   All Auctions
April 2010


Beste Boere en Vriende


Dit is met groot opgewondenheid wat Hartebeestloop die Veiling van 2010 benader. Reeds so ver terug as 2008 het ons besef dat ons in 2010 ‘n lekker sterk spannetjie bulletjies sou aanbied. Die bulle is met ‘n vergrootglas dopgehou en ons was strenger as ooit met hulle keuring. Hulle is egter nie met handskoene hanteer nie. Inteendeel, die meerderheid van hulle moes die klipperige wêreld van Mariental trotseer, sonder enige genade. Om in ons veilings katalogus maklik te kan onderskei wie hierdie bulle is, het ons hierdie jaar op die bulfoto’s die maklik herkenbare “klip” kenteken aangeheg.


Trendsetters

Jare van sorgvuldige genetiese plasings het vrug afgewerp en die bulle regverdig om volwaardige "trendsetters" genoem te kan word. Die diamante op ons advertensie-tema hierdie jaar, reflekteer die gehalte van ons veilingsbulle – elkeen volwaardig ‘n diamant op sy eie! Hierdie jaar het ons heelwat bulle wat as potensiële stoetvaars aangebied word.

Ons vertrou dat ons bulle aanbied wat orals sal kan aanpas – van sand na klip na erge klip!. Daar is dan ook heelwat bulle wat op vers-koeie en eerste-kalf-koeie gebruik kan word. Voorwaar iets vir almal op hierdie veiling! Daar is baie vroulike diere hierdie jaar beskikbaar.


Boeredag

Soos in die verlede kombineer ons weereens die veiling met ‘n Boeredag vooraf. Die goeie borg wat ons gekry het in Kaap-Agri het dit vir ons moontlik gemaak om uitstekende sprekers te gekry het wat onderwerpe gaan aanraak oor die bulbedryf. Kennis is nie net mag nie, maar dit hou ook die bedryf interessant en lekker. Ons nooi almal hartlik uit om die dag saam met ons te geniet.

Daar sal ook tyd wees om die veilingsbulle te besigtig gedurende die dag. Verlede jaar was Boeredag 2009 ‘n groot sukses en almal het dit baie geniet. Die Boeredag se lesings is gratis (betaal slegs vir etes). Die program is propvol lekker lesings - voorwaar iets vir almal!


Hierdie jaar voel ons in voeling met die samelewing en wil ons kyk of die CD nie wil maak dat ons meer papier spaar nie! Ons voel dat daar soveel meer gegee kan word aan voornemende kopers en belangstellendes met die (baie meer) inligting op die CD. Elke bul word op ‘n aparte bladsy bespreek met ‘n foto daarby.

Hierdie jaar is ons CD interaktief - daar is verskeie skakels in die dokument wat kan spring na ander skakels. Ons het ‘n “Bulindeksblad” wat dit maklik maak om vinnig na foto’s van die bulle te skakel. Vanaf alle bul bladsye kan jy weer terugkom na die “Bulindeksblad”. Daar is ook skakels op die “sales catalogue” heel aan die einde van die dokument, wat skakel na die bulbladsye asook na die “Bulindeksblad”. Dit maak dit maklik om die lang dokument te gebruik.

Adobe Reader is baie gebruikersvriendelik en die vergroting van bladsye kan gestel word om die leser te pas. Daar is ‘n spesifieke ene wat die bladsy vergroot sodat dit perfek op jou skerm pas. Benewens hierdie dokument is daar ook ‘n dokument waarop al die bulle langs mekaar geplaas is. Al hierdie maak dit soveel makliker om bulle te evalueer en uit te soek. Skakel ons gerus indien jy hulp benodig – enige iets vanaf die CD se werking tot meer oor die bulle. Die CD is nie daar om ons uit te skakel nie (en gebruik gerus die skakels om ons te bereik!)


Ons nooi jou hartlik uit om die Boeredag asook veiling saam met ons by te woon. Daar sal ook etes op die veiling aangebied word. Agra is die hoofborg vir die veiling en die dag beloof om om alles te wees wat ons hoop vir jou. Ons sien werklik uit om jou by die veiling te sien!

Vriendelik groete


Joggie Briedenhann en Nico Visser


Back to Top
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap